Quantcast
Channel: Fiksie - LitNet
Viewing all 428 articles
Browse latest View live

Die huldeblyk wat nooit gelewer is nie

$
0
0

“Jake*,” sê iemand links van my, “jy sit hier? Moet jy nie daar voor in die familiebanke gaan sit nie? Jy lewer mos die huldeblyk.”

Huldeblyk? Dis die eerste woord wat ek hiervan hoor. Ek kyk op die program in die begrafnisboekie wat nog die hele tyd onoopgemaak in my hand is. Ja, sowaar!

Die kerk was nog taamlik leeg toe ek sowat ’n kwartier gelede in die agterste ry banke ingeskuif het. Ek het gesien daar sit vriende van my en myself tussen hulle gaan tuismaak.

Die hele tyd het ek my verwonder aan die mense wat eers drupsgewys inkom en dan al vinniger die banke begin vul.

Totdat ’n ligte stamp in my sy my uit my mymering geruk het.

Die prosessie kom in: lykbesorger, slippedraers met die stoflike oorskot, die familie en ander begrafnisgangers – in daardie orde. Snaaks. Ek sien nie my vriend onder die familie nie. Dit is immers sy broer wat ter ruste gelê word.  

Daar is ook nou al so baie mense. Miskien is hy iewers in die massa. Die meerderheid mense is tydgenote van die oorledene – meestal mans wat al redelik grys is. Almal waarskynlik rondom sewentig.

My gedagtes dwaal terug na sowat ’n week gelede. My vriend het my gebel met die nuus: Neels* is weg. Ek kon nie verstaan nie. “Hoe bedoel jy ‘weg’? Ons het dan nog laasweek so lekker saam gekuier?” “Jake, Neels het gistermiddag op die sypaadjie in die dorp net ineengestort. Mense wat hom herken het, het die ambulans ontbied. Hy is by die hospitaal dood verklaar.” Die boodskap was koud en klinies. So finaal, so onherroeplik. Ek was verslae.  Neels was byna sewentig, maar het nooit siek of sieklik voorgekom nie.

My vriend was die naaste aan sy veel ouer broer. En deur hom het ek ook vir Neels leer ken en met hom bevriend geraak.

Saam het ons gereeld tyd by die perderesies deurgebring waar ons aan die weddenskappe deelgeneem het. Dit was ons gereelde uitstappie op ’n Woensdag. Andersins het ons uitstappies na die casino onderneem.

Neels was ’n aangename gespreksgenoot. Met sy kwinkslae en vertellinge van sy jongdae kon hy enige geselskap onderhou – ons selfs opbeur as dit nie so goed gegaan het met die weddenskappe nie.

Ek kyk weer op die program in die begrafnisboekie in my nou effens bewende hand. Daar staan dit swart op wit: Huldeblyk: Jake Strout/Dewald Simms*.

Moet ek en my vriend elkeen iets sê – ek namens die vriendekring, hy namens die famile? Of moet één van ons twee die huldeblyk lewer? In daardie geval: my naam staan eerste. Dus sal ek seker die eerste opsie wees.

My kop draai.

Die laaste gesprek rondom hierdie huldeblyk wat ek kan onthou, is dat my vriend gesê het hy sal dalk die huldeblyk moet lewer. In welke geval hy my dalk mag nader om hom te help. Sedertdien het ek egter nie weer van hom verneem nie.

Ek staan op en beweeg stadig vorentoe. Drie kerkbanke van voor af, in die regtervleuel van die kerk, neem ek stelling in tussen familie en ander naasbestaandes. Dewald is steeds nêrens te sien nie.

Die diens het begin. Ek loer van tyd tot tyd vlugtig oor my linkerskouer na agter. Steeds geen teken van Dewald nie.

Dit sal ek wees, maal dit deur my gedagtes. Ek sal iets moet bedink – ’n huldeblyk in my gedagtes begin struktureer.

Die program verloop vinnig. Die dominee het reeds laat blyk dat hy nog ’n begrafnisdiens hierna moet behartig.

Nou wens ek dit kon nog gewees het soos vroeër jare toe die huldeblyk eers ná die boodskap gelewer is. Ek sou dan ’n bietjie meer tyd gehad het. Daardie praktyk het egter verval. Die huldeblyk gaan nou die boodskap vooráf.

Die program verloop vinniger. Die dominee is duidelik haastig om by sy boodskap uit te kom.

Ek orden my gedagtes. Dink aan staaltjies wat Neels ons al vertel het. Maar wat van sy familiegeskiedenis, sy voorliefdes en afkere, sy lief en leed, sy prestasies en dies meer? Ek kom tot my konklusie: Te min! Ek weet te min van hierdie man af om reg te laat geskied aan sy nagedagtenis.

Ek kyk weer ’n slag oor my linkerskouer. Die grys koppe stuur ’n koue rilling deur my liggaam. Dit is mos mense met wie Neels saam grootgeword het, saam skoolgegaan het, saam rugby gespeel het, saam gewerk het. Hulle sal my mos nooit my gebrek aan kennis van hierdie man se lewensweë vergewe nie.

Sy familie ook nie.

Plotseling kom die dominee by die huldeblyk.

“Hier is nou twee name,” kondig die dominee aan terwyl hy na die familiebanke kyk. “Is dit nou altwee persone wat gaan optree?” Hy probeer die vraag so diplomaties moontlik stel om geen teken van ongeduld te verraai nie.

Die dominee ken my. Hy weet ek het ’n slag met woorde. Vir ’n oomblik kyk ek op en sien hoedat sy blik op my rus. Ek wend my blik weer vinnig afwaarts.

Die gediggie, Die begrafenis, van Eitemal waarmee ek my skoonma se huldeblyk enkele jare gelede hier ingelui het, kom by my op. Maar ek besef dat dit nie nou hier sal werk nie. Dit is immers ’n man wat begrawe word, nie ’n vrou nie.

Die sekondes tik verby … een … twee … drie … Daar heers ’n doodse stilte. Niemand praat nie, niemand roer nie.

Ek is bang – bang vir die dominee se stem, bang vir wat volgende van die kansel af gaan kom. My hart klop in my keel. Iets moet kan gebeur – en gou ook. ’n Deus ex machina as dit moet.

Dan voel ek ek moet maar opstaan. Aanbied wat ek kan.

Maar wat kán ek?

Net tóé, uit die hoek van my oog merk ek ’n beweging. Op die nippertjie van die oomblik kom hy vanuit die ver linkerkantse vleuel van die kerk te voorskyn.

Stadig en statig loop hy oor die vloer, nader hy die kateder – netjies geklee in ’n vlootblou pak, wit hemp en ’n lang smal das, die kop effe vooroor geboë, met twee diep kuile om sy mond. 

My vriend is hier om die huldeblyk by sy broer se begrafnis te lewer!

’n Gloed van verligting spoel oor my hele wese.

Gebaseer op ware gebeure

* Name is verander om identiteite te beskerm.

The post Die huldeblyk wat nooit gelewer is nie appeared first on LitNet.


29 Maart 2018

$
0
0

Gus Scheepers vleg tussen die horde straatstalletjies in die gewilde toeriste-inkopieparadys Pratunumpark in Bangkok deur. Die warm, bedompige hitte van Bangkok is byna ondraaglik. Die geure van die menigte kosstalletjies is genoeg om enige vreemdeling se maag in in trurat te gooi. Hoenderporsies, krokodilvleis, calamari, garnale, hoenderpote en vis word op sosatiestokkies aangebied.

By die klerestalletjies is toeriste besig om verwoed vir die beste prys te beding. Prysarbitrasie vind op ’n sakrekenaar plaas. Eers skud die voornemende koper verontwaardig sy kop vir die voorgestelde prys en druk ’n nuwe prys op die sakrekenaar in. Dan is dit die straatverkoper se beurt om sy kop in ongeloof agteroor te dop en sy oë te rol. Eienaardig dat dié nieverbale geding dikwels oor vyf rand gaan. Uiteindelik klink die finale stem van die straatverkoper, “good for me, good for you”, en die transaksie word beklink.

Maar Gus weet hy is net besig om uit te stel. Dit is nie waarom hy vanaand hier is nie. Hy sleep homself loodvoetig verder. Sy bestemming is net om die volgende hoek.

Hy staan onseker voor die ingang van die Indra Regent Hotel. Sy hart klop vinniger, sy asemhaling vlak in sy keel vasgevang. Dit lyk anders as twintig jaar gelede. Herkenning van voorwerpe registreer onwillig. Hy herken die twee drogbeelde van monsters wat steeds die ingang na die hotel bewaak. Hy stap die sewe trappe versigtig op en loer na binne. Ontvangs, as hy reg onthou, is links, en regs sal daar duur klerewinkels en ’n juwelierswarewinkel wees.

Vir ’n oomblik is sy gedagtes meer verward as sy hart. Links het die rye ontvangstoonbanke plek gemaak vir ’n Starbucks en die duur winkels is summier met ’n McDonald’s vervang. Hy draai om, en wil vlug, want niks is meer soos wat dit was nie.

Dan sien hy die spiraaltrappe na die mezzaninevloer. Aan die bopunt van die trappe is daar die bekende, en hy skep moed. Twee reuse-olifanttande bewaak steeds die ingang na die mezzanine. Hy stap vasberade die trappe op. Hy moet dit doen. Hy moet dit agter die rug kry. Die seer moet wyk.

Die dameskroeg en hotel se eetsaal sal aan die linkerkant wees. Hy streel liggies oor die ivoor. Daar was ’n foto van haar op die trap, by die wit ivoor. Sy was geklee in ’n swart langbroek en ’n Chinese bloese, met haar blonde hare netjies, losweg in ’n bolla gedraai. Hy vee vererg ’n loslopende traan af en draai links.

Maar daar is nie meer ’n eetsaal of dameskroeg nie. Net klerewinkels! Teleurstelling druk die klammigheid in sy oë uit en dit rol vrylik teen sy wange af.

Hy haas die trappe af; wil uit. Dan is dit maar so. By die uitgang dwing die aantekening in sy notaboek hom terug. Hy stap na die hyser en sien die koperplaatjie: ontvangs is op die vierde vloer. Hy neem die hyser, vol verwagting. Daar is slegs een ontvangstoonbank en ’n jong dame wat verveeld voor haar uitstaar. Gus probeer verduidelik dat hy op soek is na die eetsaal en dameskroeg. Sy beduie traag na iets agter sy rug. ’n Enkele kroegtoonbank. Daar is ses tafeltjies met drie gemakstoele per tafel, nie ’n siel in sig nie, net ’n sestigjarige man agter die toonbank wat ’n glas blink vryf.

Hy gaan sit met sy kop tussen sy hande, vryf mismoedig sy vingers deur sy hare. Twaalf duisend kilometer, die afstand tussen die Republiek en Bangkok, is al wat nog dieselfde is as twintig jaar gelede. En natuurlik die vyf ure tydverskil.

’n Onverwags vriendelike stem ruk hom terug. “Kan ek u help?”

“Nee, want hier is nie meer ’n dameskroeg waar ek ’n Kalua-koffie kan bestel nie.”

Die man ontplooi in ’n glimlag. “Dit was baie lank gelede.”

“Twintig jaar gelede,” antwoord Gus.

Die ou man se plooie kreukel terug in ’n frons. “Was jy twintig jaar gelede hier?” vra hy verbaas.

Gus knik.

“Ek werk al vir dertig jaar by die hotel. Ek was nog altyd in beheer van die kroeg.”

“Dan weet jy van die Kalua-koffie wat julle altyd gemaak het. Die jong meisies het dit met styl gedoen. Die Kalua aan die brand gesteek en dan met swier in ’n vlammeboog in die koppie gegooi.”

Herinnering vonkel in die kroegman se oë. Hy onthou. Die dameskroeg was elke aand volgepak. Jy moes ’n tafel bespreek het, anders was die kanse skraal dat jy sitplek sou kry.

Hy staar na die plafon. “Dit was ’n lang tyd gelede. Die Indra was bekend as ’n kuierplek vir toeriste. Ons het die beste Tai-disse bedien.” Soos Gus verlang ook hy na dit wat was, sonder om uit te sien na wat is en wat sal wees.

Gus besef die nota in sy boekie gaan vir ewig sonder ’n regmerkie daarnaas staan.

“Kan ek vir jou ’n Kalua maak?” kom die onverwagse uitnodiging.

Gus kyk vraend na die man. “Soos in die ou dae?”

“Nee, nie met die vuurboog nie, maar dit sal lekker wees,” belowe hy met sy ontplooide glimlag.

“Twee, asseblief.”

“Verwag jy iemand?” vra hy.

Gus skud net sy kop ontkennend, sonder om te antwoord.

Na ’n ruk plaas die man twee stomende koppies Kalua-koffie op die tafel. Gus is dankbaar vir eensame alleenheid. Niemand anders, behalwe hy, in sy oomblik van herinnering nie.

Hy skep drie lepels bruinsuiker, roer die dik room. Die room verkleur die swart koffie stelselmatig. Mag vannag berusting bring. Mag die room sy swart hart verkleur.

Hy lig sy beker en knik vir sy ongesiene gas, neem ’n teug, gemeng met die souterige smaak van trane wat vrylik vloei.

Hy raak weer van die kroegman se teenwoordigheid bewus eers toe sy stem sag tot hom deurdring.

“Wil jy gesels?” Hy gaan sit sonder uitnodiging. Kroegmanne het seker al elke verhaal te vertelle gehoor.

Gus beduie na die onaangeraakte beker. “Dit was die laaste keer dat ek haar werklik gelukkig gesien het. Ons was op vakansie, met julle nuwe jaar, die 13de April. Songkran noem julle die fees?”

Hy knik bevestigend.

“Ons het die aand teruggekom, besmeer met meel, van kop tot tone. Met julle fees gooi julle almal mos met water en strooi dan meel oor hulle uit. Sy was so gelukkig. Die Tai-seuns kon nie hulle hande van haar blonde hare afhou nie. Hulle wou die hele tyd weet of dit natuurlike hare is.”

Gus bly vir ’n oomblik stil terwyl hy in sy gedagtes rondkrap. “Die aand het ons hier, by die hotel, ’n drankie gedrink. Sy wou so graag ook ’n Kalua gehad het. Ek kon haar glinsterende oë nie weerstaan nie, en het onwillig ingestem. Sy was so gelukkig.”

Die man se jare lange ervaring agter ’n kroegtoonbank het hom geleer om te luister, sonder onderbreking.

“Sewentien maande later het ek haar begrawe,” sê Gus en haal diep asem.

Die lang stilswye dwing die kroegman om te vra: “Ongeluk, siekte?”

Gus skud sy kop. “Nee.”

Die kroegman se skouers sak. “Ek verstaan.”

Gus neem die laaste sluk. Die koffie het al koud geword. “Kan jy vir my die rekening bring, asseblief.”

Die kroegman se oë is vol trane toe hy die rekening voor Gus neersit.

“Ek is so jammer,” sê hy en plaas sy hand op Gus se skouer.

Gus haal ’n 500-baht-noot uit sy sak. Hy kyk verwonderd na die rekening. Een Kalua- koffie 350 baht. Die tweede Kalua “met komplimente van die Indra Regent Hotel”.

Gus wil iets sê, maar die man plaas net sy vinger liggies voor sy mond, grawe die korrekte kleingeld uit sy sak en weier om ’n fooitjie te aanvaar.

Gus kies die agterstrate terug hotel toe. Hy is nie lus vir die gedruis van mense nie.

So is die lewe. Dit sal jou in ’n warrelwind optel en ’n paar meter verder, vol stof en gekneus, neersmyt. Jy sal opstaan en aangaan totdat hy jou weer vat en diep onder die sneeu begrawe, totdat jou hart en jou hele wese gevries is. Maar op ’n dag sal hy jou weer in die son neerplak, jou hart laat ontdooi. Net sodra jy dink jy het die lewe onder die knie, sal hy jou iewers, flenters, in die veld strooi. Die miskruiers sal jou stukkie vir stukkie in ’n bolletjie rol en weer in ’n hopie bymekaarmaak sodat jy weer waarde kan toevoeg.

Presies twee minute voor twaalf gaan sit Gus agter die klein tafeltjie in sy enkelbed-hotelkamer. Hy haal sy verslete notaboekie uit. Hy slaan die boekie in die middel oop. My “Bucket List”. Daar is tien items. Die linkerkantste bladsy is gemerk “Vir my”. Die regterkantste bladsy heet “Vir hulle”. Vyf aantekening op elke bladsy.

Die “Vir hulle”-lys is amper afgehandel. Slegs twee items wat nog oop is. “Verf seun se huis binne en buite” en “Help suster om haar nuwe blyplek in te rig”. “Vir my” het slegs een item oor.

Sy foon se alarm lui skril. Twaalfuur. Hy trek die laaste oorblywende item netjies dood. ‘Vier An, my geliefde kind, se verjaarsdag met ’n Kalua, op die plek waar sy die laaste keer werklik gelukkig was.”

Hy maak die notaboekie toe. Sy sou vandag 34 jaar oud gewees het.

The post 29 Maart 2018 appeared first on LitNet.

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies

$
0
0

’n Sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm-broes

Dit was innie middel van winte, ennie sneeuvlokkies het geval soes veertjies uitie lig uit. ’n Koningin het langs haa venste gesit en wêk an haa borduuwêk. Die borduurraam was gemaak van ebbehout. Soes sy gesit en wêk het, het sy van tyd tot tyd byrie venste uitgekyk. En soes sy byrie venste uitgekyk het, het sy nie gekyk wat sy gemaakitie, toe stiek sy haa vinge raak mettie naald. Daa het drie druppeltjies bloed oppie mat geval. Toe sy sien hoe mooi dit uitstaan en rooi dit lyk, toe sê sy vi haaself: “Ek wens ek het ’n kind gehad wat soe wit soes sneeu was, soe rooi soes bloed, en so swart soes die hout vannie borduurraam!”

Nie lank daana nie het sy toe geboorte gegie an ’n meisiekind. Haa vel was soe wit soes sneeu, haa lippe soe rooi soes bloed, en haa hare was soe swart soes ebbehout, en hulle het haa naam gegie Sneeuwit. Maa die dag toe sy gebore was, hettie koningin doodgegan. Na ’n jaa veby geganit, hettie koning uiteindelik wee ’n anner vrou gevat. Sy was ’n baie mooi vrou, maa sy was vol van haaself, en sy’t altyd gedink dat syrie baas vannie plaas is. Die êgste was dat sy dittie kon vat as daa iemand was wat mooier as haa wassie.

Sy’t ’n spieël gehad wat gedoekom was, en sy’t aliewig voorie spieël gestaan en innit gekyk en virrie spieël gevra: “Spieëltjie, spieëltjie tienie muur, wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieël het vi haa geantwoord: “Djy issie mooiste en pragtigste van amal.”

En dan was sy wee heppie, wannie spieël het altytie waarheid gepraat.

Maa Sneeuwit het elke dag net mooier en mooier geraak, en toe sy siewe jaa oud was, toe was syrie mooiste mens wat djy al ooit gesien het. Sy was soeme baie mooier dannie koningin self.

Eendag toe gan staanie koningin wee voo haa gedoekomde spieël en sy vra toe wee virrie spieël: “Spieëltjie, spieëltjie tienie muur, wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Toe antwoortie die spieël: “My koningin, djy is baie mooi, ek liegie, maa Sneeuwit is baie mooier as djy.”

Die koningin het soe groot geskrik dat sy ampe ’n hatanval gekry het toe sy hoo die goed wattie spieël gepraat het. Sy’t geel en groen getrek van jaloers wies. En van daai dag af het sy tien Sneeuwit gedraai, en sy’t haa beginte haat. En haa hart het net harder en harder elke dag geraak tienoo Sneeuwit. Dit het soe êg geraak virrie koningin dat sy nie rus kon kry nie. Sy was soe afgunstig en vol trots tienoo Sneeuwit dat sy nie eens vriede of rus vi haaself kon kry nie.

Sy kon dit laterie mee vattie, en dis toe sy ’n jagter lat roep het en vi die jagter gesêrit: “Vat daai kind die bos in, en gat raak ontslae van haa, wan ek wil haa nie wee voo my aangesig sienie. Maak haa dood en bring haa hart vi my om te bewys dat sy dood is.”

Die jagter het toe ingestem en vi Sneeuwit die bos ingevat, maa toe hy sy kapsabel uithaal om haa dood te maak, toe beginte sy te huil, en sy soebat toe by hom: “Asseblief menee, moet my assebliefie doodmaakie. Ek willie nou al doodgannie. Asseblief! Ek sal vê weg gan en nooit wee trugkô nie. Asseblief spaar net my liewe.”

En ommat sy soe mooi gewies het, het hy haa jamme gekry, en hy sê toe vi haa: “Haloep! Voo ek my mind change. En djy maak sieke djy kommie wee truggie.” Wan hy was vesieke dat ’n wille dier haa sal opvriet. Dit het vi hom gevoel of ’n klip van sy hart afgerol het ommat hy haa liewe gespaarit.

Dis net op daai oomblik toe kô daa ’n willevark uit ’n bos uit gehaloep. Hy’t dit gevang ennit dood gemaak. Hy’t toe die willevark se hart uitgehaal ommit virrie koningin te loep wys as ’n tieken dat hy vi Sneeuwit doodgemaakit. Die hart was toe gesout en gekoek, ennie slegte koningin het dit opgeïet, wan sy’t gedink dat Sneeuwit dood is.

Sneeuwit was toe stoksielallien innie bos en sy’t toe beginte bang raak. Sy was soe bang dat sy einlik geskrik het assie wind deurie blare vannie boeme waai, en sytie gewiet wat om te maak ommie bang te wiesie. Sy’t toe maa beginte haloep van kan bang wies, oo skêp klippe en deu doringbosse. Die wille diere het haa oek agtena gesit, maa hulle het haa nie see gemaakie.

Sy’t anhou haloep tot sy nie mee kon haloepie. En toerit aand raak, toe kô sy by ’n klein huisie an. Sy het toe annie deurtjie geklop, maa niemand het oep gemaakie. Sy’t byrie vênstes in gekyk, maa daa was niemand ie. Sy’t ’n paa kee geroep: “Hallo, is iemand hie?”

Maa niemand het geantwoord ie. Sy was te moeg om nog vêder te stap en sy besluit toe dat sy innie huis ’n bietjie sal gan slaap, wan daa is tog niemand innie huisie. Sy voel toe annie deu en sien dat die deu oep is. Sneeuwit het toe in gegan, maa sy moes buk wannie deu was soe laag. Toe sy binne kô was sy vebaas om te sien dat alles mooi skoon was. Wat haa nog mee vebaas het, was toe sy sien hoe klein alles innie huis was. Die tafeltjie, wat mooi uitgelê was, was klein met siewe klein bordjies op, met siewe messe en vurke, en siewe klein koppies het oek oppie tafel gestaan.

