Quantcast
Channel: Fiksie - LitNet
Viewing all 429 articles
Browse latest View live

Die Goue du Midi-toer

$
0
0

Ons sluit by die groepie aan wat onder die bome staan en skerts. Serpe roer in die aandlug en Afrikaanse sêgoed val saam met herfsblare op die sypaadjie voor Hotel Du Centre Et Lauragais in Castelnaudary, die rendezvous vir ons kanaaltoer. Binne sit ons almal later aan oor skottels cassoulet, ‘n bredie van gepreserveerde eend, varkwors, wit bone en kruie, die dorp se stempelgereg.

Castelnaudary is ‘n klein dorpie langs die Du Midi-kanaal, in die suide van Frankryk. Môremiddag vertrek ons vir nege dae per selfgedrewe boot, al met die historiese kanaal langs tot in Port Cassafrieres.

Grand Bassin, die hawekom, is ‘n byenes van bote tot gereedheid bring. Na ‘n blitskurses in boothantering en die vertrekfoto, is ons oktaat entoesiaste straks na vieruur fort. Die lug het intussen ongesiens vergrys en ín Saint-Roche, die eerste viervoudige sluis, skeur die hemel nat en sonder dreuning oop. Daar is nog etlike sluise voor Treboul, ons oornagpunt.

Sluisdeure maak oop en laat ‘n maksimum van vier bote deur. Met binnekoms moet bemanning uitspring en hulle boot met blou toue om toupale anker. Die sluishekke maak toe en die water word uitgepomp. Bemanning moet terugklim en soos die watervlak en boot in die sluiskamer sak, moet aan die toue skiet gegee word. Sonder dat die ankertoue in die water of motore beland, word dit opgerol vir volgende gebruik. Wanneer die voorste sluishekke oopswaai, vaar almal in dieselfde volgorde uit, na die volgende sluiskamer, of die kanaal.


Die aanvanklike geesdrif van ons twee touhanteerders was ‘n paar sluise later aan die kwyn. Ons staan soos deurweekte skeepsrotte elke sluis en afwag, totdat ons bibberend na vasmeer gaan stort. Warm aangetrek, met glase rooiwyn, eet ons saam met die res oorskiet cassoulet.

Dagbreek is vars en mistig na die reën. My vrou is reeds per fiets na die bakkery in Pexiora. Die mistigheid klaar op soos die son begin kop uitsteek. Ons verken die omgewing. Amandel- en vyebome is volop. ’n Verdwaalde pers vy bevestig dat die somer uitgeloop het.

Met vars croissants en pastries vaar ons nege-uur deur sluis Treboul.

Die Du Midi-kanaal is ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied, die kopwerk van Pierre-Paul Riquet en deur hom gefinansier. Konstruksiewerk het in 1667, na dertig jaar se beplanning, begin. Die kanaal open 15 Mei, 1681, agt maande ná Riquet se dood, sy persoonlike fortuin uitgeput.

Die kanaal loop áf na die Meditereense See en ons sak in totaal ongeveer 165 meter tussen Castelnaudery en Port Cassafrieres, soos ons deur veertig sluise en ‘n totaal van een-en-sestig sluiskamers navigeer. By Toulousse sluit die Du Midi-kanaal aan by die Garonnerivier en verbind sodoende die Atlantiese Oseaan met die Mediterreense See.

Ons vaar deur skilderagtige dorpies en meer soms teen die wal vas om ‘n pittoreske omgewing gade te slaan of ‘n historiese besienswaardigheid te besoek, plekke soos Villeséquelande, Carcassonne met die Middeleeuse kasteel, Trebes (heerlike seekos by die Poissonnerie) en ons halfpadmerk, Homps.

Waar formele vasmeerpunte ontbreek as ons oornag, trek ons die boot teen die wal vas en anker die toue met voorsiende penne of knoop dit eenvoudig om ‘n boomstam. Dit is sorgvrye dae van meelewing, wyn en alfresco etes op die dek.

Al met die kanaaloewer langs, delinieer eeu oue boomreuse die mensgemaakte waterweg wat deur die landskap baan. Eikebome, populiere, sambreeldenne en hoofsaaklik platane aan weerskante van die kanaal werp ‘n flikkerende skadupatroon wat die kanaal en fietspaadjie op die oewer fragmenteer.

Elke nou en dan ry ‘n fietsryer verby ‘n verliefde paartjie wat dromerig wandel, gesinne en enkellopendes met honde of ‘n groep piekniekgangers wat vir ons glase lig, ‘n Suid-Afrikaanse vlag op hulle boot.
Heelwat van die plataanstamme is gemerk, sommige met ‘n paar merke in verskillende kleure.

Argens-Minervois, Ventenac-en-Minervois, Le Somail, Angeliers, Capestang en Colombiers bring ons tot by l’écluise de Fonserannes, die bekende sewetrapsluis, waar ons oornag. ‘n Bruilof is op ‘n vreeslike groot boot onderweg, stroom-op deur die trapsluis. Die gevaarte pas skaars in die sluiskamers, maar ‘n paar flink dames in tekkies staan bont en anker toue. Die spektakel trek baie aandag en verskaf vermaak tot skemer. Ons besoek ‘n boot, met ‘n uitstalling van kanaalfoto's en leer meer oor die helderkleurige merke op die platane.

Deur Fonserannes stop en oornag ons by Béziers, ‘n vuil dorp wat die ritme van die voorafgaande landskapskoonheid onderbreek.

Ons vertrek en vaar verby Villeneuve-lès-Béziers en Portiragnes. Die kanaal lê in staatsie, die stoet platane morbied op die oewer. Gemerkte bome toon ‘kankervlekke’, besmetting deur ‘n mikroskopiese fungus, Ceratocystus platani. Besmette Amerikaanse ammunisiekiste, uit die Tweede Wêreldoorlog, het die fungus na Frankryk en die kanaal gebring. Die plantpatogeen vestig en ontwikkel in die boom en verstrik stelselmatig die sapkanale. Met die lewensaar wat wurg, vrek die bome oor twee tot vyf jaar. Daar bestaan nie ‘n geneesmiddel wat hierdie landskapsmonument kan red nie en die kanaal kan sy wêrelderfenisstatus verloor. ‘n Tiende van die twee en veertig duisend bome is reeds uitgekap en verbrand, die res gevonnis tot dieselfde lot oor die volgende vyftien jaar, teen miljoene euros.

Die eens ekonomiese lewensaar van handel en ekonomie, dien nou hoofsaaklik as vermaak vir vakansiegangers en toeriste op bote. Die eeu oue kolonnade wat oor die kanaal waghou, se vyftig meter hoë boomtoppe vorm ‘n blaarbaldakyn oor die kanaal en buiten vir skaduwee, is die drieledige doel van die bome om die oewer met hulle wortelstelsel te versterk en verdamping uit die kanaal te verminder. Boomwortels en water dra die fungus en word verder en vinniger versprei deur plesierbote wat teen die wortels skuur en sepsisties die kanaal en bome besmet.