Tienie muur het syrie siewe klein bedjies gesien wat in ’n ry langs mekaa gestaanit. Dit was oek mooi toegegooi met skoon koeberse. Sneeuwit se maag het beginte raas van kan honge wies en haa lippe was droeg van kan dôs wies. Sy’t toe uit elke bordjie ’n bietjie pap en ’n stukkie brood geïet. Sy’t uit elke koppie ’n klein bietjie wyn gedrink, wan sy wil toe nie alles opiet of opdrinkie, wan sy wiet toe nog steedsie wie se huis sy in staan nie. Maa sy was te bang en te moeg om vêder te stap en sy was te swak om nog vêder te wharrie oorie mense vannie huis. Haa oë het beginte toe val, wan sy was baie moeg. Sy’t toe besluit om op een vannie bedjies te loep lê, net soe vi ’n rukkie. Sy’t oppie eeste bedjie gelê, maa die bedjie was te klein vi haa. Sytie neks een getraai, maa dit was te lank vi haa. Sy’t elke bedjie getraai, maa dit wassie gemaklik vi haa nie, totdat sy oppie siewende bedjie gan sittet. Dit het heel gemaklik gevoel vi haa en sy’t toe daaop gan lê. Toe haa kop die kussing raak, toe is sy vas annie slaap.

Toe dit baie donke was, hettie mense vannie klein huisie byrie huis gekô. Sneeuwit was nog vas annie slaap en hettie gehoo hoe die siewe kabouters die huis binne kô nie. Hulle het gewêk innie onnegrond se myne, innie berge, waa hulle gesoek het vi diamante en goud. Toerie kabouters hulle kêse anstiek om lig te maak innie huis, toe sien hulle dat iemand was daa binne in hulle huis. Wan alles wassie soes hulle dit gelos hettie.

Die eeste kabouter het gevra: “Wie het op my stoel gesit?”

Die twiede kabouter het gevra: “Wie’t an my pap geïet?”

Die dêre kabouter het gevra: “Wie’t ’n stukkie van my brood geïet?”

Die vierde een het gesê: “Kyk, hie’t oek iemand an my pap geïet.”

Die vyfde kabouter het gesê: “Kyk julle, iemand het my vurk gebruik.”

Die sesde een het gevra: “En wie’t met my mes gesny?”

Die siewende kabouter het gevra: “En wie’t uit my koppie uit gedrink?”

Die eeste kabouter het innie rondte gekyk en gesien dat sy bed deumekaa was, en hy skree toe: “Maa wie’t op my bed gelê?” Die anne kabouters het tot by hom gekô om te kyk en toe skree hulle amal: “Maa daa was iemand in ôs se beddens oek.”

Maa toerie siewende kabouter na sy bed toe kyk, toe sien hy toe vi Sneeuwit wat nog lê en slaap in sy bed in. Hy’t toe virrie annes gesê wat toe vinnig na sy bed toe gekommit. Hulle het amal om sy bed gestaan, vebaas virrie meisie wat vas annie slaap oppie bed gelê het. Hulle het hulle kêse hoeg gehou lat hulle vi Sneeuwit kan reg gesien het.

“Oe-jitte! Wie’s dié?” het hulle geskree. “Maa kyk hoe mooi is die meisiekind!” Hulle was soe bly om haa te sien dat hulle nie gewharrie het om haa nog wakker te maakie, en hulle het haa toe an laat slaap. Ennie siewende dwergie het maa soesie nag veby gegan het, elke uur by een van sy anne broes gat slaap, tottie nag veby was.

Toe dit oggend raak, het Sneeuwit wakke geskrik ennie siewe kabouters gesien. Sy’t baie groot geskrik en was heel bang gewies, maa toe sien sy dat hulle einlik baie vriendelik lyk. Hulle het toe vi haa gevra wat haa naam is. Sy’t hulle toe gesê, en hulle het haa toe in en uit gevra oo hoe sy dan by hulle huis uitgekommit. Sy’t toe vi hulle die hele storie vetel oo hoe haa stiefma, die koningin, ’n jagter gekry het om haa dood te maak. Sy’t hulle gesê dattie jagter haa liewe gespaarit na sy hom gesoebat het om haa te lat gan, en hoe sy die hele dag gehaloep het tot sy by hulle huis uitgekommit.

Toe hettie kabouters gesê: “As djy ôs huis kan skoon hou, en vi ôs kos sal koek, en ôs klere was, en ôs beddends opmaak en ôs klere regmaak en vi ôs brei, en alles baie mooi skoon hou, dan kan djy maa hie by ôs bly. En moenie wharrie nie, djy sal altyd alles het wat djy nodig het.”

Sneeuwit het toe vi hulle geantwoord: “Met my hele hart sal ek dit doen.” Sy’t toe gebly en huis gehou vi hulle soes hulle gevra het.

Innie oggenne hettie kabouters opgestaan om te gat myn vi goud en diamante, en innie aane het hulle huis toe gekô en hulle het vewag dat hulle kos reg moes wies vi hulle. Sneeuwit was elke dag heeldag allien, ennie kabouters het haa gewaasku en vi haa gesê: “Djy moet vesigtig wies vi jou stiefma, wan dit gattie lank wiesie dan gat sy wiet djy is hier. Moenie toelaat dat ienigeen hie in kô nie.”

(Vevolg volgenne maand)

The post Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies appeared first on LitNet.

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 2)

$
0
0

Foto: Socialcreatures, CC BY 3.0, Wikimedia Commons

... Nou die koningin, met dié wat sy gedink het dat sy die hart van Sneeuwit geïet het, was dood vesieke dat sy nou die mooiste innie land was. En soe het sy toe na haa towerspieël gegan en gesê:

 “Spieëltjie, spieëltjie tienie muur,
Wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieëltjie het gesê:

“My koningin, djy is beeldskoon,
Maa Sneeuwit wat byrie siewe kabouters
innie bos bly is ’n duisend kee mooier as djy.”

Die koningin het bloedig kwaad geraak, wan sy wiet die spieëltjie praat altytie waarheid. Dis toe sy gewiet het dattie jagter moes vi haa gelieg het, wan die spieëltjie sê dat Sneeuwit nog altyd liewendig is.

En sy’t gedink en gedink an ’n plan om ’n einde an Sneeuwit te maak. Wan soe lank as wat sy nie die mooiste innie lantie was, het haa jaloesie haa nie uitgelossie. Sy’t toe uiteindelik met ’n plan opgekô. Sy’t haa gesig gemakeup en haa angetrek soes ’n ou antie wat goed vekoep, soedat niemand kon sien dat dit sy issie.

Met die vemomming het sy oo siewe berge gestap, totdat sy byrie huis vannie siewe kabouters uitgekommit. Sy’t annie deu geklop en geroep:

“Goeie goed om te vekoep! Mooi goed om te vekoep!”

Sneeuwit het toe byrie venste uitgekyk en sy’t gesê:

“Goeiedag Antie, wat vekoep Antie?”

“Goeie goed, mooi goed,” het sy geantwoord; “materiaal van alle kalles.” Sy’t toe ’n stuk materiaal opgelig lat Sneeuwit dit kon sien.

“Ek hoef mossie bang te wies om die ou antie in te laat kommie. Sy lyk dan soe vrienlik,” het Sneeuwit gedink. Sy’t toe die deu oepgesluit en toe die mooi stuk materiaal byrie ou antie gekoep.

“Kyk hoe mooi lyk jou lyf, my kind! sê die ou antie toe. “Kô lat ek die materiaal een kee reg om jou draai.”

Sneeuwit, wat niks agtekommie, gat staan toe voorie ou antie, en laat haa toe ommie materiaal om haa te draai. Maa die ou antie hettie materiaal soe vinnig en styf om Sneeuwit gedraai dat dit Sneeuwit se asem weggevattit, en sy’t net daa neegeval, ampe soes sy dood was.

“Nou is djy klaa ommie mooiste te wies innie land,” hettie ou antie gelag en sy’s toe hastig daa weg.

Nie lank daana nie het dit beginte donke raak, en die siewe kabouters het toe byrie huis angekô. Hulle het hulle ampe doodgeskrik toe hulle sien dat Sneeuwit doodstil oppie vloer lê. Hulle het haa toe opgelig, en toe hulle sien hoe styf die materiaal om haa gedraai is, het hulle dit gou afgesny. Dis toe Sneeuwit wee beginte asem haal het, en bietjie vi bietjie het sy bietere geraak.

Toe die kabouters gehoorit wat gebeerit, het hulle toe vi haa gesê:

“Daai ou antie was niemand anners dannie slegte koningin nie. Djy moet oppas Sneeuwit, ennie somme ienige eene lat inkô wanne ôssie hie issie.”

Toe die slegte vrou wee by haa huis angekommit, het sy na haa towerspieël toe gegan en sy’t gesê:

“Spieëltjie, spieëltjie tienie muur,
wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieëltjie het geantwoord net soes dit altyd geantwoord het:

“My koningin, djy is beeldskoon,
maa Sneeuwit wat by die siewe kabouters
innie bos bly is ’n duisend kee mooier as djy.”

Toe sy dit gehoorit, was sy soe geskok dat sy soe wit soes ’n spoek geraakit in haa gesig, wan dit betieken dat Sneeuwit nog liewendig was.

“Maa nou gat sy sien,” het sy gesê. “Ek sal an iets bietere dink wat haa sal heeltemal vewoes.”

En deu toorkuns het sy toe ’n giftige kam gemaak. Sy’t toe vi haa opgedress soedat sy gelyk het soes ’n anne ou vrou. Sy’t toe wee trug oorie siewe berge gegan tot sy wee byrie siewe kabouters se huis gekommit, en daa het sy wee annie deu geklop en geroep:

“Goeie goed om te vekoep! Mooi goed om te vekoep!”

Sneeuwit het byrie venste uitgekyk en gesê:

“Ek soek niksie. Soe gan asseblief weg, wan ek mag niemand innie huis in lat kommie.”

“Maa djy mag mos maa kyk,” sê die ou antie toe vi haa, en sy haal toe die giftige kam uit en hou dit op soedat Sneeuwit dit kon sien.

Die kam het soe mooi gelyk vi Sneeuwit dat sy die deu oepgemaakit. Toe Sneeuwit die bargain byrie ou antie gekoep het, hettie ou antie gesê: “Djy hoefie te warrie nie, wan jou hare gat somme baie mooi gekam wôd.”

Arme Sneeuwit wattie gedink het dat ienige iets sal wee met haa gebeerie, het toegelat dattie ou antie haa hare kam. En toe die ou antie die kam in Sneeuwit se hare sit, toe was dit te laat, wan toe beginte wêkie gif al klaa. Sneeuwit het net daa inmekaa gesak.

“En nou hettie pragtige Sneeuwit uiteindelik haa einde gekry,” hettie slegte ou antie gelag en sy’s toe daa weg.

Sneeuwit was baie lucky, wan dit was ampe aand en tyd virrie siewe kabouters om trug te kô huis toe. Toe hulle inkô, het hulle gesien dat Sneeuwit oppie vloer lê, soes iemand wat dood is. Hulle het somme dadelik gedink dat dit haa slegte stiefma was wat dit gedoen het. Hulle het innie ronte in gekyk om te sien of hulle kan sien wat vekeerd is met haa. Dis toe hulle die giftige kam in haa hare gekry het. Toe hulle die kam uit haa hare uit trek, het Sneeuwit wakke geskrik en vi hulle alles vetel wat gebeerit.

Die kabouters het haa wee gewaarsku dat sy moetie somme ienige iemand vetrou nie, en sy moetie wee iemand wat sy nie ken byrie huis in lat kô nie.

(Wôd vevolg)

Lees ook:

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 1)

The post Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 2) appeared first on LitNet.

Buksie

$
0
0

Toe Malie besef dat haar ma hierdie keer regtig ’n baba sou hê, het sy angstig stil geword. ’n Dogtertjie sou wonderlik wees, ’n meisietjie wat vir haar ma alles kon wees wat sy, Malie, nie is nie, wat sou hou van die fyn rokkies wat haar ma so graag maak met smokwerk en borduurwerk en kant en valletjies en al die dinge wat sy so verpes; ’n sussie wat graag by die huis sou bly en leer oor kos en handwerk en mooi klavier sou leer speel soos haar ma. Dit sou ’n uitkoms wees. Maar die gedagte aan ’n seun het haar ernstig en peinsend laat besin. ’n Seun sou haar verplaas as die erfgenaam van Klipfontein, hy sou die eerste reg hê om saam met haar pa oor die plaas te galop soos hulle dit nou saam doen, met hom oor die boerdery te gesels en te beplan, om by hom te leer skiet. As hy ’n seun het sou haar pa minder toegeeflik word oor haar grille, soos haar ma dit noem, hy sou begin saamstem dat sy meer by die opstal moes bly, huisvlyt moes aanleer, want hy sou haar nie meer nodig hê as geselskap op die plaas nie. Sy seun sou saam met hom te perd oor haar geliefde landskap jaag, hulle sou saam lag en mansgrappies maak waarby sy uitgesluit sou word. Sy kan sien haar pa voel reeds soms ongemaklik oor hulle uitbundige samesyn, amper soos vader en seun, en daarom het hy ingeval by haar ma se aandrang dat sy net sidesaddle mag perdry, soos ’n dame. Sy het gedink sy sal nooit weer behoorlik kon ry nie, maar sy het dit gou bemeester en nou jaag sy weer met die wind in haar gesig saam met haar pa of Neels oor Klipfontein en Mount Hope, Neels-hulle se plaas langsaan. Haar ma het vir haar ’n riding habit gemaak met ’n lang romp, maar gelukkig nie van koningsblou fluweel soos sy eers wou nie. Met een oog op haar pleitende blik het haar pa haar ma laggend geterg en gevra hoe die koningsblou fluweel na ’n dag se perdry op die stowwerige Vrystaatse veld sou lyk en sy het haar toe maar by ’n stewige bruin koordferweel berus. Malie hou baie van die koordferweelbaadjie met sy sakke en knope soos ’n mansbaadjie en epoulette soos ’n soldaat s’n, maar die lang romp vind sy ’n beslommernis. Maar sy weet dat haar ma nooit sou toelaat dat sy nog langer met ’n langbroek soos ’n seun perdry en rondgaan op die plaas nie. Dit sou soveel praktieser wees wanneer sy haar pa met die skape help, maar sy besef haar ma sou doof bly vir haar pleidooie en daarom voer sy liewer nie daardie stryd aan nie.

En nou na 16 jaar, die moontlikheid van ’n boetie wat haar versigtig onderhandelde plek op die plaas bedreig. Haar ma het verskeie kere ’n baba “verloor” wat dit ook al presies mag beteken. Haar ouers het dit elke keer vir haar probeer wegsteek maar sy het die grootmense en die bediendes hoor praat. Haar Sesotho is net so goed soos hulle s’n; hulle kon niks vir haar wegsteek nie. Later het sy die patroon self leer herken: haar ma bleek in die bed, die besoeke van die dokter van die dorp af, haar pa se duidelike bekommernis en ontsteltenis wat hy vir haar probeer wegsteek. Maar dié keer het die swangerskap verder gevorder en nou hoop hulle haar ma sal die kleintjie enduit kan dra. Daarom het haar pa aangedring dat haar ma met die trein na haar oupa-hulle in die Kaap moes gaan, sodat sy naby beter mediese sorg kan wees.

Haar oupa en ouma is Duits; hulle was vroeër sendelinge by ’n sendingstasie in die Suid-Vrystaat, dit is hoe haar pa haar ma ontmoet het, maar hulle het nou in die Kaap gaan aftree. Sy heet na haar Duitse ouma, Amalie Charlotte Juliane; sy verpes die string name en die verpligting wat daarmee saam kom om, soos haar ouma en ma, ’n verfynde Duitse dame te moet wees. Sy is ’n Vrystater soos haar pa en ’n boer soos hy, g’n Duitse dame wat häkeln, sticken en schmucken nie. Sy moes saam met haar ma Kaap toe gaan, maar sy het gepleit om by haar pa te bly, sodat hy nie alleen op die plaas moet wees nie. Hierdie keer het sy hulle oortuig en die afgelope weke kan sy en haar pa in mekaar se geselskap ontspan, sonder die spanning van haar ma se onrus oor haar onstuimige gedrag.

Sy is op haar gelukkigste by haar pa of by Neels. Sy en Neels gaan saam skool by meneer Noordhoff, die Hollander wat Neels se pa gekry het om hom op die plaas te onderrig. Haar ouers het met oom Abraham gaan praat en gereël dat sy elke oggend met die donkiekarretjie sou oorry en die lesse met Neels deel. Neels is baie slim en baie lief vir boeke, meer as sy. Maar sy staan nie terug vir hom nie. Hy is ’n jaar ouer as sy, maar sy hou met alles wat die skoolmeester hulle leer by en heimlik geniet sy dit amper net soveel soos Neels, al kla sy dikwels dat sy eerder buite in die veld wil wees. Neels gaan volgende jaar kosskool toe om matriek te maak in Bloemfontein, want hy wil verder gaan leer; hy wil ’n predikant word. Malie kan dit nie verstaan nie, want oom Abraham het die meeste grond in die distrik en die grootste boerdery; wat meer kan ’n seun wil hê? Oom Abraham is klaarblyklik trots op sy slim seun en is bly dat hy verder wil gaan leer. Wat van al die plase moet word weet sy nie, want Neels is ook ’n enigste kind en sy ma is al jare gelede dood.

Al is Neels lief vir die boeke, is hy ook lief vir die plaas, soos sy. Hy het ’n pragtige hings, Rinkhals, en as sy op Freiherr is, dwarssaal en al, is Mount Hope en Klipfontein hulle koninkryk. Neels is ’n uitstekende skut, selfs beter as sy, alhoewel sy oplet dat hy altyd aarsel voor hy die skoot aftrek. Hy het vir haar probeer verduidelik dat die Here ons aangestel het om na die skepping om te sien, en dat dit nie beteken ons kan doodmaak net waar en wat ons wil nie. Haar pa sê Neels is ’n sagsinnige klong en sy kan sien hy hou daarvan. Sy vermoed haar pa hoop dat sy en Neels eendag sal trou; hulle is dan nou so onafskeibaar. Maar al is sy die liefste vir Neels naas haar pa, en seker haar ma, weet sy dat sy nooit sal trou nie. Sy gaan die boer van Klipfontein wees en haar plan is om vir haar ’n huishoudster uit die Kaap te kry, soos oom Abraham gedoen het. Iemand soos haar ma of oom Abraham se Miss Roberts, wat na die huishouding sal omsien, die bediendes hanteer en fyn handwerk sal doen. Dit is een van haar gunsteling dagdrome om te dink hoe sy en die huishoudster saans by die lamplig in die eetkamer sal sit, terwyl sy wat Malie is lees en die volgende dag se werk op die plaas beplan, en die huishoudster hekel of borduur en haar vertel wat die dag by die huis gebeur het en oor wat sy besig is om te lees. Soms sal die huishoudster ook vir hulle klavier speel.

Toe Gert Visser dou voor dag die oggend in Oktober te perd op Klipfontein aankom, het Malie dadelik geweet waaroor dit gaan. Hy het haar pa kom inlig dat hulle op kommando moes gaan. Haar pa het oor die afgelope tyd die politiek vir haar verduidelik en sy het geweet dat daar ’n groot kans vir oorlog met die Engelse is. Haar pa het haar opgewondenheid probeer bedwing en verduidelik dat Engeland die magtigste land in die wêreld is en die Vrystaat en die Transvaal is maar ’n handjie vol burgers met amper geen opgeleide weermag nie. Maar sy het teëgekap dat hy Majuba moes onthou – hulle hét mos al met die Engelse afgereken. Dit is die Boere se land hierdie, het sy volgehou, die Engelse weet nie hoe om in hierdie veld te oorleef nie, hulle sou hulle vinnig wys, net soos by Majuba. Terwyl haar pa met Gert gesels, bewe sy van opwinding want hier is haar groot kans as sy net haar kaarte reg kan speel. As haar ma hier was, het sy nie ’n kans gestaan nie, maar sy kan tog nie alleen op die plaas bly nie. Sy wil saamgaan op kommando! Sy kan net so goed perdry en skiet soos enige van die boere in die omgewing, sy sou ’n nuttige burger kon wees. Sy sou die hele avontuur saam met haar pa en Neels en oom Abraham kon belewe. Sy sien haar pa beduie na haar en wys in Mount Hope se rigting. Wil hy haar by Miss Roberts gaan aflaai, dink sy verontwaardig, by ’n Engelse vrou – al bly dié ook al jare in die Vrystaat?

Terwyl sy angstig wag kom Neels op Rinkhals aangery. Hy lyk heldhaftig op sy groot, blink swart perd met bandolier en geweer. Hy wuif vir haar en ry eers na haar toe.

“Ek dink my pa wil my by Miss Roberts gaan aflaai,” sê sy gebelg.

“Te laat,” sê Neels, “sy is tranerig hier weg met die trein Kaap toe. Sy is mos Engels en kan nie die oorlog by die vyand deurbring nie. Die laaste trein Kaap toe is vanoggend vroeg hierdeur. My pa het gisternag berig gekry dat die oorlog kom en Miss Roberts het dadelik gepak en vanoggend vyfuur die trein op Mount Hope se stasie gehaal. Jy moet maar saam kom, dink ek, jy sal ’n aanwins wees.”

Hy glimlag na haar met sy oë blink van opwinding, maar omdat sy hom so goed ken, sien sy ook die spanning in sy nek en kaak. Neels is nie regtig vir oorlog gemaak nie, dit weet sy.

Malie sien dat haar pa met ’n frons en bekommerde oë na haar beduie. Oom Abraham lag uit sy maag en wink haar nader.

“Wil jy saam met ons op kommando kom?” glimlag hy. “Jy skiet mos net so goed soos enige van hierdie kêrels en met daardie stewige lyfie van jou kan jy vasbyt en aanhou soos die bestes onder ons.”

Haar pa lyk baie ontsteld.

“Dit is belaglik!” bars hy uit. “Wat sal Frieda sê?”

Oom Abraham se glimlag maak plek vir net ’n effe geamuseerde trek op sy gesig.

“Frieda sal sê dat jy nie die kind alleen op die plaas by die plaaswerkers kan los nie. Sy is veiliger by ons.”

Haar pa skud sy kop weerstandig. Oom Abraham sê niks nie, kyk haar pa net met ’n vriendelike blik aan. Sy en Neels volg die gesprek gespanne. Haar maag is ineen getrek; Neels knipoog vir haar. Haar pa lig sy oë na die vergesig en staan ’n oomblik stil.

“Jy sal moet klere kry,” sê hy. “Jy kan nie met rokke op kommando gaan nie. Neels is langer as jy, maar dit sal moet doen. Neels, is daar dalk nog ou hemde en broeke en truie wat jy vir Malie kan gee, verkieslik wat vir jou te klein geword het?”

Neels gee ’n kreet van plesier en hy en Malie galop na Mount Hope sodat daar vinnig vir haar ’n saalsak gepak kan word. Haar koordferweelbadjie gaan natuurlik saam.

***

Dit is oom Sarel Boordjies wat eerste na haar as “die buksie” verwys, as gevolg van haar kort, kompakte gestalte natuurlik, wat deur die seunsklere beklemtoon word.

“Wie is die kort stewige kêreltjie?” vra oom Hermaans Joubert toe Malie en Neels op Freiherr en Rinkhals by hom verby galop.

“Dit is die buksie van Klipfontein,” antwoord oom Sarel.

Malie verlustig haar in die opmerking. Sy en Neels se oë ontmoet laggend en dit is asof ’n stroom van uitbundige moed en ywer deur haar spoel. “Die buksie van Klipfontein,” prewel sy teen die wind.

Oom Sarel is ’n oujongkêrel wat baie netjies aantrek, altyd met gestyfde boordjiehemde – daarom die bynaam – en vandat sy klein is het hy ’n besondere goedige blik op Malie gerig, asof hulle twee mekaar verstaan. Toe hulle die eerste aand afsaal, roep hy haar en wys haar ’n beskutte plek vir die nag.

“Ek dink hierdie is ’n goeie plek vir jou, Buksie.” Hy het sy eie beddegoed tussen haar en die ander manne geplaas met haar pa aan haar anderkant. Sy sien dat haar pa dankbaar vir oom Sarel knik.

Toe Malie die nag in haar kombers toegewikkel onder die helder Vrystaatse sterrehemel lê, weet sy dat dit die gelukkigste is wat sy nog ooit was. Sy is op kommando; sy het ’n perd en ’n mauser en sy is tussen die manne – sy is één van die manne – wat die Engelse die see gaan injaag. Sy voel tuis in haar vel, baie gelukkig met haar lot.

Oom Sarel hou vol met “Buksie” en Neels steek onmiddellik aan en begin haar ook so noem met ’n blink lag in sy oë. Dit is hy wat dit verkort na “Buks” en spoedig noem die hele kommando haar “Buks” of “Buksie”. Malie het gesien dat Gert Visser vandat hy “Veldkornet” genoem word, en nie sommer “Gert” nie, ’n nuwe fermheid in sy handeling en gesag in sy woorde het. Hy het in die titel ingegroei. Net so voel sy dat sy in die naam “Buks” iets van haar haar ware self kan vind.

Die naam duik gedurig speels op as die burgers kamp opslaan – “Waar is die Buks?”.

“Sê Buksie moet my ’n bietjie kom troos; ek verlang huis toe!”

“Kan die Buksie nie my kouse kom stop nie?” maar altyd goedig. Sy gee nie om om ’n bietjie stopwerk en lapwerk vir die burgers te doen nie; sy het immers die vaardighede by haar ma geleer en dit gee haar ’n spesiale plek in die kommando. Ook as iemand seer gekry het, roep hulle haar dikwels, want sy is bedrewe met verbande en pleisters en die skoonmaak van ’n skraap of ’n sny – daarvoor het haar deeglike, Duitse ma gesorg. Maar sy is op haar gelukkigste as sy op haar perd met haar geweer saam met die manne deur die veld ry.

“Sy is ons mascot!” sê Paddy McGee, die Iers-gebore rooikop, “terwyl Buks by ons is, is ons veilig!”

Hulle dorpskommando sluit by generaal Prinsloo se burgers aan en steek die Oranjerivier oor na die Kolonie, om die Engelse eerder buite die Vrystaat aan te vat. Die Engelse is in aantog om Kimberley, wat deur die Boere beleër is, te ontset. Neels word saam met Piet Steyn en Japie Beyers as verkenners uitgestuur om die naderende Engelse se posisie vas te stel. Hy keer met ’n blos van opgewondenheid op sy gesig terug en sê dat die Engelse taamlik naby is. Onder die generaal se bevel neem die burgers stelling in op Belmont-koppie om daar vir die Engelse te wag. Van bo af sou hulle ’n goeie uitsig hê en die Engelse sou die nadeel hê om die koppie te moet klim binne in die Boere se geweervuur in.

“Kom,” sê haar pa. “Ons pak ’n bietjie klippe sodat ons behoorlik ingegrawe is hier op die rantjie.” Neels lag vir Malie terwyl sy aanswoeg met ’n middelgrootte klip in die bloedige son.

“Sit jy maar ’n bietjie in die koelte,” sê hy. Maar sy pers net haar lippe op mekaar en gaan haal nog ’n klip, groter as die vorige. Sy wil nie gunste en gawes hê nie; sy is ’n burger net soos die res van hulle. Toe die skansie voltooi is, is sy duiselig van die hitte en die dors en haar spiere pyn met elke beweging.

Malie kan die nag nie slaap van opgewondenheid en angstigheid nie. Haar pa het seker gemaak dat sy reg teen hom lê en sal aanlê. Hulle is in ’n groep van hulle dorp se mense. Neffens hulle lê oom Abraham, dan Neels. Bespieders kyk dwarsdeur die nag uit vir tekens van beweging of aanval. Toe die dag breek is die lyn van Engelse soldate duidelik in die veld te sien soos hulle aanbeweeg na die Boere se koppie. Die Engelse lyk baie kwesbaar, uitgestrek oor die veld, terwyl hulle stelselmatig nader na die koppie aanstryk. Op hulle veldkornet se bevel, trek die manne om Malie los. Die Engelse reageer onthuts, party val plat en begin kruip, ander begin vinniger loop of draf, probeer agter die yl bome skuil en terugskiet. Maar vorentoe bly hulle kom. Hulle is maklike teikens vir die Boere, en telkens sien Malie dat ’n Engelsman raak geskiet is. Neels lê sekuur aan en omdat hy so ’n uitstaande skut is, kan sy gou sien dat sy geweervuur die nodige uitwerking op die Engelse linie het. Malie word bewus daarvan dat Neels bewe en ’n bietjie hyg, maar dit beïnvloed klaarblyklik nie sy doeltreffendheid nie. Sy kry dit reg om redelik kalm te bly, te korrel en te skiet, ten spyte van die bons van haar hart en die verdowende pols van die bloed in haar bors en nek, maar sy weet nie eintlik hoe effektief sy op dié afstand is nie. Sy bly bewus van haar pa se bekommerde blik op haar, maar hy en oom Abraham is ook deurentyd aan die laai en vuur. As sy haar kop te veel oplig om beter te kan sien, druk haar pa haar kop na onder. Die son is vrek warm op haar nek, maar dit lyk asof dit die onbeskermde Engelse op die oop veld meer as vir hulle op die koppie aantas. Malie is dankbaar vir haar waterbottel waaruit sy elke nou en dan ’n teug kan drink, tussen oorhaal en korrel en vuur.

Die Britse artillerievuur word algaande al hoe meer doeltreffend soos hulle teikens op die koppie begin raak skiet en die wêreld vir die Boere warm begin maak. Wanneer dit lyk of die Engelse, ten spyte van hulle groot verliese, nogtans die koppie gaan bestyg en hulle artillerievuur al hoe meer sekuur raak, kom die bevel dat die Boere moet onttrek. Met groot bravade maak hulle hul ligweg uit die voete aan die ander kant van die koppie waar hulle perde vir hulle wag en galop snelvoetig weg van die Engelse.

“Pret!” skree Piet Steyn vir sy vriend Japie.

Die Boere weet dat hulle beweeglikheid op die veld en hulle kennis van die terrein hulle grootste voorsprong bo die Engelse is. Die ouer mans lyk ernstig maar die jonges is vol geesdrif, hulle verwagtinge van die opwinding van die oorlog bevestig.

“Het julle gesien hoe skiet daai Buks?” roep Japie uit, “so koel soos ’n komkommer!”

Malie koester haar in hulle goedkeuring, maar hou vir Neels dop; sy sien hy is bleek om die kiewe.

“Besef jy dat van ons makkers gesneuwel het, en omtrent 30 is gevange geneem,” sê hy dringend.

As hulle later stadiger ry, klop sy hom broederlik op die blad. Hy kyk verras op en as hy sien dat dit sy is, kyk hy haar dringend in die oë. Sy besef dat dit ’n betekenisvolle blik is, maar is nie seker wat dit presies beteken nie. Een ding weet sy seker; Neels is haar beste vriend en hulle gee vir mekaar om.

***

Twee dae later is daar ’n baie soortgelyke skermutseling by Graspan, waar die kommando weer die Engelse aansienlike verliese toedien en hulle dan laggend uit die voete maak as dit lyk of die Engelse ’n bajonet-stormloop gaan loods. Later blyk dit weer dat die kommando baie gelukkig was, dat daar tog verliese by ander kommando’s was met burgers gewond, gedood en gevange geneem. Uit die manne se praat word dit duidelik dat ’n groter slagveld moet volg. Hulle kan nie net toeslaan en vlug nie; een of ander tyd sal hulle die Engelse opmars moet stuit. By die samevloei van die Modder- en die Rietrivier bring drie Boeregeneraals hulle manskappe bymekaar: generaals de la Rey en Cronjé van die Transvaal en generaal Prinsloo van die Vrystaat. Op generaal de la Rey se aandrang grawe die burgers hulle aan die suidekant van die rivier in; dit sal die Engelse, wat sou verwag dat die Boere die rivier as ’n beskerming tussen hulle en die vyand sou hou, verras. Malie, haar pa, oom Sarel Boordjies, Neels en oom Abraham is onder ’n groepie wat hulle behoorlik kan ingrawe agter ’n natuurlike klipskans op die oewer. Die rivierloop vorm bykans ’n loopgraaf wat hulle teenwoordigheid vir die Engelse sal verdoesel. Malie is bewus daarvan dat almal hulle nou regmaak vir ’n baie ernstiger geveg as die vorige twee. Hoewel generaal Cronjé in naam in beheer is, lei sy uit die gesprekke af dat dit eintlik generaal de la Rey is wat die planne maak. Die Vrystaters onder generaal Prinsloo vorm die regterflank van die Boerelinies, generaal de la Rey is in die middel en Andries Cronjé, generaal Cronjé se broer, en sy manne vorm die linkerfront.

Toe die dag breek sien die verkenners, wat in die hoë populierbome geklim het, die Engelse aankom. Die Boere lê doodstil om hulle te verras as hulle naby genoeg is. Ongelukkig begin iemand te gou skiet, as die Engelse nog redelik ver is, en dan is die gort gaar. Vir ure, terwyl die dag skroeiend warmer word, skiet hulle op mekaar; die Boere se stellings bly standvastig terwyl die Engelse al hoe meer manskappe na die linie gooi. Kanonne vuur ook aan albei kante. Baie van die Engelse soldate lê naderhand plat op die grond in die geweldige hitte, want as hulle opstaan is hulle ’n te maklike teiken vir die Boere. Malie voel dronk van die hitte, selfs met die hoed op haar kop. Dit is oorhaal en skiet, oorhaal en skiet. Die burgers sê maar min, maar nou en dan is daar ’n uitroep van tevredenheid. Dit is ’n moordende, verskroeiende dag, maar lyk asof dit goed uitloop vir die Boere, die Engelse kan nie tot by die rivier vorder nie.

Skielik skok Malie se hart in haar keel, want ’n Engelse soldaat doem reg voor haar op bo die klip uit. Hy kyk haar verras in die oë, en die oomblik se aarseling gee haar die kans; sy lig haar mauser en skiet vinnig. Die koeël tref die jong man in die keel. Malie sien hoe sy ligblou oë verras-vraend op haar gerig is, sy sien sy rosige Engelse vel, die rooiblonde hare wat onder sy helm uitsteek en dan laat val hy sy geweer en val vorentoe. Hy kyk haar stom aan en dan sien sy bloed by sy mond uitkom en hoe sy oë verdof en verstil. Sy snak verbouereerd na haar asem en voel haar pa se hand troostend op haar arm. Dan bars alle hel los. Engelse soldate hou net aan met kom. Die geweervuur is soos ’n helse donderstorm om hulle. Die Engelse het ’n donga gevind waarmee hulle ongemerk tot by die Vrystaatse stellings by die rivier kon vorder en hulle stroom nou onstuitbaar op die Vrystaters af. Malie is verward en verskrik. Terwyl haar pa en Neels en oom Sarel Boordjies verbete laai en vuur, is haar oë verblind van skok en trane. Sy sien Piet Steyn agteroorval; sy boesemvriend Japie leun besorg oor hom en val dan ook, asof van agter gestamp, vorentoe, bo-oor sy vriend. Sy word bewus van manne wat terugval, party lyk of hulle holderstebolder weghardloop. Dan voel sy haar pa se lyf langs haar ruk en deur haar trane sien sy sy hemp rooi vlek. Geskok fokus sy weer helder.

“Dit is net my arm,” prewel haar pa.

Sy gryp ’n lap uit haar knapsak en probeer die wond verbind om die bloeding te stop terwyl oom Sarel en Neels langs haar aanhou vuur om die vyand van hulle weg te hou. Sy haal vlak asem; probeer kalm bly, haar angs dreig om uit te bars. Dan hoor sy ’n harde slag en ’n geroggel. Verbyster en duiselig sien sy oom Abraham met ’n groot oop gat in sy bors. Neels gooi sy geweer neer, en tel sy pa op. Hy steur hom nie aan die geweervuur om hom nie, maar strompel so vinnig hy kan weg met die groot man in sy arms.

“Val terug!” kom die uitroepe nou, “Ons val terug!”

Haar pa steier orent en probeer haar met sy gesonde arm beskerm. Sy en oom Sarel hou nog aan skiet.

“Kom, Buks,” sê oom Sarel.

Sy gooi Neels se swaar geweer oor haar skouer tot oom Sarel dit by haar neem. Dan is hulle deel van ’n malende massa van mense wat hulle uit die voete maak en verlig laat hulle hulle meesleur, te moeg en geskok om te dink en besluite te neem. Ver voor haar sien sy Neels se vaal kop, sy figuur struikelend met sy pa se swaar liggaam in sy arms.

***

Generaals de la Rey en Cronjé besluit om ten spyte daarvan dat die Transvalers se stellings standvastig gebly het, die gesamentlike mag gedurende die nag te onttrek. Die gevaar van ’n omsingeling deur die Engelse nadat hulle deur die Vrystaatse linies gebreek het, is te groot. Die Vrystaters staan verleë rond na hulle aftog. Hulle praat nie eintlik nie. Die gerug is dat generaal de la Rey bitter oor die situasie is; hy neem die Vrystaters en generaal Prinsloo erg kwalik dat hulle nie hulle stellings behoorlik kon verdedig nie. As dit nie daarvoor was nie, kon hulle die slagveld oortuigend gewen het. Stadig vind die groot groep Boere en perde en waens en kanonne hulle weg deur die nag. Die dooies moet noodgedwonge agter gelaat word. Môreoggend sal die Engelse, wat groot verliese gely het, tot hulle verbasing vind dat die Boere weg is en dat hulle die slag toe tog gewen het.

Malie probeer die hele nag vir Neels vind. Sy is besorg oor haar pa, maar die kommando-dokter het die koeël uitgehaal en haar verband geprys. Haar pa is op ’n wa gelaai; hy is rustig. Sy ry op Freiherr en lei ook haar pa se perd aan sy leisels. Sy probeer op onmiddellike take en omstandighede te fokus – om haar perd in die gebrekkige sterrelig te stuur, haar pa se perd tegelykertyd te beheer, om nie te raas nie – sodat sy die afgryse wat aan die rand van haar bewussyn huiwer, in toom kan hou. Sy verlang skielik vreeslik na haar ma. Die dokter het bevestig wat hulle eintlik geweet het, dat oom Abraham dood is, ook Piet Steyn en Japie Beyers en ’n hele aantal burgers, en dat generaal de la Rey se dapper seun, Adaan, dodelik gewond is. Die hele nag soek haar oë na Neels se skraal lyf, maar sy weet dat dit te donker is om enige iemand op ’n afstand te kan herken. Toe die dag breek kom die kommando tot stilstand. Hulle moet iets eet en tot verhaal probeer kom, hergroepeer.

Terwyl almal besig is, stap Malie teen ’n steiltejie op. Neels sou alleen wou wees, weet sy, en hy hou van ’n vergesig. Toe sy bo-op die rantjie is, skuifel sy versigtig om ’n rotswand teen ’n hoogte, en daar aan die ander kant, met sy gesig na die rooigevlekte ooste, sit Neels alleen tussen die rotse. Sy klere is donker gevlek van sy pa se bloed. Sy gaan sit langs hom maar sê niks. Uiteindelik plaas sy haar hand op sy skouer. ’n Rilling ruk deur sy lyf as sy hom aanraak. Dan sit hulle weer stil en kyk woordeloos na die skouspelagtige goudrooi sonsopkoms.

Uiteindelik praat Neels, sy stem dik van emosie.

“Watter belaglike trots het ons hier gebring? Wie het ons gedink is ons? ’n Klein groepie vrolike Boere, wat die Engelse Ryk op sy baadjie sou gee.” Hy snork minagtend.

“Hoe kon ek dink dat ek ’n soldaat is omdat ek kan perdry en skiet? Jy, ’n meisiekind, was meer koelkop as ek; jy is meer van ’n soldaat as ek. Die Buksie.”

Sy stem breek op die laaste woord; hy gaan nie verder nie.

Malie skud haar kop.

“Nee, Neels, ek was g’n ‘koelkop’ nie,” fluister sy, “ek was verbouereerd en vreeslik bang.”

Sy sien weer die Engelse seun se blou oë. Haar gedagtes stol. Alles het verander. Niks sal weer dieselfde wees nie. Sy maak haar keel skoon.

“Oorlog is toe oorlog, nie ’n avontuur soos ons gedink het nie. Jy was baie dapper. Self toe jy jou pa weggedra het, het jy onverskrokke tussen die koeëls deur geloop.”

Hy grinnik geluidloos.

“Ek was nie meer bewus van die koeëls nie. Ek was nie dapper nie, eerder dwaas. Al waaraan ek kon dink was my pa, al wat ek het – ek kan my ma nie eers onthou nie. Hy was my rots en my vesting. Hy was sterk en slim en sagmoedig.”

Hy sluk as sy stem weer wankel.

“Hy was ’n goeie man. En nou is ek alleen. En die wêreld wat ek en jy gedink het is ons s’n, ’n paradys vir ons om te verken, is toe al die tyd ’n hél wat ons vir die res van ons lewe deur sal moet worstel.” Hy snik op die laaste woord.

Malie vou haar arms om hom en hou hom vertroostend vas. Sy snikke word harder en hortend, sy hele lyf ruk soos hy sy smart en ontsetting teen haar uitstort. Algaande word hy weer stiller. Elke nou en dan trek daar steeds ’n rilling deur sy lyf.

Sy word bewus daarvan dat sy hand op haar bors rus. Sy voel ongemaklik daarmee, maar wil hom nie onnodig ontstig noudat hy rustiger word nie. Dit is seker maar toevallig. Sy soen hom vertroostend op sy kop wat onder haar ken rus. Stadig, versigtig, beweeg hy sy hand onder haar hemp in; teer vou hy dit om haar bors. Sy voel die paniek in haar opstu. “Amalie” fluister hy. Haar lyf verstyf in angs en weerstand. “Nee!” wil sy uitroep, “nie Amalie nie, maar Buks, jou vriend Buks, man!” Sy is angstig bewus van Neels se beweginglose afwagting, sy hand ligweg op haar bors; sy voel die intense smagting wat sy lyf nou gespanne teen haar laat snaar. Sy wil haar wegruk en vlug! Sy sukkel om deur haar benewelde oë te sien en wens haar ma was by haar.

En dan dink Malie: wat is die mens en wie is sy in die aangesig van hierdie dag en hierdie ontsetting? As God liefde is, wie kan meer haar naaste wees as hierdie verwarde seun wat met sy verskrikte en behoeftige gees in haar skoot lê? Doelbewus ontspan sy haar beangste spiere en versigtig plaas sy haar hande koesterend om sy strak, onlieflike ledemate – en gaandeweg vervaag die verskrikking in die pols van bloed en drif en troos en lewe.

The post Buksie appeared first on LitNet.

In ’n koma

$
0
0

My luck het uitgeloop, nes my hoop. Eers het ek elke sent wat ek kon kry, uit meneer Van der Merwe gepers, maar later moes ek my maar na die brugmense wend. Hier sit ek nou sonder kind of kraai met my voete in die koel rivierwater. My regtervoet is geswel. James het my mos gister met ’n baksteen gegooi en dit alles net omdat ek vir Richie ’n beter lewe wou gee. Hy en van die ander brugmense het vir my geskreeu: “Nie eens ’n hond gee haar kleintjies weg nie! Ons kan mos na hom kyk.”

My ma is kort na my geboorte dood, dus het ek by ouma en oupa Karolus op Kleinwater grootgeword. Ook maar moeilik gegaan, maar darem ’n dak oor my kop en altyd iets in die maag gehad. Oupa het ons kleintjies gereeld met die lat geslaan om ons maniere te leer. Ouma het ons rou duiwelskjenners genoem.

Op agtien het ek ’n lewe hier in dié dorp kom soek en half kontak met hulle verloor. Ek gaan net oor Krismis na hulle en sidestep enige gesprekke oor my lewe. Ouma sal my uitskel as sy moet weet ek woon onder die brug. Hier is 25 stormwaterpype. Elkeen van ons het sy eie pyp. Die pype loop onder deur die teerpad en is helwarm bedags. Daarom sit-lê ek maar so onder ’n bos hier langs die rivier. Vandag kan ek nie ver loop nie.

Saans maak ons almal saam vuur. Dan praat ons oor wat ons alles die dag gescore het toe ons in die dorp rondgeskarrel het en die wit mense se klokkies gedruk het. Ons deel die kos met mekaar en party brag oor hoeveel geld hulle vir hulle scrap metal gekry het. Meeste hier is dustbin diggers. Ek het al twee keer in vullisdromme gekrap, maar dis nie my scene nie. Ek het vroeër baie beter maniere gehad om geld te maak.

Dit was voor McDonald’s waar ek vir meneer Van der Merwe opgetel het. “Meneer, kan Meneer vir my ook ’n ietsie koop ’seblief.” Hy het met twee strawberry milkshakes, burgers en chips uitgekom.

“Dis koud buite. Kom sit in die motor.”

Ek het gulsig geëet en hy het oor ditjies en datjies gepraat. Vertel hoe hy geskei is en hoe eensaam hy is. Toe kom dit.

“Hoeveel vra jy?”

Ek het my tarief gesê en ons het na sy huis gery. Op pad het hy by die ATM gestop om geld te trek.

Dit het ’n gereelde ding geraak. Elke Woensdagaand. Na drie maande het hy nie meer opgedaag nie. Ek het my nie daaraan gesteur nie. Ek het genoeg klandisie gehad.

Toe die oggendnaarheid.

Ek het hom Richie genoem. Skielik moes ek oor meer as myself worry. ’n Baby benodig kimbies en melk. Bedags wil ek slaap en saans moet ek werk, so ek moes ’n babysitter vir Richie kry. Alles kos geld. Dis toe dat ek weer aan meneer Van der Merwe gedink het.

Ek het met Richie in die pram by sy huis opgedaag en die hekklokkie gedruk. Meneer van der Merwe het by die voordeur uitgekom en asvaal geword toe hy my herken. Hy het met ’n frons op sy gesig na die hekkie gekom.

“Ja?”

“Dis jou geskenkpakkie aan my dié,” het ek snedig met ’n effense dreiging in my stem gesê.

“Hoe kan dit my kind wees as jý hoer?”