Ons bereik vroegmiddag Port Cassafières, die eindbestemming. Met sjampanje in rugsakke, huur ons fietse en ry see toe, waar ons in die Mediterreense See swem en met sonsondergang ‘n glasie klink
.
Terug by die boot, om ‘n lang tafel vier ons die einde van die kanaaltoer. Die kerslig dans amber op ons gesigte, laggend onbewus van ons bydrae tot die verlies van die kanaal se unieke karakter, die platane, brandoffers op die altaar van ons plesier.

The post Die Goue du Midi-toer appeared first on LitNet.


Die Sout

$
0
0

Ek is op pad Velddrif toe. Van my familie se wortels lê aan die Weskus. My oupa en ouma se laaste rusplek is tussen die duwweltjies in die sandgrond van die ou begraafplaas en iewers op ‘n duin staan ‘n gedenkteken ter gedagtenis aan visserman-drenkelinge met my nooiensvan op.

Soos wat ek met die R27 al verder van Kaapstad af ry weet ek: die wêreld in hierdie rigting is nie eintlik mooi nie – in elk geval nie op ‘n romantiese, oordadige, golwende groen manier nie. Die plante, bome en groenigheid raak al minder soos wat die afstand na Velddrif op die bordjies langs die pad krimp. Terselfdertyd neem die skakerings van vaal, die dorheid en die soutigheid toe. Die son raak effens skerper - die lugspieëlings wyer.

Tog lyk dit nie of die gebrek aan eksotiese skoonheid enige binnelander pla nie. Dit is somervakansie en die pad is ‘n lang string Vrystaters met tamaai bote en moeë Gautengers met karavane en waterponies op sleeptou. Almal wil graag hier waar die son die laatste sak, behoorlik kom rus. Dit lyk of almal iets agter hulle aansleep waarmee hulle dié wêreld en sy water wil kom toets en tem.

By die afdraai na Langebaan swenk byna die helfte van die verkeer weg. Dié dorp met sy lagune, die heerlike eetplekke, die vissersgemeenskap, die casino en die pragtige strandmeer het ‘n onweerstaanbare trekpleister geword waar mense aan die einde van die jaar van enige probleme, oorwerktheid, swak politiek en slegte skuld wil kom vergeet.

As ‘n mens aan die vakansieverkeer wil ontsnap, moet jy by die Langebaan-afrit jou motor se neus regs, in die rigting van Langebaanweg draai. Al verraai die bordjie langs die pad dit nie, lei hierdie roete neffens die lugmagbasis verby uiteindelik ook tot in Velddrif, maar sonder al die binnelandse sleepwaens.

‘n Paar kilometer anderkant Langebaanweg is ‘n droë koppie en ‘n paar bloekombome aan die linkerkant van die pad. Die gewoonheid van die omgewing kan jou maklik die ongewone woorde op die bord hier langs die pad laat miskyk: Weskus Fossielpark. Niks indrukwekkend nie, bloot ‘n bruin kennisgewingbord langs ‘n effense grondpad wat tot voor ‘n ouerige gebou lei.

Sou die vakansiegangers wat hierdie wêreld met hulle duur speelgoed probeer tem, bewus wees van die 5 miljoen jaar oue fossiele wat skaars 10 km verder in ‘n ou fosfaatmyn oopgegrawe lê? Terwyl die waterponies oor die branders spring en bikini-lywe die son langs die strandmeer indrink, weet die mense dat hulle op die heilige grond van uitgestorwe Afrika-bere en die oerfamilie van kameelperde speel? Terwyl bonusse in seekospizza en lang biere langs die see belê word, is wetenskaplikes vanoor die hele wêreld opgewonde besig met nog opgrawings en nuwe toetse op die ou bene in die soutgrond net buite Velddrif.

Soos ek verder in Velddrif se rigting ry, voel ek nederig. Hierdie dor, sout aarde is vol geheimenisse en skatte.

Enige ekstatiese gedagtes oor die geheime skoonheid van hierdie wêreld verdwyn egter vinnig wanneer die sterk reuk van die soutfabriek en die opdrifsels van die sout rivierwater ‘n mens net voor die Bergrivierbrug oorweldig. Ek draai vinnig my motorvenster toe terwyl ek Velddrif binnery.

Velddrif. Beskrywend genoeg.

‘n Mens kan die ware hartklop van hierdie dorp spesifiek op een plek gaan voel: Bokkomlaan. Dit is ‘n grondstraatjie langs die Bergrivier waar al die ou vishuisies en jetties nog getuies is van ‘n visvangtradisie wat vir baie mense soos iets uit die Bybel sal lyk.

Dit is hier waar gesoute vissermanne in oorpakke en musse nog uit bakkies met hardernette visvang. Dit is hierdie mense wat nog in die posisie van die maan en sterre en die gesuis van die wind in die riete die fluistering van skole vis kan hoor. Hulle ken die sandbanke en strome, die kiele en gaatjies, die slootjies, kuile en plate. Wat onder die water aangaan, is deel van die heiligskennis van dié wat hul sout op die water en in die son verdien.

Langs Bokkomlaan bestel ek ‘n bier en ‘n bakkie roll mops op Clooney se winkelstoep. Die plek wemel van motorfietsryers en voëlkykers en binnelanders wat almal die saligheid van die soutrivier, die gesnoerde bokkom-verandas en die pragtige pelikane en flaminke wil kom bekyk. Die meeste van hulle weet nie van al die ander toweragtige geheimenisse wat hierdie rivier onder die oppervlak hou nie.

Ek het as dogtertjie die wonderwêreld van hierdie stertkant van die Bergrivier saam met my pa in ‘n visserskuit leer ken. Terwyl ek op Clooney se stoep sit, begin ek die name en plekke soos towerwoorde in my kop oproep.

Agter die eerste eiland begin die geheim. Broekverloor en Draaiplaat - twee sandbanke wat so te sê lepellê. In ‘n dun gang tussen die volgende twee eilande is Dirk Scholtz se verdrinking verewig by Dirk-se-hol. ‘n Lekker swemplek – die water is warmer daar. Slootjie het ‘n heerlike swemgat en by Dowwe Kieletjie moet jy versigtig wees vir die skielike diepte ná die lang, vlak sandbank. Man-se-vishuis is waar Daantjie Man destyds ‘n riet-vishuis gehad het.

Niemand weet waarom daar soveel klippe by Klipgaatjie is nie. Die bank by Rooisand is onverklaarbaar rooi en Dooirivier is ‘n wonderwerk, want daar is geen stroom nie.

Rivier-op is van die plase ook bekende bakens. Melkplaas met die koeie en Flaminkvlei met die flaminke. Varkvlei was vol wildevark en Seefontein het ‘n varswaterfontein. See se kant toe is Soverby: jy gaan “so-verby” Elandsbaai toe. By Paaltjies is daar paaltjies - niemand weet waar dit vandaan kom nie. En dan is daar Poephoek.