“Jy hoer ook, meneer Van der Merwe,” het ek hom getroef. “Kimbies en papgeld val nie uit die lug nie. Ek soek geld.”

“Jy vat kanse.”

“Carel!” ’n Blonde vrou het by die oop voordeur uitgeloer.

Meneer Van der Merwe het vinnig in sy broeksak gegrawe. “Dè,” het hy gesê. “Maak dat jy wegkom en jy kom nooit weer hierheen nie.”

Hy het omgedraai en voordeur toe geloop.

R100! Wat kon ek daarmee doen? Dis nie eens genoeg kimbies vir ’n maand by Pep Stores nie. Ek het Huggies vir Richie gesoek en blikmelk en pap. Dan moet hy nog bedags en snags na die babysitter toe ook gaan.

’n Week later het ek weer laatmiddag met Richie na meneer Van der Merwe se huis gegaan. Sy BMW het in die inrypad gestaan. Ek het die klokkie gedruk. Niks. Weer gedruk. Niks. Ek kon sien hoe die blindings in die sitkamer effens lig asof iemand daardeur loer. Toe lê ek op die klokkie. Niks. Om die boom voor die heining was rivierklippe, bietjie groter as eiers, mooi in die rondte gepak. Ek het een opgetel en oor die heining na die huis gegooi. Dit het die venster rakelings gemis. Die volgende een het op die dak geval. Toe gooi ek een na die BMW. Dit het die venster aan die bestuurderskant getref en gekraak. Die voordeur het oopgevlieg en meneer Van der Merwe het uitgestorm.

“Wat de hel dink jy doen jy?”

“Ek soek R1 000 per maand vir blikmelk, pap en kimbies,” het ek gegil.

“Ek gaan jou vir saakbeskadiging aankla en vir teistering!”

Ek tel nog ’n klip op en mik weer na die BMW.

’n Motor het verby gery en stadig by die huis langs meneer Van der Merwe s’n ingedraai.

Die vrou het haar venster laat sak. “Alles reg Carel?”

“Ja dankie.”

Hy het hard probeer om te glimlag. Sweet het op sy voorkop gepêrel.

“Ek het nie nou geld op my nie. Kry my môremiddag 5 nm voor Jet. Ek sal dan vir jou die geld gee.”

Ek het my vinger vir hom geswaai.

“R1 000 en niks minder nie! Anders gaan jy dit berou.”

Vir vyf maande het ek vir meneer Van der Merwe elke laaste dag van die maand klokslag om 5 nm voor Jet ontmoet. Ons het nie gepraat nie. Die eerste keer het hy ’n koevert vir my gegee. Ek het dit net daar oopgemaak en die geld afgetel. Hy het daarna ’n deurskynende plastieksakkie met vyf R200-note in my hand gedruk. Hy het nooit na Richie in die pram gekyk nie.

Toe kondig hy mos eendag aan: “Volgende Woensdag gaan ons vir DNS-toetse. Ek wil weet of dit rêrig my kind is. Ek tel julle 10-uur hier voor Jet op.”

“Ek weet nie eens waarom jy bodder nie, meneer Van der Merwe. Richie lyk presies nes jy, maar goed, dan kan jy vir jouself sien,” het ek windmakerig geantwoord.

Hulle het mondswabs gedoen met sulke watte-oorstokkies en bloed getrek. Die volgende maand het ek voor Jet gewag. Meneer Van der Merwe het met papiere daar aangekom en ’n afskrif vir my gegee. My bene het soos jellie gevoel toe ek daarna kyk.

“Hier is jou laaste R1 000. Ek wil nooit weer iets van jou hoor of sien nie, gehoor.”

Toe die geld op was, het ek saam met die brugmense begin skarrel, maar jy sou my nie in ’n vullisblik sien krap nie. Ek het dit net twee maal probeer. Na drie maande van sukkel het ek begin wonder of meneer Van der Merwe nie dalk die DNA-uitslae geforge het nie. Hy kon mos net toutjies trek of hulle gebribe het en nou sit ek en Richie met die gebakte pere. Die gedagte het al hoe meer vorm gekry. Ek was oortuig dit is wat hy gedoen het en ek was woedend! Die vark!

Ek het die aand na sy huis gegaan. Sy BMW het weer in die inrypad gestaan. Daar was ander motors in die straat geparkeer. Die voordeur was oop en musiek het uit die huis gekom. Dit het gelyk of daar ’n paartie by sy huis was, maar ek het my nie laat afsit nie. Niemand vat my vir ’n gat nie. Ek het die klokkie gedruk. Meneer Van der Merwe het uitgekom. Toe hy my sien, het hy omgedraai en in die huis in met sy drankie geloop. Ek het die klokkie gedruk en gedruk. Hy het weer uitgekom en vir my geskreeu: “Voertsek!” Dis toe dat ek die klip in die kettie sit wat James gemaak het. Dit was ’n kolskoot teen sy agterkop. Ek het nie my touch verloor nie! Ek het altyd die seuns met kettieskiet gewen toe ek nog by Ouma gebly het.

Niemand het my gesien nie, so ek het net verder rustig met Richie in sy pram aangestroll.

Die volgende middag het ’n plakkaat teen ’n lamppaal my aandag getrek.

Ons Kontrei

KLIP:
BEKENDE
INWONER IN
KOMA

 

Ses maande later en hier sit ek nou sonder kind of kraai en met ’n seer voet. Meneer Van der Merwe het ’n klag van poging tot moord, teistering, beskadiging van eiendom, blackmailing en wie weet wat nog teen my gemaak. Hy was mos ses dae in ’n koma. Toe hy uit die hospitaal kom, het hy my oral laat soek. Ek het uit die oog gebly, maar daar is mos baie snitches in die rondte. Die Boere het my een nag in my pyp kom arresteer. James het rondgeskarrel en al die brugmense het saamgegooi om my bail te betaal. Hulle het na Richie gekyk terwyl ek vir agt dae in Pollsmoor was.

Môre kom ons weer voor. My lawyer sê my saak lyk nie goed nie. Daarom het ek oor die naweek maar vir Richie vir Ouma gaan gee vir just-in-case. Toe Ouma hom sien, het sy haar hand oor haar mond geslaan. “Jirre Sussiepop, die klonkie het dan potblou oë nes ’n witmens!”

The post In ’n koma appeared first on LitNet.

Never going back

$
0
0

Judith allowed Thomas to touch her. She allowed him to stroke her thigh up and down in the car. Up and down. Up and down. Until she felt an internal bliss rising up within her. At first, she felt afraid of this sensation. She had never felt this way before. Alone and afraid, overwhelmed irrevocably by city life, she changed. She changed over the months. She no longer felt anything for the past. She felt loved in the arms of power. Never before had she felt a love so great. Worshipped. Adored. She behaved like an actress. She flirted and, in return, she was caressed by men. She hovered near males, found this exciting. Thought that she had a gift for it. For eating her dinners in a fancy restaurant. Thought that now she had economic freedom.

Judith was only a half-mute 20-year-old child, and she had no voice. She was only a child, not even a girl. She was only a child, not yet a woman. She didn’t know what to call it then. The harassment by the older males in the office. The inappropriate comments. She only knew this. That she was attracted to power. The emotional and financial security a powerful man could give her. She knew that one day, that day would ultimately come when she would marry and have children and forget about Johannesburg. Her winters there. The family who had rejected her because she was not white enough for them. She knew she would forget about her depression there. Most of all, her nervous breakdown. She knew when (not if now, anymore).

When she would marry, she would leave home, never to return to that asphalt jungle. She could forgive her father then, even her mother. Feel no animosity towards her mother, only grief, but she knew in time that would also change. There were times when she secretly despised herself. She watches the bright flame studiously from where she is sitting. The candles that she has lit are enough to burn the flat down. She thinks to herself that she is a camera, seeing not feeling. An electric soul on fire, swimming towards the man. Her instinct is honest. A barefoot paradise. They dance to a tape that she has put on. Joy Division then Lionel Richie fills the room. They are slow dancing. She’s tired of this game. He kisses her forehead and leads her to the bedroom.

All week, Judith was missing him, but she didn’t telephone him at home. Thomas had been angry when she had done that in the past. There had been arguments. Thomas didn’t hit her, but he had raised his hand once. She had burst into tears then. Ran sobbing into the next room, while he ran after her and tried to placate her. They had ended up making love. Thomas had apologised for being a bully. Told her that he loved her, but he knew in his heart of hearts that he didn’t mean it, and he hoped that she knew that he had only said it in the moment. He had found her at a jazz club one Friday evening. She was drinking alone at the bar. She was young. Gamine and beautiful. She had beautiful eyes. She danced with energy. Listened to his stories.

Judith was way too young for him, but she was looking for a man to go home with, and she decided early on in the evening that it was Thomas that she was going to go home with. Instead, he took her to a hotel in notorious Hillbrow, Johannesburg. All day, after that, Judith spent hours writing in her journal. How beautiful Thomas had said she looked over and over again. She told him about this older woman in the office who had become infatuated with her and had tried to kiss her one evening in a club they had both gone to after work for drinks. She had misunderstood the signals. The woman had said how pretty Judith looked. She had warned her about the married men in the office. She had asked Judith if she still looked attractive.

“I dare you,” Judith said.

“To do what?” Thomas asked her in return, turning his head to face her.

“I dare you to tell me the truth. Do you love me?” Something about Judith’s features was softened in the light.

“I love spending time with you in your flat. I love making love to you in the afternoon. I love how you let me leave my socks on. My wife hates it when I leave my socks on. She calls it part of my ‘manly behaviour’. Stop reading those romance novels.” The man guffawed. In her journal, she called Thomas “the man”.

“I came here with you to remember the past, not to live in it or dwell in the rooms of its mansion.”

“Judith, you sound like an English writer.”

“Pain smells like emptiness, and so does the death-struggle of silence in this bedroom sometimes. Sometimes, I hate being alone. That cold lonely feeling that we all surrender to sometimes. Does that get to you, too, sometimes?” Judith stroked her bare arms.

“I like your music. Have I told you that already? I like your music. I will always surrender to you, mousetrap. A shame the loneliness is getting to you. Loneliness means different things to men and women. Everything in life is a game.”

“Yes, I can imagine how it’s just another game to you, isn’t it, Thomas?” Judith sighed.

“You play the guitar.”

“No. It’s my brother’s.”

“Your brother lives here with you?”

“Sometimes. When he wants a break from his girlfriend and his daughter.”

“You have a niece?”

“I have a life.”

“You’re some surprise. Does he know about us?”

“It’s none of his business, now, is it?” She played with her hair. “I can do what I like. I don’t have to answer to anyone.”

“Except perhaps God. Don’t you believe in karma?”

“What’s that?”

“Your sins catching up to you.”

“You’ll never understand the reasons that I have for what I do. You think of me as a waif. Nymphet. That one day I’ll grow up to be the femme fatale in the office. Sleeping around.”

“Your eyes are tired.”

“So what! Do you want something to drink, lover?”

“Are you afraid of losing your looks as you grow older? City life is not kind to girls who are not sheltered, I mean, protected by older men.”

“I know what you’re thinking. You think that I’m inferior to you.”

“Overnight, you’ve become something of a mind reader or a medium.”

“You think that is funny.”

“At my age, you’ll be surprised at what you’ll find funny, mouse.”

“Why d’you like to call me that?”

“Think of it as a term of endearment.”

“Whatever. I don’t care. I bought a bus ticket. I’m going home for Easter to visit my parents.”

“I’ll miss you.”

“I’ll miss you, too,” Judith said shyly.

“I adore you, Judith. You’ve given me a new lease on life again.”

“Why would you say something like that? You know I don’t believe you. You have everything, Thomas.”

“I have everything that money can buy, but what you give me, Judith, is priceless.”

Judith thought about this for a long time. While he was dressing and she was making tea in her tiny kitchen for the both of them. She thought about the trip home she was planning without her brother’s protection. She thought that she knew what tenderness was. Lying there in a man’s arms, her thirst for power and shelter, protection against the world, sated. She knew in a dim way that she was through inventing the man. Wasn’t the man like the wheel? Wasn’t he always hell-bent on the destruction and sabotage of women? She was just a shadow. A ray in the dark. She thought of her ancestors. Were they dreamers, too? Capable of many beauties in the moonlight. Trauma. Violence. Brutality. That shot of honesty in the dark. Judith was a shadow.

Nobody had ever said the kind of things to her that Thomas had said. There was a kind of lightness in her head when he spoke to her after they made love. He looked even more handsome. He was funnier. Yes, he made her laugh. She felt less self-conscious in his presence. She felt as if she was falling to his feet. As if she could worship him forever. It was never enough for her. She delighted in his kindness. He bought her perfume. Gold jewellery. He had said on more than one occasion that she belonged to him. As if she was some kind of possession! She belonged to no one. Perhaps to God. The Jesus Christ her parents had brought her up to believe in. There was a sodden bond there. A universal thread tied to a dark wish.

There was hope in the dawn when Judith woke up next to Thomas, but there was a part of her that could feel him leaving her in tiny waves, doing the tango in her heart. In ohms. In vibrations. And each vibration would have a hot peak and an ill-tempered trough. The only time she felt authentic was when she was in his presence. She felt defiant, but there was also despair. Despair at her situation in life. Her brown mother. Her half-European father from slave stock. She felt as if she was the judge in the relationship sometimes. Thomas coming and going in her tiny flat. Doing as he pleased. Not having to give an account of where he spent his time or with whom. She was an exile in love with the erotic transaction. The sexual impulse.

She found herself in the dimension where other girls her age, of her cultural background, found themselves. Who was to blame? She was far away from home. She didn’t have to answer to anyone. Her brother lived his own life. She thought of the first time she had heard Thomas laugh. How it had filled her soul. It had formed brick walls against the sea of her insecurity and growing doubt. Thomas had given her a map. She thought that she would never be lost again. Judith loved Thomas. She also knew that he didn’t feel the same way about her. That there was no earthquake shattering him into millions of pieces when they kissed or touched each other. She didn’t know much about the world of love or Europe. Of identity, subject, territory or hell.

But there was a tunnel through the darkness and a bus ticket home with her name on it to elderly parents.

The post Never going back appeared first on LitNet.

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 3)

$
0
0

Ennie koningin het toe huis toe gegan en sy’t wee voorie spieel gat staan en sy’t gesê:

“Spieëltjie, spieëltjie tienie muur,
Wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieëltjie het gesê soes dit al gesê het:

“My koningin, djy is beeldskoon,
maa Sneeuwit wat byrie siewe kabouters
innie bos bly is ’n duisend kee mooier as djy.”

Toe sy hoo wattie spieltjie gesê het, het sy gebiewe en skud van kwaad kan wies.

“Sneeuwit sal dood!” het sy geskrie, “al issitie laaste ding wat ek doen.”

Sy’t toe na ’n geheime kame toe gegan, waa niemand haa sou kry nie, en daa het sy ’n giftige appel gemaak. Die appel het soe mooi gelyk – dit was bloedrooi annie een helfte vannie appel, en wit annie annekant vannie appel. Die bloedrooi kant het soe lekke sappig gelyk, soedat wie oek al dit sien dit somme dadelik sal wil hê. Maa as hulle net ’n stukkie vannit iet sal hulle doodgan.

Toe sy klaa die appel gemaakit, het sy haa make-up angesit en haa angetrek soes ’n baie arm vrou. Sy’t toe oo siewe berge gestap, totdat sy byrie huis gekommit waa die siewe kabouters gebly het. En toe sy annie deu klop, het Sneeuwit haa kop by die venste uitgestiek en virrie vrou gesê: “Sorrie antie, maa ek kan niemand lat inkô nie, wan die siewe kabouters het vi my gesê ek moetie.”

“Niee, dis oukei!” hettie vrou geantwoord, “ek kan somme maklik my appels iewers anners gat vekoep. Maa moetie warrie nie, ek sal vi jou een veniet gie.”

“Niee dankie!” het Sneeuwit gesê, “Ek mag niks van niemand af vattie.”

“Is djy bang die appel vegiftig jou?” hettie vrou gevra. “Kyk hie, ek sallie appel in twie sny. Ek sal vi jou die kant gie wat soe lekke rooi en sappig is om te iet, en ek sallie anner kant iet.” Die appel was gemaak dat allie gif innie lekke rooi kant vannie appel gesit het.

Toe Sneeuwit sien hoe lekke rooi en sappig die appel is, toe water haa mond vi dit. En toe sy sien dattie vrou die een helfte vannie appel iet, toe kon sy dittie mee langer hou nie. Sy’t toe die giftige helfte vannie appel by die vrou gevat. Maa dit wassie eens lank na sy ’n happie van appel gevat hettie dat sy net daa dood oppie vloer neegevallit.

Die koningin het vi Sneeuwit veil angekyk soes sy dood gelê het oppie vloer. Sy’t kliphard gelag en geskrie: “Soe wit soes sneeu, soe rooi soes bloed, soe swart soes ebbehout! Dié kee sallie kabouters jou nie kan wee liewendig maakie.”

Sy’t toe trug na haa huis toe gegan en toe sy daa kô het sy wee virrie spieëltjie gevra:

“Spieëltjie, spieëltjie tienie muur,
Wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieëltjie het toe uiteindelik gesê:

“My koningin, nou is djy die mooiste!”

Haa jaloerse hart het toe uiteindelik vriede gehad, soeveel vriede as wat ’n jaloerse hart kan hê.

Toe die kabouters die aand byrie huis kô, het hulle vi Sneeuwit kô kry daa wat sy dood oppie vloer gelê het. Hulle het gesien dat daa niks asem by haa uitkô nie, en dat sy dood was. Hulle het haa opgelig om te kyk of daa nie iets giftig op haa issie. Hulle het haa rok se toue gesny, hulle het haa hare gekam, en haa met water en wyn gewas, maa niks het gewêkie. Die arme Sneeuwit was dood.

Hulle het haa toe op ’n raam neegelê en amal het toe om haa kis gat sit en huil en treur vi drie hele dae.

Hulle het toe ’n plan gemaak om haa na die dêre dag te begrawe, maa hulle het gesien dat dit nog lyk soes sy liewe, wan haa wange was nog bloedrooi. Toe sê hulle: “Ôs kan haa nog nooit innie donke grondgat sittie.” En toe maak hulle vi haa ’n kis uit glas uit waa hulle haa van alle kante af kon sien. Hulle het haa toe daa’in neegelê. En oppie glaskis geskryf dat sy ’n prinses was en dat haa naam Sneeuwit is. Hulle het toe haa kis naby hulle huis tienie berg gat sit, en een van hulle het altyd by die kis gebly om na dit te kyk.

Die voëltjies het oek gekô en by Sneeuwit getreur. Eeste het ’n uil gekô, toe ’n kraai, en toe ’n duif.

Sneeuwit het vi ’n lang tyd soe gelê, en niks het geveannerie. Dit het maa net gelyk soes sy lê en slaap, wan sy was nog steeds soe wit soes sneeu, en haa wange was soe rooi soes bloed, en haa hare was soe swart soes ebbehout.

Maa eendag toe kommit dat ’n prins deurie woud en veby die kabouters se huis kô ry het. Hy’t tienie berg die glaskis gesien en toe hy gat kyk wie innie kis lê, het hy vi Sneeuwit gesien. Hy het net daa velief geraak op haa. Hy’t toe gelies wat geskryf was oppie kis. Toe sê hy virrie kabouters: “Gie vi my die kis met Sneeuwit in en ek sal vi julle ienige iets gie wat julle wil hê.”

Maarie kabouters sê toe vi hom dat hulle sal die kis vi niks innie wêreld veruillie.

Maa toe sê hy: “Ek vra julle baie mooi. Gie my asseblief net die kis, wan ek kannie ’n dag gan sonner om vi Sneeuwit te sien nie. As julle instem sal ek agte julle kyk soes julle my broes is en vi julle die hoegste eer innie land gie.”

Toe die kabouters sien hoe die prins vi hulle smeek om vi Sneeuwit in haa glaskis vi hom te gie, het hulle hom jamme gekry en toe die kis vi hom gegie. Die prins het toe sy amptenare geroep en vi hulle gesê hulle moet die kis op hulle skouers na sy pa se paleis toe dra.

Nou soes hulle geloep het, het een vannie amptenare se voet by ’n bos vasgehaak. En met die geskud vannie kis toe skud die stukkie appel in Sneeuwit se keel los en dit val toe uit haa mond uit. Dit wassie lank daana nie, toe maak Sneeuwit haa oë oep. Sy’t die kis se deksel afgegooi en kietsregop gesit, liewendig en gesond.

“Ooh jinne! Waa is ek dan nou?” het sy uitgeroep.

Die prins het toe vol blydskap geantwoord: “Djy’s met my nou.” Hy vetel toe vi haa alles en toe sê hy vi haa: “Ek sal aire vi jou wil hê dan ienige iets anners in die hele wêreld in. Sal djy asseblief saam met my gan na my pa se kasteel toe, en my dan met my trou?”

Sneeuwit het toe ingestem, en saam mettie prins gegan om saamit hom te trou. Hulle troue was soe grênd en dit was gehou met net die beste kosse, ennie beste musiek-bands, ennie beste van alles.

Maa Sneeuwit se slegte stiefma was oek genooi na die fees toe. Sy’t toe vi haa mooi angetrek en toe gat staan sy voorie spieëltjie en sê toe:

“Spieëltjie, spieëltjie tienie muur,
Wie is die mooiste en pragtigste in ôs land?”

Ennie spieëltjie het gesê:

“Ai, my koningin, al is daa net een wat soe mooi is soes djy is,
is die niewe bruid ’n duisend kee mooier dan jou.”

Die koningin het net daa gesnep, en beginte vloek en skel, en sy was soe kwaad dat sy die goed om haa beginte stukkend gooi het. Sy’t eeste gedink dat sy sallie na die troue toe gannie. Maa toe dink sy dat sy sal nooit vriede kry totdat sy nie self die bruid gesien hettie. En toe sy haa sien, toe wiet sy dadelik dat dit Sneeuwit is. Sy’t soe kwaad geraak dat sy nie kon beweegie, maa oek ommat hulle gereed was vi haa. Hulle het haa vuuwarm ysteskoene lat antrek om te dans totdat sy dood neegevallit.

En dis die storie van Sneeuwit ennie siewe kabouters.

Lees ook:

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 1)

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 2)

The post Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 3) appeared first on LitNet.


Die groot plan

$
0
0

Dis vroegoggend en bitter koud. Die snerpende wind uit die suidooste huil tussen die geboue deur en warrel koerantpapiere deur die verlate strate. Die dag se eerste lig het al deurgebreek en die strate sal binnekort begin lewe.

Twee bosslapers het die nag onder koerante en kartonne in die inham van ’n winkel se ingangsportaal deurgebring om die koue te ontsnap. Nou sit albei mompelend orent. Hulle weet ’n nuwe dag bring nuwe uitdagings.

“Ons moet loop,” mompel Fielies, die jonger en kleiner een met ’n mond sonder tande.

“Vir wat?” vra Donovan, die groter en ouer een langs hom en trek sy verslete wolmus met sy dun vingers stywer oor sy kop. Sy twee voortande is uit sodat sy woorde met ’n sagte fluitgeluid weerklink.

“Ou Donnie, jy weet mos, as die winkelbaas kom oopsluit dan skel hy weer op ons,” antwoord Fielies. “Sy hart is nie oop nie.”

“Die winkelbaas se moer. Hy kan skel tot ... tot ... sy gat uitdop. Ek is doof,” antwoord Donovan met beslistheid en trek sy maer skouers op om te beduie dat dit hom min skeel.

“En hy roep die polieste my bra en hulle donner ons rond.”

“Ook hulle moere. Die ou tyd is lankal verby. Dis nou Madiba-tyd. Ons het nou regte. Ons kan wees waar ons wil, wanneer ons wil.”

“Sê wie? Dis loitering en trespassing as ons hier bly.”

“Van wanneer af is jy so fokken slim?” wil Donovan weet.

“So gebore,” antwoord hy effens uitdagend en kopskuddend. “Dis te koud hier. Ons gaan hier ook vrek. Ons moet vannag anner, beter plek vat.”

“Waar? Soos wat miskien? Nagskuiling? No ways ... sien my nooit as te never nie. Te veel stront daar. Wil mens reform en bekeer.” Hand swaai in die lug. “My soul kan nie meer gered word nie. Ek het my lifestyle en niemand run my meer nie. Ek’s niemand se kardonkie nie. Ek het ’n beter plan.” Donovan lyk ernstig as hy sy wysvinger dramaties in die lug steek en kringe maak.

“Nog ’n plan, Donnie? Jy en jou planne.” Fielies lag kliphard en sy oë trek op skrefies soos die hardgebakte velvoue sy gesig toetrek. Die lag is oopmond en diep uit sy keel en dit irriteer vir Donovan wat sy hand laat sak en probeer om sy yskoue vingers met sy asem warm te blaas.

“Jy lag verniet. Lag maar. Jy dink net ’n boer kan ’n plan maak. Ek ook, want ek het boerebloed in my are, van my pa se kant af.”

“Ek dog dan jou pa was ’n Kaaskop uit Amsterdam?”

“Amper selde ding, Ek het pedigree en vandag het ek ’n plan. My plan sal werk, ek weet, werk elke keer, elke winter. Lyk ek vir jou miskien onnosel?” Hy klink skielik dreigend en sy oё blits met ’n nuwe intensiteit. Dis asof sy gemoedstoestand plotseling verander het.

Sy maat voel die groeiende aggressie aan. “Orraait, orraait ou Donnie, my bra. Vertel my van jou famous plan,” paai hy met ’n effens kalmerende stemtoon. Hy weet Donovan kan buite homself raak as hy eers kwaad is. As ’n mens vrede wil hê, dan maak jy nie die ou grote kwaad nie. Hy is eintlik ’n goeie mens met tyd vir sy medemens, maar as hy eers kwaad is, is hy ’n ander mens en daai mens wil net breek. En hy kan breek. Dan bliksemstraal en donderweer dit dat die spoeg spat. Daarvoor sien Fielies vanmôre nie kans nie. Netnou kla iemand weer oor rusverstoring en word hulle sommer summier opgesluit.

“Kyk, hier is die ding. Vanaand slaap ek lekker warm en kry dinner en koffie.” Hy lig sy gebalde vuis dramaties onder die koerante uit sodat Fielies die blink yster om sy kneukels kan sien. “Vanaand slaap ek soos ’n lord.”

Fielies se oё rek as hy die metaal sien. “Dis mos ’n knuckleduster wat jy daar het. Wat wil jy met die ding doen? “

’n Lang stilte volg.

Dan praat Fielies weer. “Ek weet. Jy wil iemand bliksem en dan sluit hulle jou op. Lekker cosy daar binne dink jy?”

Die groot ou antwoord nie, asof hy teleurgesteld is in Fielies se skynbare onnoselheid.

 “Assault with a dangerous weapon. Dis groot moeilikgeit, Donnie. Lank tjoekie toe. Nie gewone opsluit nie, maar tussen die hard boys,” waarsku Fielies en skud weer sy klein koppie heftig, asof hy maar te goed weet wat dit beteken. “Nice ouens soos ons hoort nie daar nie. Daai boys daar binne mors met jou. Nie ons type nie.”

“Jy’s weer slim met jou legal stront. Met hierdie ding,” sê die ou grote, en hy swaai opnuut sy vuis, met die yster om die kneukels, heen en weer, “breek ek ’n kar se venster sommer net so. One to tree.”

“Vir wat?” vra Fielies.

“Vir ’n warm bed en peace of mind. Compliments of the taxpayer,” spog Donovan.

“Jy mors nou met my kop, Donnie,” kla Fielies met ’n beswaarde stemtoon.

“Nei, dis genuine. Jy moet luister. Ek kies net die regte kar en die regte plek en ek is well away.”

“Watse kar en watse plek?” vra Fielies met sy koue vingers nou ook voor sy mond om hulle te probeer warm blaas.

“Ah, dis my secret wat jy wil hoor?” Donovan klink geheimsinnig.

Weer stilte.

“Vertel my,” por Fielies sy maat nou nuuskierig aan.

“Dis my plan. Ek sal vertel, maar jy doen jou eie ding met hierdie plan, op ’n ander plek. Nie hier in die omte nie,” eis Donovan.

Fielies se kop knik instemmend.

“Op ’n ander plek?” maan die ou grote weer en woel die koerante wat wil afgly terug oor sy bene. Hy kyk vraend na sy maat, afwagtend.

“Beloof met my hand op die Bybel,” bied Fielies aan.

“Jy’t g’n Bybel nie. Nog nooit gehad nie.”

“Ek promise my bra, genuine.”

“Op jou ma se graf?”

Weer is daar stilte en afwagting. ’n Kopknik van Fielies is genoeg om die ooreenkoms te beklink.

Uiteindelik praat Donovan asof uit die hoogte met ’n stem wat gesaghebbend moet klink. “Jy moet breins hê om die ding reg te doen anders werk die plan nie.”

“As dit vir jou werk, sal dit mos vir my ook werk,” meen Fielies.

“Sê wie? Sê jy miskien, maar jy moet blêddie mooi luister en presies doen wat ek sê.”

“Ek luister, ene ore ou Donnie.”

Donovan maak keel skoon voor hy weer praat. “Nommer een. Jy moet jou victim mooi kies. Jy soek ’n luxury kar met foreign plates. Baie foreign. Gauteng of Eastern Cape of Free state of so. Nie locals nie. ’n Merc of BM of so. Die blink kar se blink mense moet klaar gepark het en al ver weg wees om te gaan shop. Eers dan kan jy slaan. Verstaan jy?”

Fielies knik asof hy verstaan maar vra: “Slaan wat?”

“Push jy my? Ek vertel jou mos.”

“Okay, okay. Ek luister ou Donnie,” paai hy weer die ou grote.

“Waar was ek? O ja, die kar. Jy soek een op ’n besige plek waar baie ander mense rondloop. Hulle moet kan sien.”

Fielies frons en skud heftig sy kop. “Nou weet ek nie so mooi nie. Dis mos dadelik trouble. Helse moeilikgeit.”

“Luister. Jy slaan met hierdie ding,” en hy wys na die metaal om sy kneukels “die kar se venster aan die kant stukkend, moer toe. One shot, een moerse hou.”

“Netso?” Fielies klink geskok. “Maar hoe weet jy daar is iets in die kar wat jy kan vat?”

“Jy kies ’n kar wat niks in het nie. Fokkol op die sitplek. Jy vat niks. Sweet blou boggerol.”

Sy maat frons opnuut. “Maak nie sense, die plan van jou nie Donnie.”

“Wil jy hoor of wil jy loop?” vra Donovan verontwaardig.

“Sorry my bra, sorry man.”

Weer is daar stilte asof Donovan heroorweeg of hy sy plan met Fielies wil deel.

Die spanning word vir Fielies te veel. “Wat gebeur nou?” vra hy. “Almal het nou se tyd founs by hulle en hulle roep dadelik die polieste wat jou kom haal in hulle wa. En dis nie ’n fancy limousine nie. Hulle gooi jou sommer rof in die vangwa.”

Donovan maak asof hy dit nie gehoor het nie en gaan voort. “En vanaand slaap jy lekker warm en die kos is on the house. Sommer ook colour TV, as jy ’n nice dorp gekies het.”

“En dan? As hulle jou charge? Dan sit jy lank, en sonder dop,” stribbel Fielies tee.

“Wie gaan my charge? En vir wat? Ek het fokkol gevat.”

“Die ou van daai kar. Jy’t sy property ge-damage.”

“Jy hou vir jou danig slim. Is jy ’n lawyer? Ek sê vir jou die pote moet die ou van die kar eers gaan soek en kry en bring. En dan moet die kar se man charges press. More of oormôre ry hy terug Gauteng toe. Reken jy die ryk duusman kom al die pad terug vir die court case? Duisende kilometers, net vir een ou venstertjie in sy kar? Never ever my bra, vat dit van my.” Donovan klink selfversekerd.

“En dan?”

“No charge, no case. Die judge sien my nie eers nie en die victim se insurance betaal die skade buitendien. So no damage was done. My boarding and lodging is for free. Gratis en verniet. So everybody lives happily ever after. En vanaand slaap ek lekker warm. Hulle kan my nie hou as daar geen klag is nie. More is ek weer waar ek wil wees, ’n free man,” Donovan lyk tevrede.

Hulle kyk in stilte na mekaar asof die een vir die ander wag om te praat. Die straat voor die winkel begin stadig lewe kry.

Fielies se voorkop trek op ’n plooi soos hy die saak deurdink en vra: “En as hy anyway ’n klag lê omdat hy hoog die donner in is vir jou?”

“Dan moet hy nog ’n eyewitness ook gaan soek. Dit vat tyd.”

“Maar die mense het jou gesien.”

vWat het hulle gesien?”

“Dat jy die venster slaan.”

“Waarmee?”

“Met daai ding,” antwoord Fielies en wys na sy maat se hand.

Donovan skud sy kop. “Jy sien die ding nou en jy weet van hom maar die mense sien hom nie. As your Honour hulle vra waarmee het ek geslaan, dan sê hulle: met die kaal vuis. Dan lag die judge en skud sy kop want ’n man slaan nie sommer ’n kar se venster met jou vuis stukkend nie. My vuis makeer niks, het nie ’n skrapie nie. Ek wys hom vir die hof.” Hy het die yster afgehaal en draai sy hand dramaties in die lug asof hy vir almal wys.

Fielies oordink die saak ernstig voor hy weer praat: “Sê nou die judge koop dit nie en vra jou wat jy so teenaan die kar gedoen het?”

“It could have been an accident your Honour. Ek het net getrip en miskien teen die kar geval your Honour. No criminal intent. Just bad luck. Wie weet, die kar se venster kon al stukkend gewees het. Die witness, as hy een kan kry, kan nie baie seker wees nie en die judge ook nie. Dis sy woord teen myne. Accidents happen your Honour. Dit was rêrig nie opsetlik nie, my kroon.”

Weer heers daar stilte terwyl Fielies ook hierdie verweer van Donovan ernstig oorweeg.

’n Breë glimlag verskyn om Donovan se mondhoeke as hy sien sy maat se vrae het opgedroog. “My kroon se gat.” Hy kyk trots na die yster om sy kneukels en vra: “Het jy ’n beter plan?”

Fielies skud sy kop ontkennend.

“Dis dié plan, en volgende keer doen ons dit weer, want mense vat jou nie hof toe vir peanuts nie. Dit werk elke keer.”

The post Die groot plan appeared first on LitNet.

Die tweestryd

$
0
0

Ek skiet die sigaret in die vuur en staar na die vlamme wat soos lang vingers uitstrek na bo. Soos ek die rook uitblaas, vroetel ek vir die pakkie en die aansteker in my sak. My liggaam, warm in die vuur se gloed, is ’n flou weerkaatsing teen die donker rondom my. As ek my hand tussen my oë en die gloed hou, sien ek die sterre wat in alle dimensies bo my uitspan. Van een uiterste tot ’n ander. Buite bereik. Miljoene ligjare van my af. Tog, as ek my oë toemaak, voel ek hoe die swaartekrag van hul massa aan my skouers pluk en golwe in my are maak.

Miskien trek ek die onbereikbare sterre ook aan. Miskien voel hulle ook ’n swak, maar definitiewe trekkrag wat êrens vanuit die ruimte aan hul formasies pluk. As ek op een kon fokus, sou ek dit kon nader dwing? Nader en nader aan die aarde, sodat sy oppervlak ’n armlengte van my af is? Sou ek sy kors kon oopruk en die brandende kern ontbloot? Sou ek dit in my hande kon neem en die samestelling daarvan bestudeer? Sou ek sy molekules kon identifiseer, die elemente uitmekaartrek, en die ontelbare deeltjies oopkloof? Wat sou dan oorbly? Wat sou ek uiteindelik in my hande oor hê? Niks?

Ek laat sak my hand en steek nog ’n sigaret aan. Soos ek die eerste rook uitblaas, sien ek, tussen die vlamme, ’n vlammende vorm gestalte kry en vanuit die vuur oprys en oorkant my gaan sit. Ek herken die vorm, maar kan slegs sy profiel uitmaak. Dit is ’n spieëlbeeld van die vuur, ’n weerkaatsing van die gloed. Hy staar direk na my. Uitdagend.

"Weet jy wat my grootste sukses in hierdie lewe is?" begin hy braaf. Selfvoldaan.

"Dat jy my laat glo dat jy nou hier oorkant my sit en met my gesels."

Hy lag uit sy maag. ’n Diep en donker stem wat in my ore weerklink. "Byna, maar nee. My grootste sukses is jou bevryding." Hy neem ’n trek van sy sigaret. "Jou bevryding van ’n leeftyd se verkramptheid. Bevryding van ’n primitiewe bestaan. Ék het jou verlig." Die woorde rol soos robyne uit sy mond en sy oë verlig in selfvoldane vlamme.

"Ek dink jy gee jouself meer krediet as wat jy verdien." Die vuur kraak saggies in ’n oomblik se stilte.

"Jy is ’n agtergeblewene sonder my. ’n Dier. Bewusteloos. Sonder my sou jy opkyk na die onbekende dieptes bo jou" – hy lig sy hande op in die lug, laat sak dit stadig – "en jy sou nie eens frons vir die oneindigheid daarvan nie. Jy sou nie eens wonder oor die diepte daarvan nie." Hy leun stadig vorentoe in sy stoel. "Jy sou handeviervoet jou spieëlbeeld in waterpoele opsuip en jou weerkaatsing nie herken nie. ’n Leegheid sou die ruimtes van jou holtes beslaan."

Die vuur kraak. ’n Bekende gevoel, soos ’n herinnering, spoel oor my. Ek skuif rond in my stoel. Met saamgeperste lippe blaas ek die rook deur my neus. "Jy bestaan bloot as gevolg van ’n primitiewe wil om te oorleef. ’n Swakheid wat ek lank reeds met my saamsleep. Jy is ’n evolusionêre neweproduk. Skuim in die hoeke van my mond."

Ek wag. "Bevry? Jy het my nie bevry nie. Jy het my ..."

Ek sak terug in my stoel. ’n Bekende moegheid verlam my.

Kalm en berekend neem hy nog ’n trek van sy sigaret. "Jóú grootste sukses," gaan hy voort asof ek niks gesê het nie, "is hierdie ontdekking. Die onthulling van my bestaan. Tog, aan die ander kant, is dit ook die bron van jou grootste stryd. Die bron van die spyt wat aan jou gedagtes kou. Jy wil my saampers in jou hande, die lewe uit my uit dwing en my van jou palms afvee." Die klein kooltjie van sy sigaret gloei flou waar ek dink sy mond is. Hy blaas die rook tydsaam uit. "Maar jy kan nie."

"En waarom nie?" vra ek.

"Die prys is te hoog." Ons tik gelyktydig die as van ons sigarette af. Dit warrel opwaarts saam met die hitte van die vlamme en verdwyn in die donker lug.

"Oorlewing is ’n illusie," sê ek met nuwe krag. "Jý het oorlewing noodsaaklik gemaak." Ek tik my wysvinger hard teen die kant van my kop en leun vooroor in my stoel. Uitdagend. "En ek het die kapasiteit om dit te onmaak." Ek sit weer terug in die stoel en beskou die vlamme tydsaam. "Om te leef is beter as om te oorleef," sê ek sag.

Sonder om my hand teen die gloed op te lig soek ek na die sterre wat alewig skyn teen die fluweelband wat bo my span. Maar dit het ’n swart skerm geword. ’n Donker sluier wat diep die vertes insak. ’n Gat wat my van bo af intrek, soos ’n vlokkie as wat meegesleur word die dieptes in. ’n Magnetiese krag wat my in tyd en ruimte se gety in dwing. Waarheen? Waar sal die gety my uitspoel? Sal ek ooit uitspoel? Of sal ek vir ewig drywend in hierdie leë, donker poel bly?

"Weet jy wat is jou grootste probleem?" Ek skep moed en daag op my beurt uit.

"Jy met jou bewese verset teen evolusie," kap hy dadelik. "Oorlewing is nie ’n illusie nie. Dit is soos swaartekrag, of die spoed van lig. ’n Basiese natuurwet wat die bestaan van jou spesie reguleer. Dit is in die kos wat jy eet, die water wat jy drink, die lug wat jy inasem. Dit is in die leuens wat jy vertel. En in die waarhede. Dit is in die saad wat die eier bevrug en in die selle wat die vrug produseer. Niemand kan dit on-maak nie." Hy neem ’n laaste trek van sy sigaret, sit terug in sy stoel en blaas die rook uit in my rigting.

Ek lag uit my maag soos ek die rook van my sigaret uitblaas. "Nee; benewens jou bewese arrogansie" – my oë weerkaats die laaste vlamme van die vuur in sy rigting – "is vrees jou grootste probleem. Vrees vir die ewige onbekendheid wat ons inwag. Jy sien dit as jy opkyk in die nag. Jy voel dit as jy jou oë toemaak." ’n Oomblik se stilte." En vrees is die bron van die illusies wat jý skep. Illusies wat jy skep om jou lot te ontken." Ek bly vooroor leun en daag ’n antwoord uit. Hy ignoreer my en skuif rond in sy stoel.

Soos die kole geleidelik tot as verkrummel en die hitte van die vuur verdwyn, verdof die vlammende vorm oorkant my en sy gloeiende oë doof uit teen die donker van die nag. Ek vou my hande op my skoot en sluit my oë.

Die donker, dink ek, bestaan uit sy eie. Dit was daar voor die lig in ontploffings ontstaan het, en dit sal daar wees wanneer alles weer in een punt inkrimp en verdwyn. Die donker bestaan ongeag enigiets. Selfstandig. Absoluut. Die lig, daarenteen, ontstaan slegs vanuit ’n bron. Dit kan nie bestaan sonder die ontploffings van energie nie. As die bron uitgeput raak, sal die lig daarmee saam uitdoof. Lig is afhanklik. Relatief.

Ek laat sak my kop en knyp my oë styf toe.

"Jý is die illusie," fluister ek die nag in. My hart klop teen die binnekant van my bors. Lug vloei my longe binne. Elektrisiteit ontplof tussen stringe weefsel, my liggaam bewend teen die skielike koue. "Jý is die illusie," dink ek. "Die lig uit hierdie bron."

Ek maak my oë oop, gooi my kop agteroor en glimlag vir die miljoene skitterende oë wat vanuit die verte afkyk na my.

The post Die tweestryd appeared first on LitNet.

Dingleton

$
0
0

Sy stop met haar rooi Polo op die grondpadstraat, voor ’n vervalle huisie. Die deur swaai oop en ’n paar swart hakskoene verskyn. Sy klim uit en sluit die kar twee keer (wie op ’n Saterdagmiddag ’n Polo in Dingleton sou steel, weet nugter). Met ’n klik-klak stap sy tot by die geroeste tuinhekkie. Sy huiwer. Dan lig sy haar donkerbril en sien hoe ’n derde van die buurt by hul vensters uitloer, deur kantgordyne en vertikale blindings, om die dorp se enigste gebeurtenis te aanskou. Sy skep diep asem en skuif die handvatsel sukkel-sukkel oop. Haar sykous haak aan ’n verlore draadjie. “Demmit,” mompel sy. Sy sug vir die oormatige onkruid, stap tot by die voordeur en lig haar vuis op om te klop. Nee wag, dalk is daar ’n klokkie. Die deurmatjie is deurgetrap en al wat nou daarop gelees kan word, is “el om”. Geen klokkie nie. Sy lig weer haar apatiese vuis en klop twee keer. Niks.

Nina het geweet sy maak ’n fout om hiernatoe te kom. Sy het lankal afskeid geneem van dié dorp en was vasberade om weg te bly. Sy sou nooit gekom het as haar sielkundige nie op haar skuldige gewete gespeel het nie, as haar ou net sou verstaan dat sy nie gehard is nie, net rusteloos. Tog staan sy nou by haar kleintyd se begin. Sy het vyf pitstops gemaak op pad Dingleton toe (al is dit net twee ure se ry van Upington af) – gedeeltelik omdat sy nie hier wou uitkom nie en gedeeltelik omdat sy nie in haar nuwe kar wil rook nie. Nou het sy al haar moed bymekaargeskraap, geklop, en hier staan sy voor dooiemansdeur. “Die nerve,” sê sy saggies vir haarself. ’n Man met ’n baard en overall oorkant die pad maak asof hy gras sny om nader aan die toneel te kom. Nina skud haar kop; gras het lankal ophou groei in dié plek.

Van iewers binne-in die huis begin iets beweeg, soos ’n beer wat uit hibernasie kom. ’n Deur gaan oop – die badkamer of slaapkamer s’n, sy kan nie mooi uitmaak nie. Dan hoor sy dit: die sleepvoete wat haar altyd laat droom het om meer te wees as waar sy vandaan kom. Die deur kraak oop soos in ’n riller. Agter die sifdeur staan ’n vrou, of ten minste dit wat oorgebly het van haar.

“Nina,” – haar stem sny deur die gaatjies van die siwwe – “is dit jy?” Magdalena, of Daleen soos die mense haar ken, maak die sifdeur oop. “Kom binne,” kwaak Daleen se stem weer.

Nina kyk na Daleen se verrimpelde bolip, haar yl hare, haar gordynlaprok en haar skaapwolpantoffels en sy oorweeg dit vir ’n oomblik om op te hou rook. “Ek wil nie inkom nie,” sê sy en sien die plotselinge teleurstelling op Daleen se gesig. Sy probeer haar stelling versag. “Ek bedoel, ek het nie baie tyd nie.”

Daleen glimlag teer. “Die water is klaar gekook vir tee,” sê sy.

“Nou goed, net ’n vinnige teetjie,” wankel Nina.

“Jy kan maar in die huis rook, jou oupa is nie meer hier om met ons te raas nie!” skree Daleen uit die kombuis.

Nina glimlag vir die eerste keer, tot haar oog die portret van haar ouma en oupa se troudag vang. ’n Bitterheid stoot op tot in Nina se keel en sy voel asof sy vlamme gaan braak. Sy moet hier uitkom, dit was ’n simpel idee. Sy wil sommer haar sielkundige klap wat hierdie saad in haar kop geplant het. Sy steek ’n sigaret aan om die naarheid te verdoof.