Pampoengat was die onderdorp met die rioolgate waar die kinders destyds Sondagmiddae cowboys-en-crooks gespeel het. Vandag is dit Port Owen.

Clooney dra ‘n pakkie geskilde bokkoms en ‘n glas witwyn aan voor die son verlaas hier sak. Anderkant Flaminkvlei in die verte sien ek in die laaste lig die buitelyne van bloekombome. Hulle hou wag oor die soutkoppie wat die ondergrondse fossielskatte bewaar.

As die soutreuk so op die noordwind inwaai, gaan die vis vannag loop.

The post Die Sout appeared first on LitNet.

Oom Dawid se rooi lorrie

$
0
0

 Oom Dawid de Klerk se bekendheid as karweier het wyer as die Karoovlaktes gestrek. Ewe bekend was sy granaatrooi lorrie met die dik wange, lang dek en houtkappie. Wanneer die houtkap afgehaal is, is brandhout, bakstene en bousand vervoer. Word die kantrelings opgeklap is skaap, bees of selfs perde na buurdorpe en stede aangery.

1968. Een van die oom se huurhuisies het beskikbaar geraak. Pa was bly oor die huur van R25 per maand, maar het nie geweet die huis se groot jaarts, lorries, werkers, planke, en implemente was deel van die huurpakket nie.

Die werkers is vandag besig om die houtkap bo-op die dek vas te skroef. Daar’s ‘n trippie op koms en ek gaan saam. Die dorp se rugbyspan, Spartans gaan op Oudtshoorn meeding. Ons moet via Prins Albert ry. Meiringspoort is toe. Dis Juniemaand en murgkoud.

rooi1Die houtkap het twee askiesklein-vensters. Binne-in is twee lang houtbanke. Oom Jannie Barnes is agter die wiel. Hy kon daai lorrie op ‘n sentstuk draai. Dis my eerste trippie oor die Swartbergpas. Mamma het donkermôre reeds hoorbaar die bloed oor die N1 en bergpas gepleit! Wanneer die deurtjie toeklap, omklem ‘n Noag-se-ark-gevoel my. Dis nagswart. Die kappie sluit nie dig nie. Stof, petroldampe en misreuke gedy.

Skaars buite die dorp begin ek vanaf my voete te vries. Ek wens ek ken joga net sodat ek nog ‘n paar posisies gehad het om in te sit. Dalk help ‘n frikkadel teen die ysigheid. Ek’s skaam vir die poepreuk van ma se halfdosyn gekookte eiers wat net-net uit die blik wil ontsnap. Met die eerste slaggat is dit duidelik daar’s fout met die lorrie se vere. Ons ry bonsend voort. Die oom jaag ‘n maanhaar stof op wat lank in die lug hang. Die lekker clutch-geluide en die voetstamp-ritme van die spelers maak op vir die kil koue en my vrese vir voortydig doodgaan.

Van die ouens trom op hul alreeds ingeduikte koekblikke. “Oom Piet gaan saam. Oom Piet se vrou gaan saam. Oom Piet se honne, katte, duiwe, hoeners, ammal gaan saam…!”

Die nag se mantel gly af en die vlaktes van die Klein Karoo skuif in die rooidag verby. Almal is reeds asvaal. Die lorrie is onrooi! Met padkos wat voortydig opgeëet is, kla almal van hongerte. Oom Jannie stop by ‘n kafee, grendel die deurtjie oop en laat sak die leer. Ek het net genoeg geld vir ‘n handvol Wilson-toffies en ‘n lemoen. Dit neem ‘n eeu om almal een vir een deur ‘n klein opening aan die kant van die gebou te bedien.

Uiteindelik begin die lorrievloer onder ons dreun. Ons is op pad. “Gooi hom in overdrive, oom Jaybye!” gilskree die manne. Die oom is nie lui nie en trap in die hoek. Die bergpas is stamperig. Oom Jannie ry die lorrie se een lig uit sy fittings uit. Ek proe stof. ‘n Sleeptong skree: “O’s gat ve’ongeluk!!!” ‘n Koor van gille weergalm deur die lorrie wat swaai-swaai weer haaks met die bergpad kom. ‘n Begraafplaas-stilte daal neer. Ek verlang na die veiligheid van ons jaarts.

Ons is halfpad teen die pas uit. Die lorrie beur voort na waar die mis soos bondels wit rooi2wasgoed bergop hang. Wanneer die lorrie van rat verander en die enjin op ‘n hoër noot begin sing soos hy sukkelend teen die steil, kronkelende pas probeer uitkom, meld daar ‘n naarheid by my kleintongetjie aan. Iemand begin sing: “My mamma told me, to buy a jersey, a rugby jersey, to play for Spartans…” ‘n Kerkkoortjie volg. Nie omdat die passasiers vroom is nie, maar omdat die mans se basstemme die koortjie so lekker dra: “…the devil can do me no harm! No ham…no ham….no ham….”

Oom Jannie skree: “Check vi’ trêffieks, ouens! Die lorrie is overload en die shocks is moer toe!” Die ouens check voor en agter en aan die sykante. Iemand trek sy been en gil: “Bloubaadjie!! Die oom trap briek. My nek ruk amper van sy akses af. Almal skaterlag. Dis nie oor die oom wat sê, “Hei, ek slat djou binne-in djou mornings, nie, maar met die remtrekkery het iemand se sesbottelkan Oom Tas in die proses losgeruk vanuit sy wegsteekplek.

Die volgende oomblik besef almal dat die lorrie se wiele te na aan die afgrond is. Die polsende liedjies verander opslag in eerbiedige gesange. “Hou U my hand. Ek is so swak en hulp’loos….” klink dit temerig en dralend op. My oë is lankal toe. Ek vra om vergifnis vir al my skeeftes.Oudtshoorn word daai oggend die mooiste plek wat ek al ooit gesien het. Ons is deur op Psalm 91, omwalm deur ‘n uitlaatwolk.

Mamma het gesweer dat sy altyd ‘n voorgevoelente had oor wanneer die rooi lorrie met ha’ kjint sil in-clock. Wanneer oom Jannie die lorrie se neus daai dagbreek-Sondagoggend by ons jaarts inswaai, staan sy in die agterdeur – pienk gown en al. Ek’s alleen in die lorrie as dit tot stilstand ruk. Om my lyk dit soos ‘n slagveld: ‘n platgetrapte tjoepie Germolene-salf, lemoenskille en klamvuil-rugbykouse. Ek sien ‘n ingeduikte koekblik onder die houtbank. Daar’s ‘n prentjie van ‘n poedel op die skeefgetrapte deksel wat die dingetjie meer na ‘n Bulldog laat lyk. Die naam van die eienaar is met skelpienk Cutex daarop geverf – die kwaaiste tante in die buurt! Sy sal wél vandag nog haar blik kry. Oor die baie 2 tot 21-woorde wat sal val, sien ek nie kans nie. Een van oom Dawid se werkers sal maar afleweringsdiens moet verrig.

My onthou steek vas by ‘n sleepmis-oggend toe ek vanuit die venstertjie van ‘n rooi lorrie in die Hel by Prins Albert afgekyk het, en soos Salomo oor vier goed nagedink het: Noag se ark, mamma se bloedpleit-gebede, doodgaan en die ware hel, en my ketoolsgeit om saam met uitgegroeide rugbyspelers te reis. In my lewe sou ek wyd en ver reis, maar my reis oor die Swartbergpas sal Jikbestand in my kop bly.

Die rooi lorrie het later plek gemaak vir ‘n geel bus, maar dis ‘n reisstorie van ‘n ander kleur.

 

The post Oom Dawid se rooi lorrie appeared first on LitNet.

Die ou man en Pan

$
0
0

Eendag, lank, lank gelede, in die verre verlede, was daar ‘n ou man. ‘n Ou man wat graag iets wou ontmoet. Iets ontmoet soos Pan. Nie iets soos ‘n San, of Khoi-khoi of khoisan nie (alhoewel hy tog in retrospek sou nadink dat alles daar by hulle begin het). Nee, vir Pan, ‘n alles, ‘n magiesheid, ‘n koninkryk van wild, skape, die wilde berge, jagmaak en die lieflikste outydse wysies. Alles wat ons kan sien, voel, proe, betas en ruik: dit wou die ouman beleef. So, eendag, eendag op ‘n reëndag, pak hy al sy aardsbesittinkies (wat hy later sou besef hy hoegenaamd nie sou nodig kry nie). Daar was naamlik:

twee hemde
een broek
een paar kouse
een onderbroek
bietjie koffie
bietjie twak
bietjie tee
‘n wolkombers
biltong
suiker
en ‘n peer.

Hy voel tog eintlik vere en veel meer pere vir die hoeveelheid naarheid en ellendige maagseer wat sy ouvrou hom al besorg het. So pak hy sy tassie volledig. Hy pak dit met ‘n argeloosheid; met ‘n uitsiening; met ‘n volmaakte en volstrekte magiesheid. Magiesheid, wat ‘n woord! Net die klank daarvan sê dit alles vir jou: mágieshéíd.

‘n Toweragtige bespiegeling. Meer as bespiegeling; meer as sintuig. Meer as wel, wat ‘n gedagte kan oproep, of wat die oog kan sien. Nee, dit is ‘n gevoel. ‘n Gevoel van hoop en drang. ‘n Drang wat dieper brand as wat ‘n mens kan aan dink. Nee, hy wou vir Pan sien, hierdie ouman. Hy wou álles in die wêreld sien, en uiteindelik alles wat daarin diep verskuil lê. Met sy tassie klaar gepak, stap die man uit die ou woonwapark. Hy, eens ‘n gesiene man, nou armlastige. Maar nie meer nie! Want Pan roep! Hy voel geen spyt dat hy gaan nie en terselfdertyd, geen hoop om terug te keer nie. Sy ouvrou wat alewig so rou en altyd ontrou was. So stap hy toe uit, weg van die ou stramheid; hy had absoluut geen meer nodigheid aan haar gehad nie. So stap hy dan, die een tree na die ander, sy een voet voor die ander. En wat gebeur?
Absoluut niks nie. Al wat verbykom is zoemende karre. Al wat hy ruik is roet en stof en rook. Al wat hy kon voel was die son wat teen sy nek en kop brand. Die sweet hardloop soos watervalle oor sy gesig. Maar, hierdie ouman was meer desperaat en had meer murg in sy beendere as wat mens sou dink. So stap hy verder en verder. Hy let nie meer op hoe ver hy al gegaan het nie. Hy let nie eens op dat die voëltjies skielik begin sing het en hoe snaaks die mense hom aangegaap het nie. Wat ‘n gesig sou hy nie gewees het nie! Hierdie ouman wat langs die snelweg loop met sy tassie en kortbroekie. Sy ou motgevrete hempie wat skramsweg sy enorme boepie bedek. Die boepie wat moeg en sad (bloot net sad) oor sy voete sak en tone kielie. Hy loop en hy loop, hy stap en hy stap verder en verder, dieper en dieper die vlakte in.

Die ouman stap so ver dat die karre al hoe minder raak. Die pad raak smaller en kry meer slaggate in. Die landskap is opeens minder bedreigend; meer oopgestel en sensitief vir aanraking. Die lang gras se groen weelderigheid ken geen perke nie.

Die ouman snuif die soete lug, maar sy voete het blase op, sy kuite kramp. Wolke begin donker bo hom saampak. O hel, dink die ouman. Hierdie vryheid raak skielik te veel. Sy isolasie van die afgelope paar jaar kon hom kwalik voorberei vir hierdie soort gevoel waar ruimte bysaak geword het en tyd ‘n nietigheid.

Die druppels begin val. Doer op die horison sien hy ‘n huisie. Die ouman besluit om daar herberg te gaan vra, want die reën raak nou so fel, dit voel soos rubberkoeëls wat op hom neersak. Hy tas rond tussen deur die lang gras.

Lisa sien ‘n ouerige man wat nader aan die huis gestrompel kom deur die veld terwyl sy op die stoep staan en die reën ruik en rook. Soek hy skuilplek? Sy vermoed dat die hael op pad is. Of is hy ‘n boef? Sy roep na Egbert. Saam betrag hulle die ouman se ietwat komiese tog deur die veld.

“Ek dink hy is skadeloos,” sê hy. “Ons gee hom net koffie en wanneer dit ophou reën stuur ons hom weer op sy pad.”

Die ouman arriveer by die huisie. Lisa maak dadelik die deur vir hom oop. Egbert het die pistool agter by sy broek ingesteek, net vir ingeval.

“’n Duisend dankies!” roep die ouman uit.

Die huis is besonder lieflik. Die vrou ruik na granate en nikotien. Die man kyk agterdogtig na hom. Hulle gee hom koffie sonder ‘n woord. So sit hulle. Lisa, Egbert en die perfekte vreemdeling. Lisa begin tentatief na die ouman uit te vra. Hy vertel vir haar van sy hoop om Pan te ontmoet. Opeens glimlag Lisa. Sy en Egbert kyk na mekaar, gee ‘n knik en staan saam op. Die ouman is skielik verbouereerd deur die gebaar, maar Lisa gee vir hom ‘n troostende glimlag en sê dat hulle nou weer met hom sal wees.

Lisa en Egbert trek hul spesiale klere aan. Die klere wat hulle gebruik vir hul opvoerings en reise. Hulle trek dit aan met ‘n argeloosheid. Die klere laat hulle magies voel; laat hulle onbevange voel. Sorgvuldig pak hulle hul tassies, gereed vir die reis na Pan, daar waar die Khoisan reeds van hom geweet het. In hul tassies het hulle naamlik:

twee sterre
een paar onewigheidsvelle
een paar hiernamaals
een paar melkweë
bietjie van die see
bietjie heimwee
bietjie bekoring
‘n vlieënde kombers
alles
vervoering
en ‘n onewigheidshoop.