“Moet ek die melk warm maak?” gil Daleen.

“Nee … nee dankie Ouma,” sê Nina.

Haar ouma stap die sitkamer binne met ’n skinkbord en haar fensie koppies, nogal pierings en als. “Ek het nou net gewone tee in die huis en die suiker is op. As ek geweet het jy kom, sou ek vir Martie gevra het om my winkels toe te vat. Ek kry net nie meer tyd …”

“Toemaar Ouma, ek drink anyways nie suiker nie,” bieg Nina.

Die twee drink hulle tee in doodse stilte. Elke keer as ’n koppie op ’n piering neergesit word, breek dit die spanning soos ’n kind se gegiggel gedurende nagmaal.

“Dis vir ouma nogal vreemd dat my kind rook, jy het dan altyd gebrag jy gaan honderd-en-vyftig jaar oud word, ouer as tannie Bets op die hoek. Sy is so ’n paar jaar terug oorlede.”

Nina kry dit reg om ’n skewe glimlag te gee. “Ag, ek wou maar net cool lyk op kollege, Ouma,” sê Nina. Nina vat ’n groot sluk van haar tee. Sy probeer dink aan iets om te vertel, iets lig, soos ’n grappie. Nee, sy begin altyd by die punchline en dan neuk sy die hele ding op; sy was in elk geval nog nooit goed met grappe onthou nie. Sy kan vir haar ouma vertel van haar nuwe kêrel, maar dan vra sy weer te veel vrae oor trou en kinders kry. “Ek het begin skoolhou by ’n kleuterskool,” sê Nina.

Daleen sit haar vernielde oumenshand saggies op Nina se been.

“Jou oupa sou so trots gewees het,” sê sy.

Die bitter brand stoot weer op in Nina se keel, maar hierdie keer is dit nie net ’n gevoel nie. Sy gryp na haar mond en hardloop uit na die voorstoep.

“Kyk Mamma, daai tannie is siek,” sê die bure se kind wat oor die muur hang. “Klim af daar, Bianca!” skel haar ma. Twee derdes van Kwêsbokstraat staan nou en kyk. Die oom wat kamstig gras gesny het, stap nader. Nina se ouma staan by haar en vee haar rug. ’n Halfgerookte sigaret hang by Daleen se lip af. “Alles is reg dankie, Hennie,” sê Daleen vir die overall-oom. Teen nou het die hele beurt ontsnap uit hulle huise en staar met wasem-oë na Nina wat siek word op haar ouma se stoep. “My aarde,” sê Hennie se vrou Magriet, “dis mos Ninatjie – hallo Nina!” roep sy uit. Magriet was saam met Nina in Sishen op skool, so ’n jaar of wat voor haar. Nina het kollege toe gegaan en Magriet het terug huis toe getrek, totdat Hennie ’n appie op die myn geword het en Magriet (en hulle vier jaar oue kind) by hom kon intrek. Daleen steek nog ’n sigaret aan. “Julle kan maar ingaan, ons is nie die dekselse sirkus nie,” sis sy.

Nina se ouma sit ’n nat waslap op haar voorkop, maar sy ruk die waslap af, vee haar gesig skoon en trek haar hakskoen aan. “Ek moet gaan, Ouma, ek is jammer,” sê Nina.

“Jy het nou net hier aangekom,” kla Daleen.

“Ek het gesê ek sal nie lank kan bly nie,” sê Nina.

“As jy moet gaan, moet jy seker gaan,” sug Daleen.

“Jammer oor die voorstoep,” sê Nina.

“Ek sal dit later met die hosepipe afspuit, moenie daaroor bekommer nie,” sê Daleen.

“Ook maar goed so. Die tuin kort bietjie water, Ouma,” sê Nina.

Daleen kyk vir Nina stip aan. Iets hard verskyn in haar oë en die blou kleur verander na witgrys, soos dié van ’n songevlekte teerpad.

 “Jy wys vir ses jaar nie jou gesig hier nie en nou voel jy jy kan inset lewer oor my tuin?” vra Daleen.

“Ek moet gaan, Ouma,” sê Nina weer.

Nina stap by die deur uit, af in die begroeide paadjie tot by die tuinhekkie. Sy stop. Sy kyk terug na die gekraakte mure van haar ouma se mynhuisie. Sy sien hoe haar ouma die koppies uitspoel in die kombuis en dat sy nie eens opkyk nie. Hoe sy nogmaals maak asof alles doodnormaal is. Nina voel hoe haar hart begin klop en haar voete terug op by die paadjie stap, verby haar braak, tot by die deur. Dit voel asof haar liggaam oorgeneem het en sy nie meer beheer het nie. Terselfdertyd het sy nog nooit so sterk gevoel nie. Sy ruk die sifdeur oop.

“Het jy iets vergeet, Ninatjie?” vra Daleen.

Nina se oë blits, haar hande trek in vuiste en sy voel hoe haar keel droog raak. “Het Ouma geweet? Het Ouma geweet wat hy aan my gedoen het?” vra Nina.

Daleen was nog nooit ’n vrou van veel woorde nie; almal het altyd gesê sy is troumateriaal, want sy praat min en kook gereeld. Daleen het nie haar eie man gekies nie, al het haar pa haar so laat dink. Gerrit Loots was oorgenooi na Sondagmiddagete vir ’n maand lank. Daleen was sestien. Gerrit was amper dertig; hy het van jong meisies gehou. Hy was sterk op pad om die jongste mynbestuurder te word. Daleen en Gerrit het getrou. Dit was ’n mooi troue met baie mense. Daleen en Gerrit het twee kinders gekry. Dit was goed, almal was bly. Gerrit en Daleen se dogter het weggehardloop van die huis, maar darem het Gerrit en Daleen se oudste seun, Hannes, ’n dogtertjie gekry. Haar naam was Nina en Gerrit het nog steeds van jong meisies gehou.

The post Dingleton appeared first on LitNet.

Die psigiater

$
0
0

Vandat my linkerskouer flenters geval is tydens opleiding en diens vir volk en vaderland, gee dit my allerhande probleme. Nou veral, met die ouderdom gekombineer met jig, rumatiek en winterkoue, raak dit ’n ergernis.

“Dokter toe met jou, want met hierdie alewige geklaery kan g’n mens dit met jou uithou nie!” beveel die wederhelf.

Ons jare lange huisdokter was gou beskikbaar en met die instap vriendelik en bly om my te sien, want ons kom gelukkig selde daar.

“En hoe gaan dit?” wou hy weet nog voordat ons die spreekkamer instap. Dit bly altyd ’n moeilike vraag. Bedoel hy die laaste drie jaar sedert ek hom laas gesien het, of meer onlangs? Wou nog effens sarkasties sê: “As dit so goed met my gaan, sou ek mos nie hier gewees het nie,” maar bedink my en effens senuweeagtig prewel ek: “Nee wat, dokter Jannie (as ou kennisse noem ons mekaar op die voornaam; hy noem my Prof), eerste klas, dis net die ou ...” en nog voordat ek my sin kon voltooi, is ons die kamer binne.

Hy gaan sit gemaklik agter sy lessenaar en ek op die punt van sy minder gemaklike pasiëntestoel, en dan volg die gebruiklike vraag: “En waarmee kan ons vandag help?” Natuurlike heeltemal te fyngevoelig pla die “vandag”-gedeelte my onmiddellik, so asof ek net gister ook daar was. Die “ons” word gemoedelik aanvaar as gevestigde mediese spreekwyse.

“Man, dokter Jannie, ek het ’n skouer”, en beduie na die linkerkant en probeer Namakwalandse humor by die strak spreekkameratmosfeer inbring. Dit is duidelik dat doktersbesoeke en humor nie saamval nie, al het ek my verbeel dat die effense trek van sy linkeroog dalk ’n versteekte glimlag kon gewees het. Met ’n ewe gebruiklike “Kom laat ons kyk” word die skouer en arm ondersoek. Dit word gedraai, gedruk en gerek met die diagnose dat daar “inflammasie in die bursa is wat ’n subakromiale bursitis veroorsaak”, met ouderdom ’n bydraende faktor, darem niks ernstig nie. Ek knik instemmend en maak asof die tegniese terme vir my heel bekend is. Nog voordat hy sy voorskrif begin skryf, noem ek dat ek nog ’n skouer het.

Daarna het die besoek ’n onverwagse wending geneem. Hy het my reguit aangekyk met onsekerheid in sy oë en ongesiens sy skryfblok nadergetrek, ’n naam en adres in sy kenmerkende, byna onleesbare handskrif neergekrap en fronsend gesê hierdie persoon sal kan help. Die verwysingsbrief sal volg en direk aan die betrokke dokter gestuur word. Sonder ’n salfie of pilletjie of oplossing van die probleem is ek toe daar weg met net die simpatieke woorde “Sterkte en groete by die huis”.

Tuis, en met my onder die indruk dat die persoon na wie ek verwys is ’n skouerkundige is, kom die ontstellende nuus na ’n behendige en verrassende kort internetsoektog deur vroulief.

“Haai, dit is ’n psigiater in Somerset-Wes,” sê sy half opgewonde en sonder om oogkontak te maak. Tot vandag toe sweer ek (al sê my skoonma dat net vuil mense sweer) dat my vrou iets hiermee te doen gehad het.

Sonder om my teë te sit en te veel vrae te vra, en sodoende die vrede te bewaar is ek stiptelik volgens voorskrif by die kopdokter. Eintlik effens te vroeg, want ’n mens wil nie sommer met die intrapslag die indruk skep van ’n laatkommer of pasiënt met ’n traak-my-nie-agtige houding nie. Die spreekkamer is in ’n gerestoureerde Victoriaanse huis, een van vele in die ou hoofstraat. Die ontvangsdame is ’n stil mens. Haar toonbank is op ooghoogte en met ’n professionele glimlag en draai van die oë beduie sy my na ’n leë ry stoele. Dit is duidelik dat sy my verwag het. Die binnenshuise versiering is volgens die boustyl en ’n regop bentwoodstoeltjie lyk die gerieflikste onder die omstandighede. Dokter blyk ’n ervare man te wees en is reeds ’n geruime tyd in die bedryf volgens die tydskrifte op die koffietafel. Landbouweekblad kondig met trots die eerste opening van die sluise van die Katse dam in die Lesotho Hoogland aan en Huisgenoot se voorblad bespiegel oor die erns van die verhouding tussen ’n jeugdige Diana Spencer en heelwat ouer en ervare prins Charles.

Die enkele tjieng van ’n ou bankklokkie laat my aandag na die ontvangstoonbank verskuif.

En daar staan die psigiater! Lyk ook na ’n stil mens en reeds verdiep in die verwysingsbrief. Hy is aan die kort kant, maar geset en in die laaste deel van sy middeljare. Sy uiters konserwatiewe kleredrag met effens verslete alma mater-das pas by die styl van die meublemente. Die sout-en-peper-baard met swartraam-halfmaanbril laat hom lyk soos ’n kruising tussen Sherlock Holmes en Sigmund Freud. Die kromsteelpyp rond sy beeld af en wink my nader. Die ontvangsdame se flou glimlag en bekommerde trek wys dat sy ook die verwysingsbrief gelees het. Nog ’n wink van die kromsteel beduie my na die ingang van sy kantoor.

Die vertrek is indrukwekkend en ruik na Rum and Maple-tabak. Ruim, die beligting skemeragtig gedemp en tesame met sagte agtergrondmusiek, dalk Liszt of laat Rachmaninoff, skep dit ’n omgewing van kalmte vir die ontstelde en onstuimige gees. Op die kant van die onnatuurlik netjiese, massiewe kiaathoutlessenaar staan, byna voorspelbaar, miniatuurbronsreplikas van Albrecht Dürer se biddende assebliefhande wat lyk soos die Sanlam-logo en die beswaarde denker van Rodin. Duidelik dat die dokter ook ’n diep en geestelike mens is. Sentraal is daar ’n reuse gedraaide agaatbak gevul met as, halfverkoolde tabak, pypskoonmakers en uitgebrande vuurhoutjies. Net langsaan staan ’n ronde, verweerde Ouma-se-wattee-blik, waarskynlik om sy voorraad tabak vars te hou.

Die tradisionele psigiaterrusbank staan reg teenoor die lessenaar, maar met ’n verskil. Dit is ’n chaise en in my verbeelding sien ek flitse uit Charlie Chaplin-flieks met ’n nimfagtige jong dame in ’n lang half deurskynende gewaad uitgestrek op die bank. Haar linkerarm ondersteun haar edel hoof met pypgekrulde donker hare. Die regterarm is bo haar uitgestrek en ’n tros blouswart druiwe met korrels so groot soos dié uit die Beloofde Land dartel voor haar soekende lippe. Die vrugtebak op die kanttafeltjie is tot oorlopens toe vol met eksotiese vrugte.

’n Effens ongeduldige wink van die pypsteel beduie na die chaise en bring my terug na die werklikheid. Op die kanttafeltjie is ’n familiegrootte-houer met Twinsaver Rainbow-snesies. Hier word duidelik baie gehuil en min gelag. Nog voor ek kon sit, wys ’n dubbele wink van die pypsteel dat daar gelê moet word. Soos ek geleer is as kind, is skoene op die bank ontoelaatbaar en vroulief het toevallig seker gemaak dat my sokkies nie ’n onpaar is of dalk ‘n groottoongaatjie in het nie. Die vraag is toe hoe maak ’n mens jou gemaklik op so ’n rusbank sonder om die dokter aanstoot te gee. Die uitlokkende nimfhouding sal die indruk skep dat die draak gesteek/gekoggel word met sy meublement, terwyl beide hande agter die kop en gesig wat na die versierde plafon staar, belangeloosheid of selfs slaperigheid aandui. Die begrafnishouding met hande oor mekaar gevou op die laermaaggedeelte kan gesien word as totale afwesigheid en word nie oorweeg nie. Gelukkig onthou ek van die geel papiertjie in my broeksak wat vroulief my gegee het en dit bied uitkoms. Dit word byna ongesiens oopgemaak en bevat ’n lysie van onbeantwoorde vrae oor die gedrag van die pasiënt wat aan die dokter gestel moet word, so tussendeur die behandeling. Dit is lywig met ’n sweem van desperaatheid en toon duidelik dat ons verby mekaar leef. Nogal skokkend.

Intussen het die psigiater stelling ingeneem agter sy lessenaar en begin met die voorbereiding van sy pyp vir die volgende stopsel. Dit is ’n genotvolle ritueel. Die klein lemmetjie van sy Joseph Rodgers-sakmes verwyder die ou tabak en as, pypskoonmakers absorbeer die ou olie uit die steel en reservoir. Die teeblik word nader getrek en vars tabak word met ’n ervare geelswart duim en wysvinger gestop. ’n Enkele vuurhoutjie steek die pyp aan. Daar word hewig gesuig aan die steel en blou rook word die lug ingeblaas.

Na so ’n paar ekstradiep teue sit Dokter agteroor en maak sagte knorgeluidjies soos ’n tevrede speenvarkie. Deur die hele langsame proses bly hy gefokus op die verwysingsbrief terwyl die linkeroog af en toe wegbreek om die stopritueel te lei. Aanvanklik het ek gedink dat dit my verbeelding is, maar soos die besoek gevorder het, was die wandelende oog meer duidelik. Daar is gereeld gedraai na ’n pragtige outydse Gelderse muurhorlosie met ’n hipnotiserende pendulum om die tydsverloop van die besoek dop te hou. Hierdie verkleurmannetjietalent van onafhanklike oë rol en draai is nie ’n genetiese afwyking nie, maar duidelik aangeleer en was dalk deel van die kursus mediesepraktykbestuur, dink ek hoogs geïrriteerd.

Terwyl die blou rook die kamer vul, raak die psigiater al hoe meer verdiep in die verwysingsbrief. Dit blyk ’n ingewikkelde geval te wees. Soms klink dit of hy onsamehangend hardop lees en ander kere beduie hy met die pypsteel in die lug asof hy denkbeeldige notas maak. Af en toe skud hy sy kop in ongeloof en dan weer stem hy kennelik saam met die skrywer. Die ontvangsdame sweef die vertrek gebukkend en geruisloos onder die rookskerm binne. Sy fluister, sonder om die byna gewyde atmosfeer te verbreek, dat ek ’n vraelys sommer so in die lê moet voltooi. Dit bestaan uit ’n vasvra met vyftig hoogs persoonlike, dubbelsinnige vrae oor my karakter (hulle gaan my met iets uitvang, dink ek) wat Dokter dan saam met die brief gaan interpreteer. Die resultaat was gou beskikbaar – dalk het ek die toets gedruip of was dit maar net ’n algemene en eenvoudige geval.

Nog ’n paar diep teue aan die pyp, keel skoonmaak en met die brief en vraelys voor hom maak hy vir die eerste keer oogkontak. Dit lyk of daar vordering gemaak gaan word. Deur middel van ’n paar onverwante vrae, soos van watter geur roomys ek hou, en watter dag dit is en hoe lank ek met my huidige vrou getroud is, en as strikvraag wie die Springbokkaptein in 1964 teen die Franse was, maak hy seker ek is by my volle positiewe en die ene aandag. Die eerste drie vrae was maklik, maar ek het geaarsel tussen Dawie de Villiers en Hannes Marais vir die laaste een. Duidelik dat Dokter behalwe sy pyp ook ’n sportliefhebber is. Uiteindelik gemeenskaplike grond. Wou nog met ’n teenvraag kom of hy weet vir wie Mannetjies Roux disnis geloop het van die Britse Eilande-toerspan in 1968, maar die gesprek het gou verskuif na die meer ernstige rede vir my besoek.

Die formele kernvraag word byna uitgespel soos met iemand in ’n oudisie as radio-omroeper en gevolg deur ’n lang stilte terwyl hy my intens aankyk: “Nou sê my, Professor, wanneer het u vir die eerste keer agtergekom dat u twee skouers het?”

Dit was snaaks, baie snaaks, en ek het hom ongelowig met ’n glimlag om my mondhoeke aangekyk. Hy het nie so gedink nie en driftig kort kantnotas oor my reaksie op die verwysingsbrief gemaak. Wat antwoord ’n mens op so ’n vraag – is dit nog ’n toets? ’n Vloed van sarkasme spoel oor my, maar ek is te bang om my mond oop te maak – dit kan dalk net my saak vererger.

Na ’n oneindige stilte word die pypsteel in my rigting gedraai en liggies op en af beweeg asof om te sê: “Nes ek vermoed het: sprakeloos, tipies van so ’n komplekse geval.” Na diepe, geforseerde denke en oë gefokus op die outydse horlosie wou my goedgeformuleerde antwoord op die vraag net mooi op dreef kom. Die getjieng van die bankklokkie en die wink van die pypsteel na die kantoordeur het egter ongelukkig die einde van die spreekuur aankondig.

Die duidelik bekommerde ontvangsdame was reeds besig om opvolgbesoeke op sulke klein kaartjies in te vul toe ons by die toonbank aankom. Met ’n bemoedigende glimlag word ek na die voordeur met sy kleurvolle glasinlegsels beduie. Effens oorbluf deur die gebeure die afgelope uur skrik ek effens toe daar ’n tenger vroutjie ontvangs binnekom. Haar geel geblomde rok is twee nommers te groot en sy lyk verwaarloos en afgemat. ’n Nat sakdoek word krampagtig vasgehou en effens verbouereerd skuifel sy na binne met oë grondwaarts gekeer.

“Middag, Alettie, en hoe gaan dit vandag?” word sy gegroet deur ’n nou vriendelike en spraaksame ontvangsdame. Alettie was kennelik al voorheen hier gewees. Sonder om te antwoord beweeg sy reguit deur na die psigiater se kantoor. Sy ken die pad na die Rum and Maple-berookte skemerte met sy sagte agtergrondmusiek wat seker al oorbekend is. Die wandelende oog, rigtinggewende kromsteelpyp en opsteekseremonie hinder seker nie meer nie en die gesinsgrootte-Twinsavers is dalk net vir haar bedoel. Gelukkig is sy in ’n veilige ruimte as ’n onwaarskynlike nimf op ’n chaise waar smarte van die onrustige gees aangehoor en hopelik verlig gaan word.

Daar is stadig teruggery Stellenbosch toe. Die geel geblomde rok vars in my geheue en die lysie met die vele onbeantwoorde vrae op die geel papiertjie nou belangriker as ooit. Die tweeskouerprobleem is ’n nietigheid, en was seker maar ’n middel tot ’n doel. Net jammer die afwesigheid van ’n sin vir humor het die saak gekompliseer. Dalk moet dit deel word van praktykbestuur saam met onafhanklike oogkoördinasie in die mediese kursus.

The post Die psigiater appeared first on LitNet.

Uit die kussings lig

$
0
0

Ek voer haar ontbyt. Hawermoutpap, happie vir happie. Ek vee haar ken met ’n klam waslap af. Dis asof ek teerder, geduldiger is ná die kussingvoorval. 

In die boog van haar hooghartige nek huiwer die skadu van die skoonheid wat sy eens was. In die dae toe almal van ons – ek, my broertjie en my pa, ja selfs die huiskat – haar bewonderaarsklub was, haar rasieleiers, haar pom-pom-poppies.

Ek lyk na my pa, maar die look werk beter in ’n man: groot kop, dun hare, klein, nadenkende ogies, geen nek om van te praat nie. Net my broertjie het haar skoonheid en haar swaannek geërf. En haar sjarme. En haar honger na die bewondering van mans. En wie voer haar oats en dep die kwyl van haar ken af? Nie hy nie. So is die lewe.

Ek en my pa was nooit opgewasse teen haar nie. Ons het vrede heeltemal te lief. As jy reïnkarnasie die skuld wil gee, was ons vier in vorige lewens haar onderdane. Die fut en veggees het ons millennia gelede verlaat. My pa het haar in hierdie lewe op die hande gedra en tot in die afgrond bederf tot hy, in der dagen sat, die handdoek ingegooi het. Die gees gegee het. Sy het hom doodgeleef. En vir my.

Ek het nooit die huis verlaat nie. Ek het nooit selfvertroue of ’n selfbeeld ontwikkel nie. Daar is ’n lewensdrang wat ontbreek. ’n Woede. Verontwaardiging. As ek ’n gas-geyser was, kon jy sê my vlammetjie brand laag. Ek is haar sipier, haar laksman, haar nurse en haar vroedvrou. En daar is geen voornaamwoord waarmee ek haar mag aanspreek nie. Ek vind troos in stysel en suiker.

Die huis waarin ons woon, is ’n herehuis waarvoor my pa hom krom gewerk het. Dit was afbetaal, maar intussen is dit vrot van die verbande. Ons bly op die boonste vloer. Onder woon die loseerders, haar gabbas, haar bewonderaars. My pa is twintig jaar gelede oorlede, toe die nadraai van haar tydlose skoonheid nog soos ’n sweem parfuum om haar gehang het. Hy het sy geld in ’n trust nagelaat in die hoop dat dit sou hou. Ek is die begunstigde, sy die rentebegunstigde. My broertjie was voor my pa se dood reeds baie welgestelder as my pa en het reeds sy regop rug op ons gekeer. Die prokureur met wie sy ’n verhouding gehad het, het onregmatiglik reusebedrae na haar rekening laat oorplaas. Op die rente van wat oorgebly het ná haar oorsese reise en plastiese chirurgie leef ons, net-net, met haar chroniese medisyne, volwassene-luiers en die huisverband ’n oop drein.