Hulle neem hul tassies en gaan na die voordeur waar die ouman instinktief geweet het om by hulle aan te sluit. Die drie van hulle omhels vir Pan. Die ouman gaan in vervoering.

The post Die ou man en Pan appeared first on LitNet.

Vat vyf, Cinque Terre

$
0
0

Google, jou lekker ding! So teen die einde van 2013 sit ek voor my rekenaar en tik in: “Unesco World Heritage sites.” En daar skop hy hom uit – die Cinque Terre. Ek spring weg en beplan (saam met my vriend Google) die toer van ’n leeftyd vir Julie 2014. My reisgenoot is my ma, Susanna Johanna van Dyk, gebore Boonzaaier.

Nou dink ek terug en sien dit so voor my: die vyf dorpies van die Cinque Terre in Italië – Riomaggiore, Manarola, Corniglia, Vernazza en Monterosso. “Cinque” beteken vyf en “Terre” beteken lande – die plek van die vyf lande wat na die vyf dorpies verwys. Ná ’n treinrit van so vier en ’n halfuur uit Rome (met ’n oorklim in La Spezia) klim ons by Riomaggiore af – die mees suidelike dorpie van die vyf aan die weskus van Italië. Vir een persoon skud die rit uit Rome jou sak met 42 euro. Ek sal bloei vir die Cinque. As dit moet.

Met die uitklimslag, slegs meters van die trein af, tref ’n uitsig van blou deinende waters my. Ek en my ma leun oor die betonreling om dit alles in te neem. Skuimende branders breek onder teen die treinstasie se fondasie, ’n vertikale krans. As jy terugkyk, weg van die water af, sit veelkleurige steenhuisies soos dassies teen ’n krans. Ons sleep ons tasse met die trappe af en word buite die stasie begroet deur ’n kolossale kunswerk (geskilder deur ene Silvio Benedetto) – mense wat druiwemandjies op hulle skouers dra, ander wat pik slaan, en die steil hellings van die area bewerk. Van daar loop ons deur ’n tonnel tot in Riomaggiore se hoofstraat, Via Colombo. Rooi, geel, blou en pienk huisies versier die bergkrans. Potte vol rooi malvas versier iedere balkon. Wasgoedlyne span hoog oor die straat, en dan, hier skuins voor jou, daai spul Italiaanse tannies wat jou hoeka dophou van hulle namiddagplek op ’n straattrap. “Buongiorno”, “ciao” en “arrivederci” klap teen my ore vas. Die mense praat hard.

’n Minibus-taxi (die enigste toelaatbare voertuig in die hoofstraat) vat ons teen die berg op na ons blyplek – L’Arcobaleno. Dis waar ons vir Francesca, die eienares, en haar roomkleurige labrador, Lili, wat op sy eie rooi stoel lê, ontmoet. Ons kamer is “magnifico” met ’n koffiemasjien en patio, die lot, selfs ’n bergstroom wat daar verbykabbel. Daai namiddag sit Susanna en ek bene op die patiotafel en teug salig aan ons eie cappuccino terwyl Riomaggiore se kerkklok oor die vallei weergalm. Die son gooi lang skaduwees oor die wingerdterrasse waarteen ons vaskyk. Nie verniet dat die Cinque Terre vir sy witwyn, Sciacchetrà, bekend is nie. En sappige suurlemoene, vir ’n glasie limoncello, of suurlemoenlikeur.

Op 4 Julie pak Susanna en ek die res van die Cinque Terre aan. Dit is net vyf minute met die trein na ons eerste stopplek – Manarola. Vir voetslaners wat die natuur wil indrink, neem dit negentig minute. Dis hier waar my ma die Calandra-kunsgalery raakloop. Haar oë verslind die kunswerke van plaaslike kunstenaars, maar ek stel meer belang in die plek se heerlike focaccia en tuisgemaakte joghurt. By La Bottega dell’Artigiano sien ons die mooiste pottebakkery: borde, koffiebekers, lepels – alles met prentjies van suurlemoene of die Cinque Terre-huisies geverf.

By ons volgende stopplek, Corniglia, leer ons, soos die spreekwoord sê, byna ons heiland ken. Omtrent 400 trappe lê tussen die stasie en die dorp. Soos ons klim, is “Soete Moses!” al wat Susanna sê. Gebukkend en hygend, kom ons einde ten laaste bo. Voor ons aanbeweeg, skep ons asem en betrag die dorpie se wingerdterrasse. Dis die enigste dorpie sonder ’n hawe. Daar is drie maniere om van die een dorpie tot by die volgende te kom: met die trein, deur te stap of met die veerboot. Maar die veerboot slaan Corniglia oor. Voor ons vertrek, koop my ma ’n blou T-hemp met vyf vissies op vir my broer, Pieter. Elke vissie stel ’n dorpie, volgens grootte, voor.

Ons volgende stopplek is Vernazza, waar ’n klein piazza met ’n paar restaurante ons verwelkom. Olyfbome omring die dorp en in sommige winkeltjies sien jy van Cinque Terre se olyfolie te koop.

Ons laaste stopplek is Monterosso en teen dié tyd is ons gô uit. ’n Geluk is dat die dorpie nie, soos die ander, teen ’n steil helling gebou is nie. Ons drentel stadig straataf en die eerste wat ons oog vang, is die rye blou-en-geel sambrele op die strand. Op die verste punt van die strand sit ’n reuse klipbeeld van Neptunus, die seegod, wat ’n vrag op sy skouers dra. Monterosso is die grootste van die dorpies en is anders as die ander, met motors wat in die strate rondry (en Susanna wat langs ’n ou, geel Fiat-model pronk). Hotelle sit ingeryg en daar is ’n strand waar mens kan swem. Die ander dorpies het elk net ’n hawe waar vissermanne in veelkleurige skuite ansjovis vang.

Laatmiddag moet ons omdraai. Ek moet weer treinkaartjies koop en ek is nie lus nie, maar ek hoor my man, Burger, se wetsgehoorsame stem in my oor: “Nee, Aletta. Netnou klim daai polisieman op die trein. Wat dan?” Ek koop die kaartjies. Twee euro. En sowaar, daar klim die polisieman by ons volgende stopplek, Vernazza, op. Hy inspekteer ons kaartjies en ek spring ’n boete van 50 euro vry.

Twee volle dae lank hang Susanne en ek in die Cinque Terre uit. Ons eet viskelkies, drentel op en af met die Via Colombo, koop skoene, handsakke en natuurlik, sakke vol kersies wat van die eiland Sicilië kom. My mond hang oop vir die mandjies vol kersies langs die straat. Dit is iets wat ons nie op Upington se Checkers-rakke sien nie.

Ons laaste aand breek aan en Susanna en ek suiker straataf met al fresco op die brein. Ons groet Riomaggiore met ’n glasie witwyn en vyf happe tamatie-en-basieliekruid bruschetta. Ek draai my kop skuins. Hoor die kerkklok se ritmiese slae. Lig my glasie vir my ma en sê: “Op die Cinque Terre!”

Aletta van Staden

The post Vat vyf, Cinque Terre appeared first on LitNet.

Duinekind

$
0
0

“Treffend die dogtertjie met die bos hare deur lig omstraal. En kyk daardie groot blink oë, nè.” Annette is bly dat Frik hierdie foto uitgelig het as een wat hom getref het. Dis een van haar gunstelinge. Hy lewer gereeld kommentaar op die foto’s van haar reis na Marokko wat sy per e-pos aan hom stuur.

“Ongelooflik die wysheid in haar oë. Waar sou dit vandaan kom? Sy lyk of sy ‘n ou siel het,” was haar kommentaar hierop. Dit voel of jy van haar energie kan tap indien jy met haar kan kontak maak. Of sy die taal van jou oë wat na binne kyk sal verstaan.

Die gedagtes maak die onthou in Annette oop. Iets beweeg in haar. ‘n Beeld van ‘n ander klein dogtertjie met die son agter haar kop, haar hare ‘n stralekrans. Maar dis vlietend en vervaag weer.

Die kinders het soos ghekkos oor die duine, asof van nêrens, aangekom. Die dag toe die voortvarende jong Marokkaan die viertrekvoertuig in die sand laat vasval het. Hy wat voor die vrouepassasiers wou afwys hoe bedrewe hy is. En nou so bedremmeld daar staan terwyl die ouer mans hom berispe.

Iewers in hierdie uitgestrekte sandwêreld moet daar tog gehuggies wees waar hulle woon. Nuuskierig en kaal gestroop van pretensie het hulle deur die vensters van die voertuig kom loer. Net daar gestaan en inkyk. Nie gereageer as hulle aangespreek word nie.

Die dogtertjie met die bos hare het net omgedraai en vir Annette gewink. Toe sy uitklim, haar hand gevat en begin aanstap oor die duin. Kort-kort half aanmoedigend opgekyk na haar. Bo-op die duin skielik tot stilstand gekom. En daar voor hulle lê ‘n oase. ‘n Paar palmbome, tipiese swart Berber-tente en baie kamele. Die prentjie kom stadig in Annette se gemoed tot rus.

Sou dit een van die rondtrekkende karavane van die woestynnomades wees? Sy skrik toe die kind aan haar hand rem. Saam stap hulle gly-gly teen die woestynsand af. Die laatmiddag lig sag en rosig oor die tente. Sy wil nog eers ‘n paar foto’s neem om die rustige toneel voor haar vas te vang, maar die kind buk reeds onder die growwe materiaal van die tent in.

Binne verkyk sy haar aan die helderkleurige matte wat oor die sand oopgesprei lê. Die kind beduie na ‘n lae houtstoeltjie met ‘n grasgeweefde sitplek. Sit eers vir haar ‘n kussing daarop van ewe bont geweefde materiaal.

Voor haar sit ‘n vrou met ‘n stil gesig. Sy is geklee in die tradisionele djellaba en kopdoek, haar verrassend ligte oë met kohl omlyn. Haar voete langs die klei kolehouer netjies met kantpatrone van henna al om die sool versier. ‘n Piouterketel, blink gepoets, vol kokende water sis op die kole in die klei kolebak.

Rustig druk die vrou ‘n bossie mentblare in ‘n kleiner piouterteepotjie, en vul dit met kookwater. Onmiddellik vorm ‘n vaalkleurige skuim bo-op. Sy gooi die water en skuim af en vul die pot weer. Kap ‘n brok suiker van die keëlvormige saamgepersde blok af en voeg dit by. Met ‘n vloeiende beweging, die mou van die djellaba soos ‘n swewende voël, word die tee in klein goudversierde glasies wat gereed staan op ‘n skinkbord geskink.

Die kind neem die skinkbord en bied vir Annette daarvan aan. Steeds het niemand ‘n woord geuiter nie. Net die tent wat liggies in die bries flap is hoorbaar. En die vreemde snorkgeluide van die kamele.

Hoewel effe soet, vind Annette die menttee soos voorheen op die reis verfrissend. Maar hoekom so baie glasies?

Die gedagte was skaars gevorm toe vroue uit alle rigtings onder die tentflappe inbuk, van die tee neem en hul plekke op stoeltjies en matte inneem. Net die swiesj-geluid van hul djellabas soos hulle beweeg hoorbaar.

Annette vind dat sy in die vreemde stil atmosfeer in plekke in haar kop ingaan wat vir haar vroeër ontoeganklik was. Sy voel of sy met haar omgewing versmelt. Die atmosfeer amper gewy. Almal stil met hul eie gedagtes besig. Sy wil net hier bly en die vrede indrink saam met die menttee.

Nadat die vroue weer een vir een net so stil verdwyn het, word sy soos met hul aankoms deur die kind aan die hand uitgelei, terug oor die duin. Bo-op die duin los die kind haar hand en gly-stap sy alleen af na die motor wat op haar wag. Onder draai sy terug en kyk vir oulaas in die wyse oë van die kind wat haar vanaf die duin stil staan en betrag, voor sy omdraai en agter die duin in verdwyn.

Vervaard kom Annette orent soos sy skrik vir die motor se gebrul. Besef dadelik dis vanuit die straat voor haar huis. Verbaas kyk sy van die foto van die kind op die rekenaarskerm af na die foto wat sy in haar hand vashou. Die foto van ‘n kind wat geneem is met die son agter haar, haar hare omstraal met lig. ‘n Foto van haarself toe sy klein was. Hoe maklik gebeur dit dat so ‘n reiservaring terug herlei kan word na ‘n aspek van jou eie lewe. Dis asof sy die dag toe sy in die duine verdwaal het by Walvisbaai weer herleef. Hierdie foto van haar is seker geneem nadat haar ouers haar raakgeloop het waar sy verwese in die sand sit en krabbel het. Onbewus van die geharwar wat haar verdwyning veroorsaak het. Is dit waarom die kind spesifiek háár hand kom neem het en haar oor die duin gelei het. ‘n Onsigbare band wat daar tussen hulle was.

Mense se reiservarings is uiteenlopend en vir elkeen beteken dit iets anders. Vir haar, besef Annette, voed dit nie net haar weetgierigheid nie, maar verryk dit haar menswees. Dit laat haar nuut kyk na die lewe. Sy ervaar alles meer bewustelik. Veral as sy soos met hierdie geleentheid so deel van die plaaslike bewoners se lewens kon wees dat sy haar letterlik in hul skoene in kon verbeel.

The post Duinekind appeared first on LitNet.

Brandstigting

$
0
0

Ek weet nie of dit net die ouderdom is nie, maar in die laaste twee maande het ’n paar goed by my ordentlik uitmekaar geval. Eers beseer ek my voet so erg, dat ek na ’n maand nog steeds rondhuppel, en toe, waarskynlik te danke aan die krukke, slaap ek een aand boonop my skouerblad in ’n klipharde knop.