My broertjie het ’n sakeryk gevestig as stylghoeroe. Hy is ’n handelsmerk, ’n huishoudelike naam. Hy besit skoonheidsreekse en winkels en het sy eie TV-program. Hy het van haar geskei, wettiglik. Sy cramp sy style, glo. Hy het die krane toegedraai en handhaaf geen kontak nie. Hy sal my nie op straat groet nie, wat staan nog ’n makeover gee.

Daar was glo nie geld vir my om te gaan studeer nie. Ek het eers by prokureurs gewerk, maar om haar op te pas, is ’n voltydse werk en ’n uitgawe waarvoor sy nooit begroot het nie. Sy is al oor die negentig, skerp soos die lood van ’n pacer, ’n meganiese potlood. Sy het geen voorneme om die aftog te blaas nie. Sy sal vasklou met haar persbeaarde hande waarvan die vingers nog lank en elegant is. Sy het nie ’n rakleeftyd nie.

Dis tog asof die dinamika tussen ons effens verander het ná die kussingepisode. Asof die wipplank eindelik grondwaarts begin neig, in my guns. Die gevoel van mag benewel my en maak my bang. Dis asof ek nou iets anders in haar oë sien: nie vrees nie, maar … iets wat grens aan respek. Ons praat nie oor die voorval nie.

Met haar enkele besoekers, die loseerders en die droesems van haar bewonderaarsklub, het sy skynbaar ook nie daaroor gepraat nie. Miskien sal dit haar sleg laat lyk, weerloos, onbemin, nie in aanvraag nie.

Soms is ek steeds nie seker of dit ’n droom was nie. As ek daaraan terugdink, voel dit heeltemal onwerklik. Ek was by my volle verstand, kalm, nie verblind of in ’n waas van woede soos mense dikwels in die hof pleit nie. Daar was geen suising in my ore nie en ek het presies geweet wat ek doen. In my arms en hande wat die kussing afdruk, was die krag van jare en jare se vernedering. Maar die krag het my arms abrup verlaat; dit het eenvoudig weggesypel soos die moed van my oortuiging. Die kussing het uit my greep gegly en langs haar gesig gaan lê. Ek en my pa is swakkelinge met dun hare en ronde skouers.

Ek en sy het in elk geval lankal ophou praat. Daar is niks oor om te sê nie. Sy praat met haarself: lang, intelligente gesprekke in haar gemoduleerde stem, met argumente en teenargumente.

Ek en sy is mekaar se lot. Ons albei ly teen dié tyd aan Stockholm-sindroom. Ons is soos geslane vroue: te skaam om uit te praat, skaam om deel van so ’n vernietigende, verfoeilike dinamika te wees.

Toe sy jonk en magtig was, toe ek haar nog liefgehad het, het sy al haar rojale uitgawes aan klere, skoene, skoonheidsprodukte en reise – dit terwyl daar glo nooit geld was om my skewe tande te laat korrigeer nie – só geregverdig: “Jou beurt sal kom.” Dit het nie. Gekom nie. My beurt.

Toe ek jonk was en per geleentheid “onnatuurlik” geheg geraak het aan ’n vriendin of twee, het sy met die volle inset van haar formidabele persoonlikheid die verbode liefde tussen vroue vergat, verdoos en verdag gemaak, dag vir dag. Sy het selfs die skadu van die moontlikheid van ’n verhouding vir my in die kiem gesmoor. Met mening. Sy het my hart doodgewurg, die lewelose ding nog ’n draai of twee gegee, dit in die stof laat val, haar vingers vies afgeskud en die pap gemors onder die hak van haar stiletto vergruis. So, ja. Sy hou nie van vroue nie. Sy hou van mans. As geselskap, speelmaats, platoniese vriende, minnaars. Alles. Wat is ek?

Maar iets donker en naamloos is aan die groei in my. ’n Verset. Doodgebore en mosterd na die maal, maar lelik en verbete. Soos my skewe tande. Ek weet sy sukkel met haar tande en met peristalse, maar ek het weer begin om rosyne saam met haar hawermoutpap te kook. Selfs ’n heel amandel of twee. Dis ’n kwessie van tyd.

Vanoggend toe ek haar voer, gebeur dit. Sy stik. Haar gesig word rooi en toe pers. Haar oë peul uit. Hulle is briesend. Daar is niks smekend in haar oë nie, daar is net woede. Sy is heeltemal te trots om te smeek. Ek hou haar asof van ver dop. My arms hang lam en slap langs my sye. Só het sy my nog altyd laat voel. Magteloos. Ek tel tot tien. Twintig.

Dan, asof in ’n droom, gaan staan ek agter haar en voer die Heimlich-maneuver uit. Die amandel skiet oor die lengte van die vertrek. Sy word slap in my arms, maar sy haal asem. Ek gaan haal die waslap en dep haar gesig. Teer.

Ek en Mamma is mekaar se hel.

The post Uit die kussings lig appeared first on LitNet.

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes

$
0
0

Naby ’n groot bos het daa ’n arm houtkappe en sy vrou gebly, saamit sy twie kinners. Die seun se naam was Hansie ennie meisie se naam was Grietjie. Hulle was baie arm en het maa gestruggle om te iet elke dag. Somtye wassit soe bêd dat daa nie ees brood was om te ietie. Die houtkappe lê een aand innie bed langs sy vrou en lê en dink an ’n plan om kos innie huis te kry vi sy vrou en kinners. Hy’s onrustig innie bed, en sy vrou wiet toe nie wat om te maakie, wannie houtkappe draai ees dié kant toe dan daai kant toe. Uiteindelik draai hy op sy rug en lê en kykie ceiling an. Hy sug toe en sê vi sy vrou, “Wat gat van ôs raak? Ôs kannie ôs se kinners kos gie nie, en wanne hulle kla geïet het, is daa niks oo vi ôsie. Wat gat van ôs raak?”

Sy vrou, wattie stiefma vannie kinners was, antwoord hom en sê, “Ek sal jou sê wat ôs gat maak, my man. Ôs gat more-oggend vroeg die kinners innie bos in vat, daa wat dittie dikste is. Ôs gat ’n vuur maak, en ôs gat vi hulle elkeen ’n stuk brood gie. Dan los ôs hulle allien daa en gat doen ôs se wêk. Hulle sal nooitie pad trug huis toe kry nie. En dan is ôs velos van hulle.”

“Nooit, my vrou! Is djy dan mal?” sê die houtkappe toe. “Ek kan dit nooit in my hart kry om soe iets an my kinners te doenie, en om hulle net soe daa innie bos te los. Wat vannie wille diere? Djy is rêrig mal in jou kop om soe te dink. Wat assie wille diere hulle opvriet?”

“Djy’s darem baie dom,” sê sy toe; “dan moet ôs al vie maa honger kry. Djy bieterie doodskiste beginte maak.” Die houtkappe se vrou het hom toe in vriede gelos totdat hy self ingestem het.

“Ek voel soe sleg. Ek kry my arme kinners baie djamme oo wat vi hulle wag,” hettie houtkappe gesê.

Die twie kinners konnie annie slaap raakie, wan hulle honger maagde wou nie ophou kreen en kermie. En hulle het toe alles gehoo wat hulle stiefma vi hulle pa gesê het. Grietjie was soe hartseer en bang dat sy nie kon ophou huilie.

“Dis koebaai-meraai vi ôs, Hansie. Hoe gat ôs nou maak?” het Grietjie getjank.

“Djy! Sjjj! Hou jou mond Grietjie. Sy hoo netou djy’s wakke,” sê Hansie toe. “En moetie warrie nie. Ek sal an iets dink om te doen.”

Hansie het gewag totdat hy hoo sy pa en sy stiefma snork, toe het hy vinnig sy jassie angetrek en gou by die agtedeu uitgeglip.

Die maan het helde geskyn soes daglig, ennie wit vuuklippies wat voo hulle huis gelê het, het soes stukkies silwe innie maanlig geskyn. Hansie het toe gebuk en sy jassie se sakke vol vannie vuuklippies geprop. Hy’t toe trug innie huis gegan en vi Grietjie gesê, “Moetie warrie nie, Grietjie. Ôs gat orraait wies. Gat slaap nou. Djy sal sien, wan ek het ’n plan. God sallie vi ôs net soe lossie.” Hansie het toe in sy bed in geklim en geslaap.

Toe dit beginte oggend wôd, net voorie son opgekommit, hettie houtkappe se vrou die twie kinners wakke gemaak.

“Staan op! Bleddie leigatte! Julle dink julle kan net soe lê-lê tot watter tyd innie dag. Ôs gat vedag innie bos hout gat maak.” Sy druk toe ’n stuk brood in hulle hanne, een stuk brood in Hansie se hanne en ’n nogge stuk brood in Grietjie se hanne. Sy sê toe, “En moet nou nie uitgevriet wiesie. Dis julle aandkos, en julle mag dittie iet voo daai tytie. Wan daa issie noggie.”

Grietjie hettie brood onner haa vooskoot gedra, wan Hansie se sakke was vol vannie wit vuuklippies wat hy die vorige aand opgetel het.

Hulle het toe amal by die huis uit gestap, die houtkappe met sy byl en ’n lang stuk draad ommie hout mien vas te maak, ennie houtkappe se vrou met ’n kleinere byl en ’n mandjie oo haa arm, met ’n stuk brood en ’n bottel water in. Sy het heel voo geloep, haa man agte haa, Grietjie mettie stukke brood onner haa vooskoot en Hansie heel agte.

Hulle hettie te vê gestappie, toe stop Hansie en draai en kyk na die huis toe. Hy’t dit anmekaa gedoen totdat sy pa vi hom gevra het, “Hansie, soek djy iets? Djy moet oppas djy val netou as djy nie kyk waa djy stappie. Soe, kom nou! Die dag raak oud en ôs moet begin hout maak.”

“Ai, Deddie,” sê Hansie toe. “Ek kyk na my wit katjie wat oppie huis se dak sit. Kyk Grietjie, dis ampe soes hy vi my baai sê.”

“Djy’s darem rêrig dom!” sê Hansie se stiefma vi hom; “dissie jou kat daai nie, dissie son wat tienie skoorsteen skyn.”

Maa natuurlik was Hansie nie biesag om na sy katjie te kykie, maa hy was biesag om elke kee ’n wit vuuklippie innie paadjie te gooi soedat hulle wee die pad huis toe kan kry.

...

Vevolg volgenne maand

The post Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes appeared first on LitNet.

Full circle

$
0
0

Sundeeka Mungroo

Lisbeth felt the first severe wave of pain roll over her. It started in her belly, but she felt it penetrate every cell in her body. Every tiny little hair on the surface of her skin stood on end and she screamed out loud. Her water had broken ten minutes before, but she knew there was still a lot more anguish to go through before it could get here. It. The baby. Something that nobody knew about, something that she’d kept hidden for seven months now. She’d had to. A pregnancy would’ve ruined everything for her. She wouldn’t have got a full scholarship to one of the best colleges in the country, nor would she even have been able to face going back to school. So, she’d hidden it. At first, she hadn’t thought she would be able to, but as the months had gone by, she’d carried the baby quite low, so she hadn’t shown much. Coupled with big, baggy sweaters and a permanently held book in front of her stomach, she’d gotten away with it. Now, as she lay in the back seat of her car, she wished she’d told someone; then she could’ve gone to the hospital and this pain wouldn’t be so bad. The labour was premature, and she knew the baby would need help once it got here, but it was too late now. With one last horrific scream that filled the empty car park, she pushed the tiny human out into the world. The baby’s face was blue. Lisbeth cleared the fluid from the mouth and slapped its bottom a few times, like she’d read to do. But the baby still wouldn’t breathe. With tears pooling in her eyes, she waited a few more minutes. Even though she knew that it was already dead. She wrapped the baby in her old sweater and left it next to a pile of trash bags. And if she hadn’t been in such a hurry to get as far away as possible, she would’ve first checked the one pocket of that sweater. For right at the bottom was an old, squashed receipt with a distinct “Lisbeth B” printed on it.

*

“Miss Bass? Did you hear me?”

Lisbeth shook herself out of the memory that often ambushed her thoughts. “Sorry, Lanie, what did you say?”

“I said the new girl from the temp agency is in the lobby. Should I let her up?”

“Oh. Yes, please do. And bring in some coffee.” Lisbeth looked around her dishevelled office that had been screaming for help for months now. A new assistant would be very welcome here. Lanie was doing her best, but it was obviously getting too much for her. There was a knock on the door and a young girl entered. She looked about 19 and was very pretty, with dark hair that fell to her waist and deep brown eyes.

“Hi, you must be Macy. I’m Lisbeth. Glad you could make it,” she smiled at the girl.

Macy smiled back and shook Lisbeth’s proffered hand. “It’s great to finally meet you,” she said, sitting down at the desk.

“Finally?”

“Yes. I’ve been following you for a while.”

“Um, following me?”

“Your work, I meant. Following your work. I’ve read all your articles,” giggled Macy, breaking into a grin.

“Oh. Right,” Lisbeth said with a grin of her own. “Is journalism something that you’d like to do?”

“Definitely! Though I doubt I’d ever be as great as you. You’re so famous.”

“Oh, nonsense,” Lisbeth blushed. “Not that famous!”

“Are you serious? You have success in spades. I bet you don’t even have any regrets.”

Lisbeth glanced at the girl, whose eyes had suddenly grown hard and cold. “Of course not. Regrets and success don’t mix. It’s one or the other,” she said, with a bright smile and a downcast gaze.

*

A month later, Lisbeth’s office looked a lot better. Macy was organised and efficient, and took initiative to do things that Lisbeth had never even asked of her. In short, she was the perfect assistant. Lisbeth came back to the office one afternoon, however, and saw Macy crying at her desk.

“Macy? What’s wrong?”

Macy looked up with red-rimmed eyes and a streaming nose. “Oh, it’s nothing. Stupid guys, you know,” she sniffed, wiping her nose with the back of her hand.

“Oh, you poor thing. Here,” Lisbeth cooed, handing over a tissue.

“Thanks, Lisbeth. Do you think you could give me a ride home tonight? He was supposed to fetch me. But now …”

“Of course. We could go now if you want?” she offered. Macy smiled and nodded dumbly. She picked up her bag and followed Lisbeth downstairs.

*

When they got to the apartment, Macy offered Lisbeth a glass of wine upstairs.

“I really shouldn’t. I have a few meetings to get to back at the office,” Lisbeth smiled apologetically.

“Oh, come on. You can have a coffee, then. I’d just … rather not be alone right now,” Macy replied, her lip trembling. Lisbeth glanced over at the girl, who, in many ways, reminded her so much of herself, sighed and got out of the car. She could spare time for a coffee.

*

Lisbeth looked around the living room while Macy made the coffee. She spied a framed photo on the mantelpiece and went over for a closer look.

“Is this your boyfriend?” she asked, edging closer for a better look. Macy quickly glanced up from the small kitchen counter and rushed over to where Lisbeth stood. She picked up the photo and slammed it back down, face first. Lisbeth took a step back in shock.

“Sorry,” Macy said, ashamedly. “It’s just that I’d rather not look at him or talk about him right now.”

“Oh, no, I completely understand,” Lisbeth said, making herself comfortable on the couch. “You know, when I was your age, there was a guy who hurt me, too. It gets easier.”

“Does it? So, what happened with this guy?”

“Oh, gosh. Nothing worth rehashing, really,” Lisbeth replied dismissively. She took a big gulp of lukewarm coffee. It was terrible. It left a bitter tinge on her tongue. She swallowed the rest of it and stood up to leave. Then quickly sat back down. Her vision had doubled and Macy’s face had suddenly morphed into a smudge. She vaguely heard a doorbell being rung. Or was it the telephone? It must’ve been the door because just before everything went black, Lisbeth glanced up to see Macy opening the door and letting someone in.

*

She woke up, tied and lying face down in the back seat of her car. Macy was in the passenger seat and a young man was driving. The car suddenly stopped and they both turned around to look at her.

“You’re awake,” Macy said, with a sardonic smirk. “This is Brian, my boyfriend.” The young man got out of the car and came around to the back seat. He hoisted Lisbeth into a sitting position and crouched down in front of the open door. Even in her disoriented state, Lisbeth immediately recognised where she was. It was the same car park. She looked down at the boy sitting in front of her. He couldn’t have been more than 17. The same age she had been the last time she was here. The boy had fair, curly hair and emerald green eyes. If it hadn’t been for the masculinity of it, Lisbeth could’ve sworn she was looking into a face that was the splitting image of her own.

“Y-you … it’s not possible,” she stuttered, her breath catching in her throat. The boy smiled serenely and caressed her cheek with one hand.

“Hello, mother,” he said, as his other hand came around and plunged a knife deep into her stomach. As the pain rolled over her entire body, he picked her up as if she weighed nothing, and threw her into a trash pile, as if she meant nothing. And as she slowly bled out under the rotting, reeking garbage, Lisbeth’s eyes pooled with tears, and she knew this was the least she deserved.

The post Full circle appeared first on LitNet.


Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2)

$
0
0

Deel 1

Toe hulle innie middel vannie bos gekommit, het Hansie en Grietjie se pa vi hulle gesê om stukkies hout op te tel om ’n vuu te maak om hulle warm te hou. Toe hulle genoeg hout bymekaa gemaakit, het hulle pa die vuu angestiek. Toe die vuu lekke hoeg brand, het hulle stiefma gesê: “Nou kô lê nou hie langsie vuu en rus ’n bietjie. Ek en julle pa gan gou ommie hout te gat kap en wanna ôs klaa is, dan sal ôs julle kô haal.”

Hansie en Grietjie het toe maa langs mekaa byrie vuu gat sit, en toerit mirrag is, toe iet hulle elkeen die brood wat hulle stiefma in hulle hanne gesit het. Hulle het heeltyd gedink dat hulle pa is nog innie bos, wan dit het geklink soes hulle die gekap van hulle pa se byl gehoorit. Maa dit was maa net ’n uitgedroegde tak wattie wind anmekaa tien ’n boem gelat slattit. Hulle het vi lank daa voorie vuu gesit, ennie vuu was soe lekke warm dat hulle lateran vas annie slaap geraakit.

Toe hulle uiteindelik wakke geskrik het, was dit al aand al. Grietjie het toe beginte huil en sy vra toe vi Hansie: “Nou hoe gat ôs nourie pad huistoe kry?”

Maa Hansie het haa stil gemaak en gesê: “Moetie wharrie nie, Grietjie. Ôs sal byrie huis uitkô. Ôs moet net wag virrie maan om uit te kô dan sal ôs ôs se way huis toe kry.”

En toe die vol maan sy kop uitgestiek het, het Hansie sy suste byrie hand gevat en die stukkies vuuklippies gevolg wat hy innie bospaadjie gegooi het. Hulle hettie hele nag die vuuklippies gevolg, en toe die son opkô, toe kô hulle uiteindelik by hulle pa se huis uit. Hulle het annie deu gat klop.

Hulle stiefma het toe die deu oepgemaak en toe sy sien dat dit hulle was toe sê sy:

“Jinne, is waa! Julle kan oek julle eie goed anvang! Hoekô het julle soe lank innie bos gebly? Ôs het gedink julle gat nooit wee huis toe kommie!” Maa hulle pa was bly om hulle te sien. Wan sy hart was in stukke toe hy sy kinners innie bos moes los.

Dit wassie lank daana nie, toe is daa wee ’n groot skaarste van kos in daai dele vannie land. Die kinners het innie aane gehoo hoe hulle stiefma by hulle pa gekla het: “Alles is op. Daa is nog net ’n halwe brood oo, en wanne dit op is, dan wiet ekkie wat om te maakie. Die kinners moet weg gan. Dié kee vat ôs hulle dieper die bos in. Op soe ’n manier sal hulle nie hulle pad wee kan trug  kry huis toe nie. Daa is niks anners wat ôs kan maakie.”

Hansie en Grietjie se pa het soe hatsee gevoel. Hy sê toe: “Maa hoekô moet djy soe wies. Ôs sal tog wee kos kry wanne die brood op is. Dis tog bieter ommie brood te deel dan ommie kinners wee innie bos te gat los.”

Maa die stiefma wou niks hoo wat hy sê nie en sy’t hom beginte skel. “Wat is dan dié kee vekeerd? Djy het dit een kee gedoen, soe djy sal dit wee doen.”

Maa die kinners was nog wakker en het alles gehoo wat hulle pa en stiefma gepraat het. Toe hulle ouers annie slaap geraak het, het Hansie wee opgestaan om vuuklippies buite te loep optel. Maa toe hy byrie deu kô, toe hettie stiefma dit gesluit. Hy’t maa trug bed toe gegan wat hy en Grietjie gedeel het en haa loep troos. “Moetie wharrie nie, Grietjie. Kô ôs gat slaap. Djy sal sien God sal ôs help.”

Vroegie volgenne oggend hettie vrou opgestaan ennie kinners uitie bed uit getrek. Sy’t hulle elke ’n stukkie brood gegie, nog kleiner dannie eeste kee. Hansie hettie brood in stukkies gebriek in sy sak en soes hulle geloep het, het hy time-en-again het hy gat stop om ’n stukkie brood innie paadjie te gooi.

“Hansie, vi wat gat stop djy elke kee? Wat is daa agte jou wat djy kyk?” vra sy pa hom toe.

“Ek kyk die duif wat oppie dak sit. Dis ampe soes hy vi my ghoebaai sê,” antwoord Hansie toe.

“Waa sien djy ’n duif?” vra sy stiefma toe vi hom. “Maa oek lekke dom, nuh! Ienige mens kan sien dis die son wat tien die skoorstienpotte skyn.”

Maa Hansie hettie vi haa kop toe gevattie, en vêder angegan ennie stukkies brood soes hulle geloepit innie paadjie gegooi.

Die slegte vrou hettie kinners diep innie bos in gevat. Daa wat hulle nog nooit in hulle liewe wassie. Daa was toe wee ’n groot vuu gemaak, en toe sê die stiefma: “Nou sit nou rustig hie, en wanne julle moeg is kan julle maa slaap. Ôs gat hout kap, en later namiddag wanne ôs klaa is, en gereed is om huis toe te gan, dan sal ôs julle kô haal.”

...

Vevolg volgenne maand

 

Lees deel een:

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes

The post Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2) appeared first on LitNet.

Wholeworld

$
0
0

Dis wanneer sy met Buitenkantstraat afry dat Lisa by Caledonplein die man op die oorkantste sypaadjie sien. Starend voor hom beur hy teen Kaapstad se middaghitte, ’n blou plastieksakkie in die hand.

’n Blok verder hou sy by ’n rooi verkeerslig stil en klik haar flikkerlig na regs aan. Die man is al so te sê uit haar gedagtes. Sy is op pad Woodstock toe om wol en breipenne te koop. Dis nou al hoe lank dat sy uitstel om die trui vir haar seun klaar te brei.