Skarrelkat is immobiel. Wat ’n krisis!

Dis nie al nie. Toe ek weer sien, bevind ek myself op Tinder. Na ’n lang jaar van oormatige partytjies en ’n lang verhouding se einde, besluit ek om te kyk wat daar buite aangaan. Hoe lyk dit met die romanse? Waar is die ridders vir die dames op krukke? Goeiste! Niemand het my voorberei nie, nogtans gee ek dit ’n kans.

So ry ek toe die een Saterdagaand na ’n afspraak. Die jong man wat ek gaan ontmoet, is ’n kulkunstenaar en het die aand ’n vertoning in die Wynland. En dis in ’n woud, met buikdansers … Dis eenvoudig net te aanloklik om nie by te woon nie. Ek skerts met my vriende: “Ek weet ongelukkig nie of ek die aand in die helfte deurgesaag gaan word, en of hy geld agter my oor gaan uitpluk nie.” ’n Paar lag in hul mou.

Na die vertoning gaan drink ons ’n glas wyn. Hy noem, met ’n ongemaklike laggie, dat dit nogal ’n watergat vir die gepeupel (studente) is. Ek steur my nie daaraan nie, want ek kom van Bellville en onthou met nostalgie die Starlight Diner van destyds. Boonop was daar ’n kroeg in menige huis.

Tog, die volgende dag, bly die voorval my by. Die pronkende pouvere wat ek moes beleef. Ek besit nie eens ’n stofsuier nie, wel ’n besem. ’n Vrou van 40 sonder ’n oond of mikrogolfoond, met slegs twee gasplate. En ek begin wonder of ek hiervoor kans sien. Veral toe die boodskappe op my foon begin deurkom soos koeëls uit ’n AK47. Die een na die ander instroom. Vrae. Stellings. Spelfoute. Verskonings vir spelfoute. Hoe gaan dit? Al weer. Wat maak jy? Nou? En nou? En … nou? Ek skakel my foon af en gaan spuit my tuin nat. Net om later in te klok toe goeie maniere my aanval. Ek het in die tuin gewerk, dit gaan baie goed met my. En die data word afgeskakel voor die koeëls weer kom.

“Ek het jou op Tinder ontmoet en ons het op ’n afspraak gegaan. Jy moet nou met my praat!” Argh!

Dis juis daardie oggend wat ek wakker word met die pyn in my skouerblad. Ek gaan deur die dag sonder om te veel daaroor te tob, want dit sal mos soos die dag vorder verbeter? Toe nie. Dinsdag gaan ek dokter toe, en Donderdag sit ek verlof in vir Vrydag, sodat ek die hele dag met ’n warmwatersak agter my skouer en vol pille op my bed kan lê.

En Tinder biep en blaas in die agtergrond. Mense word kwaad, want ek is nie heeltyd daar nie. Antwoord nie. “Unmatch” my. Gooi hul AK47s in die water. Ek gluur sylangs na my foon.

Snaaks die skuldgevoelens wat mens ontwikkel … Soos ek wat in die week nie vir die kulkunstenaar kon vra om asseblief minder boodskappe te stuur nie, en eerder net my data sporadies afgesit het. Net so het ek die Donderdagaand sleg gevoel om ’n fliek te kanselleer, want ek het dit immers twee weke vantevore gedoen. Ek ry dus kiertsregop dorp toe, net om daar te kom en te hoor my vriendin het hierdie keer gekanselleer. Dit kom van mens se data afsit. Vies vir myself besluit ek tog om dan nou maar die fliek te kyk, al is die stoel ongemaklik. Tipies sukkel hulle met die klank en besluit om dalk ’n ander fliek te wys. Ek is te moedeloos om kwaad te raak en het reeds ’n glas wyn gekoop wat moet klaar, maak nie saak watter fliek vertoon word nie.

Na tien lang minute werk die klank tog wel en ons kyk en luister. Dis slegs 45 minute lank, maar die fliek gryp my verbeelding aan en roer ’n snaar wat ’n dekade laas geroer is. Die nomadiese malkop in my ontwaak. Daar stap twee jong mans elkeen met ’n branderplank oor strawwe terrein na ’n verlate baai om vir nege maande in die wildernis noord van die Arktiese Sirkel te gaan bly in ongure weer. Sonder sein en sonder ’n blyplek (hulle bou ’n skuiling uit strandrommel) en kos wat hul gratis kry omdat die vervaldatum verby is.

Dis pragtig verfilm. Maar wat my bybly is dat die een outjie sê daar is so min wat gebeur, 'n mens het die tyd het vir daardie min om in te sink. Daar is niks wat daardie gedagte in die rede val nie. Die min hou lank en het betekenis.

Ek stap uit die flieklokaal en gaan staan alleen en opgewonde op die sypaadjie. Ek weet wat ek wil hê. Dis beslis nie Tinder nie. Daar is ’n ander vlam wat ek weer aan die brand wil kry. Dit sal my skouer ook oplos besef ek. Want om vir ses maande in Suid-Amerika rond te reis beteken ek kan nie meer agter ’n lessenaar sit nie. Dit beteken ek sal ’n ander plan moet maak om ’n gereelde inkomste te kry in plek van ’n standaard salaristjek. Ek het ’n passie herontdek wat behoeftigheid gaan kortwiek.

My partytjie “FOMO” verlaat my. Skarrelkat gaan krul op ’n bed by die see vir die naweek en spin in die beddegoed in. Sy lag haar bors los, eet vars vis en drink goedkoop wyn in skurwe kroeë met uitsigte oor die see soos die son sak. Stap met die strand langs en kry haar klere en hare sopnat.

Weer tuis sê ek vir die kulkunstenaar toe hy weer sy AK47 afvuur, “Ek was see toe en het ’n nuwe mens teruggekom. Tinder is nie my tipe avontuur nie.”

Hy’s vir ’n oomblik stil. “Vir my ook nie.”

Melanie Carstens

The post Brandstigting appeared first on LitNet.

Pilanesberg in die laatsomer

$
0
0

Die Pilanesbergkom is vanjaar besonder mooi in die laatsomer. Wuiwende grashalms wat heuphoogte op die vlaktes staan, getuig van goeie reëns in die vroegsomer. Vir diegene wat bloot kom leeus soek is dit nie die ideale scenario nie, maar vir die wat die skoonheid van ongerepte Afrika kom inadem, kan jy geen mooier skilderdoek kry nie.

Oral wei reusetroppe rooibokke, blouwildebeeste en sebras. Langnek-kameelperde vreet stom aan die blare van die hoogste toppies. Die logge ou grotes, renosters en olifante sien jy met gereelde tussenposes. Die hartklop van Afrika is immer hier teenwoordig.

Wat my besoek aan die Pilanesberg-natuurreservaat vanjaar ekstra spesiaal maak, is my reisgenote. Albei my ouers, reeds in hulle laat sewentigerjare maar springlewendig en gesond, my broer en sy vrou wat in die Wildernis, Suid-Kaap woon en my suster wie se woonplek deesdae Köln, Duitsland is, is almal hier om heerlik saam te kuier.