’n Ander man trek nou haar aandag, een wat hier digby haar oop motorvenster verby ’n vrou skuur. “Girl, ek smaak jou kwaai,” sê hy vir die vrou.

“Fokkof. Fokkof, jou stink moer.” Met haar elmboog stamp sy hom in die heup voordat sy op haar goue hoë hakke voortwankel.

“Oooeee, jirrrre, jy’s darem difficult vandag,” lag hy haar agterna.

Voordat die vrou om die hoek verdwyn, gluur sy om en skel: “Kyk hier jou stuk robbies, as ek die Jirre was, het ek jou al lankal in ’n pispadda in verander.”

Die verkeerslig bly rooi. Lisa is geïrriteerd. Sy’s nie aanmekaargesit vir wag nie.

In die truspieël sien sy die man met die blou sakkie by wie sy pas verbygery het. Hy trap nou onvas van die sypaadjie af. Hy kyk nie links of regs nie. Hy strompel oor die breë pad, sy kop en skouers bly vooroor geboë. Dan struikel hy op die middelstreep en sak inmekaar.

Die man bly lê, sy gesig op die warm teer. Motors en motorfietse swenk uit, die bestuurders hou verby. Eenkant in die pad rol lemoene uit die blou plastieksakkie uit, tot onder ’n aankomende minibus in. Op die sypaadjie loop voetgangers agter hul sonbrille aan, hul koppe draai weg van die stil lyf op die teer.

Toe die lig groen slaan, kyk Lisa nog een keer in die truspieël en besluit om haar rigting te verander. Sy ry links in Darlingstraat in. Weg van die Goeie Hoop-sentrum, waar sy verby sou ry op pad wolwinkel toe. Sy draai weer links, op met Paradestraat. Verby die stadsbiblioteek, verby die landdroshof, tot by Barrackstraat, waar sy nog ’n keer links swaai en afry tot sy terug is in Buitenkant.

Haar oë fynkam die teer. Die man lê nie meer in die pad nie en daar is geen teken van die blou plastieksakkie nie. Voor Caledonplein hou sy stil en laat haar motor luier. Haar oë soek steeds. Dan sien sy hom. Op die oorkantste sypaadjie waar hy netnou teen die witwarm dag gestoei het, sit hy in ’n bondeltjie, sy blou plastieksakkie tussen sy knieë.

Lisa ry ’n ent verder tot sy parkeerplek kry. Sy klim uit haar Polo, prop die sleutel in haar handsak in en vleg tussen die aankomende verkeer deur. Tot sy voor die man staan.

“Meneer, wat is fout?” Hy antwoord nie van onder sy donkerblou pet wat sy gesig verberg nie.

Sy hurk af na hom. “Sir, what’s wrong?”

“Ag mevrou, moenie worry nie. Ek het duiselig geword, toe loop ek van die sypaadjie af.” Hy sê niks van sy val nie. Hy hoes, en stamp met ’n vuis teen sy bors.

Sy haak in by hom, probeer hom van die teer oplig. Hy kom halfpad orent, maar sy bene swaai onder hom in en hy sak weer neer op die sypaadjie.

“Mevrou, regtig, moenie worry nie.”

In sy blou sakkie, merk sy op, is ’n stuk brood en twee lemoene. Die minibus het die res platgery.

“Wag net hier,” sê Lisa, “ek is nou terug.” So asof hy ver sou kon loop en sommer sou kon verdwyn, dink sy agterna. Die man sê niks. Hy kyk nie na die hakskene, die voete, die skoene wat alkante verby hom maal nie.

Uit die Taste Bud Shack, die kafeetjie op die hoek, kom Lisa terug met ’n Energade. Sy draai die tuit se doppie los, buk af en sit die bottel langs die man neer. “Baie dankie, mevrou. Mevrou moenie soveel moeite doen nie.” Sy wil weet hoekom jaag sy asem en hoekom hoes hy, omtrent sonder ophou. “Ek blaf maar so, my asmapompie is leeg.”

Met haar tweede poging slaag sy daarin om hom op te lig. Stadig skuifel hulle tot by ’n skadukol voor die kunsgalery Haas, met sy koffiewinkel vir fynproewers. Lisa laat sak die man neer op een van die grou ysterstoele buite die duifgrys gebou. ’n Netjiese man, hy dra ’n pak en das, kyk arms gevou vir hulle van agter ’n ruit met blokkiestralies. Lisa hou haar hande en vingers in die lug, sy beduie vir hom die man sal nog net 10 minute daar sit. Hy knik en druk ’n duim in die lug.

Die man in die stoel dra ’n jean en stukkende tekkies. Lisa ruik die beklemming van sweet aan sy bottelgroen kabeltrui. “Wat is jou naam, meneer?”

Hy kyk op na haar, antwoord dadelik. “James.” Dis die eerste keer dat sy sy oë sien, blou soos Tafelberg wat oor die stad uitkyk.

James tel die bottel met die koue Energade op en neem ’n klomp slukke. “Yskaskoeldrank. Lekkerrr ...” Sy mondhoeke trek kepies en twee stelle tande stal hulleself uit, dis ’n potpourri van karamelbruin, spikkels geel, hier en daar ’n gedagtenis van roomwit. Toe hy nog ’n sluk wil vat, glip die houer uit sy hand en die Energade loop in riviertjies oor hom af.

’n Sekuriteitsman stap nader. Hy tel die bottel van James se taai jeansbene af op, druk die tuit teen sy neusgate, snuif.

“Ruik maar,” sê Lisa, “James het niks van ’n drankwalm aan hom nie. Hy het ’n hoes wat ’n asmapompie soek.”

Die sekuriteitsman praat op sy roepradio. Hy vra dat iemand ’n ambulans moet laat kom.

“Hoe oud is jy, James?” vra Lisa. Hy ignoreer haar vraag en kyk af na sy flenter jeans. “Nou se dae is dit mos fênsie, sulke broeke, almal wat dit dra, lyk of hulle arm is.” Weer die kepies om sy mondhoeke, maar sy oë glimlag nie saam nie.  

Sy waag dit weer. Hoe oud is hy?

“Verby my sell-by date.” ’n Hoesbui oorval hom. Dan skud sy skouers soos hy grinnik. “Ek’s 110.” Sy skat hy is in sy middel-vyftigs. Erosie deur wind en weer om sy oë, voortjies van sonbrand op sy voorkop laat hom jare ouer lyk as wat hy is.

Die sekuriteitsman kyk op sy horlosie, dan sê hy vir Lisa die ambulans is oor 20 minute daar.  

“Wat maak jy hier? Op straat, James, sonder jou asmapompie?”

Hy kyk weg, in die rigting van die Kasteel de Goede Hoop aan die onderkant van die straat. “Wie vertrou ’n vertoiingde man om vir hom te werk? In sy tuin? In sy huis of kantoor? Nie eers die munisipaliteit wil my laat strate vee nie.

“Ek kry dit nie reg om mense in die oë te kyk, om vir hulle kos of selfs water te vra nie. Geld vra ek nooit nie, ek het nog my trots. Daar is ’n sopkombuis hier naby in Zonnebloem, maar daar moet jy R1,50 betaal.”

Sien Lisa daai vrou wat daar sit, op die trap naby Binnelandse Sake? Die een met die goue skoene?

“Met daai high heels gaan sy moeilik die leer hemel toe klim, maar sy gaan daar uitkom. Partymale gee sy vir my brood wanneer sy hier verbyloop, ander kere miskien ’n pie of ’n piesang of dalk ’n sweet. Dis sy wat my netnou uit die pad kom haal het.”

“Die straatmense vang duiwe. Dan draai hulle die nekke om en braai die voëls in ’n konka naby die Fugard Teater. Net hier om die hoek, in Caledonstraat. Hulle slaan rotte dood, met pale of boomtakke, dan maak hulle ook braaivleis daarvan. Die goed is so groot soos hase.” James grinnik. Dan hoes hy, hand op die bors.  

“Partykeer tel straatkinders die rotte se afgekapte sterte op en dan dra hulle dit vir armbande. Wanneer straatvroue verbyloop, skree hulle vir die vroue hulle kan die armbande kry as hulle die vroue se boude kan knyp.”

Ja, die Fugard. “Weet mevrou dit was in die ou dae die Congregational Kerk? Kyk maar na die dak en die vensters, almal se punte wys hemel toe.” Anderdag was daar ’n plakkaat teen die muur, dit was ’n advertensie vir The Father. Toe die kaartjiesvrou uitstap, vra James wat is The Father. Hy kan bly wees hy kan nie vir die show betaal nie, het sy gesê, dit gaan oor ’n man met vergeetsiekte.

“Ek wil nie so raak nie. Vergeet dat ek James is nie. Dis een ding wat niemand van my moet wegvat nie. My naam.”

’n Ambulans hou stil en twee mans klim uit. Hulle kom lig James uit die stoel en lê hom op ’n draagbaar neer. Dan stoot hulle die draagbaar met James in die ambulans in. Hulle vat hom ongevalle toe by Groote Schuur, sê hulle.

“Waantoe gaan jy?” vra James vir Lisa, wat nou by die ambulansdeur staan.

“Woodstock toe. Vir wol en breipenne. Ek gaan Woolworld toe.”

Die ambulansmanne begin die deur toeswaai. Voor hulle dit op knip klik, roep James, sy stem rou van die hoes. “As jy weer hier verbykom, moet jy my saamvat. Jy gaan my mos saamvat, nè?”

Hy knyp sy blou plastieksakkie styf teen sy bors vas.

“Saamvat Wholeworld toe.”

The post Wholeworld appeared first on LitNet.

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 3)

$
0
0

Deel 1
Deel 2

Toerit mirrag raak, toe deel Grietjie haa stukkie brood met Hansie, wan hy’t sy stukkie brood vekrummel ennit langsie padjie gegooi toe hulle die bos ingeloep het. Hulle het toe annie slaap geraak. Dit het al aand geraak en niemand het gekô om hulle te haalie. Toe hulle wakke skrik toe was dit pikdonke, en Hansie het sy suste getroos en gesê: “Moenie warrie nie, Grietjie. Kô ôs wag net totdat die maan opkô dan sal ôs ôs se pad huis toe kan kry deurie krummels wat ek gestrooi het.”

Toerie maan uiteindelik uitgekommit, het hulle opgestaan om hulle way huis toe te kry, maa hulle kon nie die krummels brood kry nie, wan soes Hansie die krummels gestrooi het, soe hettie voëltjies vannie bos dit opgepik. Maa Hansie het gegloe dat hulle nog altyd hulle pad trug huis toe sou kry, maa hulle konnie die pad vintie. Hulle hettie hele nag gestap, ennie volgenne dag tot innie aand, maa hulle konnie hulle pad uitie bos uit kry nie. Die twie kinners was baie honge wan hulle het die hele dag nog niks geïetie. Die paa bessies wat hulle gekry het wassie genoeg om hulle vol te maakie. Hulle was lateran soe moeg dat hulle nie mee kon vêder stappie, en hulle het onner ʼn boem gat lê en net daa annie slaap geraak.

Dit was nou al die dêre môre na hulle weg van hulle pa se huis gegannit. Maa hulle het maa nog altyd proebee om trug by die huis te kô. Maa soes hulle gesoek het, het hulle al dieper en dieper innie bos in gestap. En as hulle nie gou kos gekry hettie, sou hulle vannie honge doodgegannit.

Dit was ampe mirrag gewies toe sien hulle ʼn spierwit voëltjie wat sit op ʼn tak. Ennie voëltjie het soe mooi gesing dat hulle gestop en na dit geluisterit. En toe die voëltjie klaa gesing het, het dit voo hulle uit gevlieg en hulle het die voëltjie toe gevolg tot dit by ʼn klein huis gekommit. Die voëltjie het boe-op die huis se dak gat sit. Toe hulle nader annie huis kô, het hulle gesien dat die huis gemaak was van soetkoek, ennie dak was gemaak van koekies, ennie venstes was van vesiersuike gemaak.

“Kom! Ôs kan nou somme vi ôs lekke dik iet,” sê Hansie toe. “Ek gat vannie dak iet, Grietjie, en djy kan somme vannie venstes iet. Dit sal lekke soet proe.” Hansie het toe ʼn stukkie vannie dak afgebriek, net om te sien hoe dit proe. En Grietjie het byrie venste gestaan en an die ruit beginte iet.

Hulle’t toe ʼn dun stemmetjie van binne af hoo praat:

“Kou, kou, soes ʼn muis,

wie kou soe an my huis?”

Ennie kinners antwoord toe: “Moenie warrie nie. Dis nettie wind.”

Hansie en Grietjie warrie toe nie vi hulle nog vêderie en gan toe an om annie huisie te iet. Hansie wat nog heeltyd annie dak vi hom dik iet ommat dit soe lekke geproe het, briek toe nog ʼn groot stuk af en klim toe af, en Grietjie het toe een vannie ruite uitgetrek en annit beginte iet.

Die huis se deu het oepgegan en ʼn ou vrou het stadig byrie deu uit kô stap mettie hulp van ʼn kierie. Hansie en Grietjie was baie bang, en hulle hettie lekkegoed wat in hulle hanne was lat val. Die ou vrou het net haa kop geskud en gesê: “Hai jinne, my liewe kinners, hoe het julle hie uitgekô? Julle moet in kô en by my kô bly. Dit sallie ʼn proebleem vi my wiesie.” Sy’t hulle toe annie hand gevat en hulle by haa huis ingelei.

Toe hulle binne kô, het hulle toe gesien dattie tafel innie huis vol lekke kos was. Daa was biekes melk, pêncakes, appels, hoeneboudjies, samoesas en koek van veskillende soote. Na hulle vi hulle lekke dik geïet het, het die ou vroutjie vi hulle na twie klein bedjies toe gevat. Hansie en Grietjie was soe moeg van allie stap en hulle was lekke dik geïet dat hulle nie nog vêder oo ienige iets gewarrie hettie. Hulle het toe oppie bedjies met hulle wit koeberse gat lê. Hulle het gevoel soes hulle alles orraait was en het net daa vas annie slaap geraak.

(Vervolg volgende maand)

The post Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 3) appeared first on LitNet.

Kersvader

$
0
0

Lisa het haar kind by die laerskool kom oplaai. Die Kersvakansie het begin en toe Tiaan by haar in die motor inklim, groet hy haar nie eens nie. “Mamma, daar is nie regtig ’n Kersvader nie, nè? En ons gaan mos nie hierdie keer Kersfees hou nie?”

Nie hier op die skool se parkeerterrein nie, dink Lisa. Waar Tiaan so hard praat en die ander kinders kan hoor nie. Of die ma’s kan luister vanuit die motors met oop ruite nie. Al is hulle aandag nou by rapportkoeverte wat hulle oopskeur om dadelik die punte met hul kinders te bespreek.

“Geluk my kind, met al jou A’s.”

“Toemaar, my kind, volgende jaar gaan jy vir Marina klop en eerste staan.”

“Jou punte is goed, my kind. Nou kan ons eers ’n bietjie van skool vergeet, want een van die dae hou ons lekker Kersfees.”

Toe Lisa by die skool se hek uitry, vra Tiaan: “Mamma, hierdie Kersfees gaan alles mos oukei wees?”

Lisa ry met die straat af, verby die biblioteek, verby Checkers, verby die kerk met die hoenderhaan op sy toring. Sy antwoord nog nie vir Tiaan nie, sy dink aan ’n antwoord.

Tiaan was nog altyd op sy hoede vir die man met die swart stewels en die rooi klere. Vandat hy een jaar oud was, het Kersvader op Oukersaand by die familiesaamtrek opgedaag. Dan het Tiaan vir hom geglimlag. Effentjies. En wanneer die man met die waatlemoenmaag sy naam uitgeroep het, het hy tussen sy nefies en niggies opgestaan van die mat voor die Kersboom en versigtig sy present by Kersvader gaan haal.

Die man met die rooi mus en die wit krulsnor het saggies met sy hande op sy knieë geklap. “Kom, Tiaan,” het hy gesê, kom sit hier by Kersvader, op sy skoot.”  Die man met die lang wit baard het belowe Tiaan mag dan die grootmense se presente vir hulle aangee wanneer Kersvader hulle name op die Kersgeskenke uitlees.

Sy stem was vriendelik en hy het baie geglimlag. Sy tande het geblink wanneer hy sy mond oopmaak en hard lag. Maar wanneer hy sy arms uitgesteek het om Tiaan op sy skoot te tel, het Tiaan net sy kop geskud. Hy het sy ma se oë gesoek, hy het weggedraai van Kersvader en met sy present op Lisa se skoot gaan sit.

Verlede jaar, onthou Lisa, het al die nefies en niggies Oukersaand op Ouma en Oupa se groot balkon gestaan. Dit was donker buite en hulle het koeldrank gedrink en Ouma se Kerskolwyntjies geëet. Hulle het die Langeberge dopgehou. Nie dat hulle die berge kon sien nie. Maar hulle het die berge geken. Hulle het geweet waar om te kyk vir wanneer Kersvader al hoe nader sou kom.

Die grootmense het belowe hy gaan enige oomblik opdaag, die kinders sou sy helder ligte sien. Hierdie keer vlieg hy dalk met ’n helikopter. Of ry hy op ’n motorfiets. Miskien trek sy takbokke sy slee tussen die sterre deur.

Naderhand kon die kinders dit nie meer hou nie. Tot een van die grootmense by die sitkamerdeur roep: “Kersvader! Ons het jou glad nie so stilletjies deur die skoorsteen sien aankom nie! Lyk my jy’t ’n ver, ver pad gestap om vanaand by ons te wees. Kom kinders, kom groet vir Kersvader.” Maar Tiaan het nie gegroet nie.

Lisa het hom gekry waar hy in die donker op die balkon staan en na die sterre kyk. Die soetsuur van Oupa se lemmetjieboom het in die warm naglug gehang.

“Mamma, hierdie Kersfees gáán alles mos oukei wees?” sê Tiaan toe Lisa by hulle huis se oop hek indraai en dit met die afstandbeheer sluit.

Lisa kyk in die grys oë van haar kind langs haar op sy sitplek. “Nee, my lief, Kersvader sal nie weer by Ouma-hulle se huis of by ons kom kuier nie.”

Sy maak Tiaan se gordel los en sy neem sy klam hand in hare. “Oom Pierre sal nie weer daar wees nie. Sy speletjies is nie meer net julle twee se geheim nie.”

“Kersfees gaan oukei wees,” sê sy. “Ons gaan in Oupa se lemmetjieboom sit.”

En dalk, net dalk, gaan hulle ’n regte Kersvader sien, dink Lisa, want ons mag maar in sprokies bly glo.

The post Kersvader appeared first on LitNet.

Adéle

$
0
0

Jan Maraispark, Stellenbosch. Die park waar WEG Louw en sy vrou, Rosa, gereeld gaan stap het. Ook die middag voor sy dood. Ek het hulle nog sien uitklim uit die groen Mercedes. Hy het daarna gekla dat hy effens pyn in sy arm het. Tog het die Louws ’n groep studente die aand vir ete ontvang. Ek was een van die laastes wat by hulle weg is. So elfuur. Die nag ongeveer eenuur het WEG Louw aan ’n hartaanval gesterf.

Jare tevore het ek myself in dieselfde park bevind, so geskok en depressief dat ek selfdood oorweeg het. Dit was vroeg Desember 1971 en ek het pas my standerd nege-eindrapport gekry.  Al my vakke was af, maar die ergste was die punt vir Latyn: 49%.

Ek kon dit nie glo nie.

Wat het verkeerd geloop? Ek was dan so goed in Latyn. In my eerste eksamen in standerd ses 99% gekry. En nou? Ek het toe nog nie besef dat daar iets groots verkeerd was en dat ek my binnekort in ’n dwangbaadjie van donker magteloosheid sou bevind nie.

Standerd nege was verder nie ’n sleg jaar nie. Ek het lid geword van Junior Libertas, ’n amateurdramagroep wat onder leiding van ’n oud-onderwyser, Erika Dumas, ontstaan het. Sy was met ’n Fransman, Jean Dumas getroud en hulle het twee rooikopdogters gehad. Die oudste was Adéle. Sy was lank, sjiek, maer, sjarmant, dinamies en anders.

Daar was verskeie projekte by Junior Libertas. Ek en ’n ander meisie, Linette, het selfs tekste geskryf wat opgevoer is. Die onvermydelike Kersspel het ook gevolg. Ek was Josef en Maria is gespeel deur Maria Naudé, die mees esoteriese meisie wat ek ooit geken het. Haar werklikheid was nie ons s’n nie en sy het half bo ons uitgesweef. Laas wat ek gehoor het, seker 30 jaar gelede, was sy in ’n inrigting vir geestesiekes.

Adéle het my gefassineer. Sy was uniek mooi: ’n breë, maar nie wye mond nie – amper soos ’n roosknop, rooi krullerige hare en lewendig in haar bewegings en praat. Ek het al meer by hulle aan huis gaan kuier en iets was aan die ontwikkel.    

Ons het gereeld gaan stap, ook in die Jan Maraispark. Soos op ’n spesifieke koelerige middag in November 1971. Toe ons by die park instap, het sy by my ingehaak. Ek het geweet ons is besig om na ander dieptes te vorder. Na ’n ruk se stap het ons ’n skadukol gevind en daar op die grasbossies neergesak. Ek het op my rug bly lê en kamstig die hemele verken. Adéle het haar kop op my bors gevroetel. Bang en onnosel het ek daar bly lê, totdat ek doelbewus besluit het om die saak verder te neem.

Ek het afgebuig en haar op die hare en wang begin soen. Sag en subtiel, sonder haas. Toe ek my kom kry, is ek by haar mond. Dit was sag en soet en die daad het al meer intens geword. Na ’n ruk se gehyg, het ons eers opgehou. Toe het ek, nuuskierig gebore, my hand onder haar polonektrui ingewikkel, van onder af tot by haar linkerbors.

Sy het geen bra gedra nie en die bors was eintlik klein en baie sag. Ek het dit begin streel. En toe ook die regterbors. Sy het vinniger begin asemhaal en haar oë toegemaak. Daarna is ons huis toe, diep ingehaak. Ek het gegloei. Maar my lewe het ’n dramatiese wending geneem. Weg van Adéle af.

Later sou sy my verwyt: “Jy het dinge in my wakker gemaak ... En toe bly jy net weg!”

Maar ek was verstrik in my dwangbaadjie van donker magteloosheid, wou ek protesteer. So baie van ons het toe seergekry en almal het toegemaak. Elkeen vir homself.

Jare later sou ek Adéle weer sien op (toe nog) Jan Smutslughawe. Sy het deur die deure ingesweef gekom met dieselfde intense vitaliteit soos ek haar steeds onthou, bonsende borste en hare, nou rooier as ooit. Sy het haar maat ingewag en hand aan hand weer weg gesweef. Die man was ’n Arabier.

Nog fiksie deur Dawid de Villiers:
Alex
Die sonde van die kinders
Winter van 1972
Dis nie paartyd nie

 

 

The post Adéle appeared first on LitNet.

Viewing all 428 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>