Soggens vroeg word die koffieflesse volgemaak en wanneer die hekke oopgaan, is ons in een of twee voertuie op pad om wild te soek. Die vier koedoekoeie wat ons onverwags op ’n draai aantref, laat almal se harte vinniger klop. So fyn en manjifiek staan hulle daar, afgeëts teen die kliprantjies. Om die volgende draai wag ’n renosterkoei met haar kalf so naby aan die pad, ’n mens kan byna aan hulle raak.

Voordat die son se kop te hoog in die lug is, word daar iewers by ’n piekniekplek stilgehou om ’n heerlike noenontbyt aanmekaar te slaan. By Fish Eagle is die inwonende bedelaar ’n astrante patrysie wat reg staan om enige krummel wat van die tafel af val, met ’n verbysterende spoed op te pik. Na liggaam en gees versadig is, vertrek ons dan weer ’n rukkie later, steeds op soek na die katte wat ons altyd ontwyk.
By twee geleenthede gebeur dit dat net ons vyf Steenkampies in een motor ry. Talitha, Francois se vrou, het werk om te doen en sy bly dan in die kamp agter. En so ry pa en ma en boet en sus en ek kruis en dwars deur die reservaat terwyl ons heerlik kuier.

Wat ’n besoek aan die park so spesiaal maak, is dat ’n mens jou dag se agenda na willekeur kan aanpas. Woensdag is ons slaggereed om vir ontbyt te braai maar uiteindelik sit ons te lank en wyn drink op die pragtige Bakubung Lodge se stoep, en ons besluit om sommer vir ’n ligte middagete stil te hou by Pilanesberg-sentrum. Dis daar waar die watergat en die soutlek sorg vir immer teenwoordige besoekers, meestal blouwildebeeste wat malend om die homp sout draai. Langnek-kameelperde doen hier vlak voor ons ’n grasieuse buiging om by die water uit te kom. Astrante apies spring rats nader om niksvermoedende toeriste se kos uit hulle borde te steel en word dan met groot fanfare deur die personeel verwilder.

Vir ons beplande piekniek die volgende oggend kies ons ’n roete na die westekant van die park. Een van die paaie in die omgewing staan bekend as die Moloto-roete. Die roete is weliswaar sonder die taxi’s en busse wat teen ’n verbysterende spoed voortbeur op die gelyknamige pad noord van Pretoria. By ’n watergat wag daar byna ’n noue ontkoming toe ’n alleenloper olifantbul skielik vir ons laat weet ons versper sy voetpad na die water. Blitsvinnig skuif Francois die motor en ons kyk rustig verder na die lui seekoei wat uit die water dryf en wei-wei op die oewer in die kort grassies aanbeweeg.

Vanoggend is dit weer net ons vyf in my broer se voertuig. Ons hou bo by die Moloto-piekniekterrein stil vir ontbyt. Aangesien ons die enigste gaste by die piekniekplek is, word daar vrolik gelag en gekuier. Daar is byna konsternasie toe ons besef dat my moeder die rooster en die pan waarin ons die eiers moet bak, agter in my pa se motor vergeet het. Plan B word vinnig in werking gestel. Daar is gou-gou vyf leë bierblikkies beskikbaar, en op die vuurmaakplek wat deur die park voorsien word, kook ons al die eiers gaar. Perfek gekookte eiers: wit hard, geel sag soos nie eers my elektriese eierkoker in Centurion dit kan regkry nie. Ons skerts en lag en wonder verspot of ons die foto’s vir Castle Light moet stuur want dis danksy ons Castle Light-bierblikkies wat ons vanoggend die eiers kon gaar kry.

Wat ’n wonderlike oggend word dit nie. Dis nie aldag dat ’n mens die kans kry om alleen met al die mense met wie jy kleintyd ’n huis gedeel het te kuier nie. ’n Mens vergader mos aanhangsels langs die pad. In die koelte van ’n groot ou wildevyeboom skuil ons teen die son wat ongenadiglik neerbak. Net Heleen, wat pas deur die Europese winter geworstel het, is bereid om die son te trotseer. Daar en dan wens ek ek kan die oomblik in ewigheid vasvang. Wens ek ek kan die klok met sowat veertig jaar terugdraai om weer eens die geborgenheid en veiligheid en kommerloosheid van my kinderdae te ervaar. Tussen die gelag en nonsens praat besef ek tog hoe bevoorreg ek is om hierdie ervaring te kan geniet.

Uiteindelik word dit tyd om te ry. Naby aan die piekniekplek is daar ’n reeks uitkykpunte bo op die plato. Die son is reeds besig om teen die kim af te sak en die Mankwe-dam lê soos ’n blink spieël onder in die kom. Meteens val my oë op die woorde wat op ’n bronsplaatjie op die bankie by die uitkykpunt, aangebring is: “Herinneringe, mooi herinneringe, is die droë brandhout wat elke mens vir hom versamel vir die donker winternagte wat vir een en almal van ons êrens op die ver paaie wag.”

In my hart is daar vandag ’n stille vrede want ek weet al gaan ons binnekort weer in verskillende windrigtings uitmekaar spat, sal die herinneringe, wat ons hierdie week soos droë brandhout bymekaar gemaak het, altyd genoeg wees om die vuur in ons harte hoog te laat brand.

The post Pilanesberg in die laatsomer appeared first on LitNet.


Jammer, Sjeherazade

$
0
0

Sjeherazade was nog altyd my rolmodel – haar verbeelding! haar vernuf! om 1001 nagte aanmekaar stories uit haar duim te suig om haar eie lewe te red! - maar ek brand hoegenaamd nie van begeerte om haar hartland te leer ken nie. Die fabelagtige Persië van weleer, wat deesdae Iran genoem word, klink nou eenmaal nie soos 'n land waar 'n parmantige vrou soos ek tuis sou voel nie.

Die naaste wat ek ooit aan Sjeherazade se wêreld gekom het, was twee dae in Qatar, net oorkant die Persiese Golf. Nes Iran is Qatar ook 'n Midde-Oosterse woestynland waar jy met 'n sweep geslaan of met klippe doodgegooi kan word vir 'n wye verskeidenheid van 'misdade' soos om wyn te drink, spek-en-eiers te eet of homoseksueel te wees. En waar vroue min of meer dieselfde regte as honde het. Kortom, nie my soort plek nie.

Maar ek moes onlangs haastig van Frankryk na Kaapstad vlieg en die enigste bekostigbare vlugte was met Qatar se nasionale lugredery ...

Ter wille van my beursie het ek dus besluit om my vurige verontwaardiging oor Sharia-wette lank genoeg te sluk om 'n uur of drie op Doha se lughawe vir 'n aansluitingsvlug te wag. Ek sou darem seker nie op 'n internasionale lughawe gestenig word vir my vele sondes nie.

Maar toe vertrek die vlug ure laat uit Parys, en teen die tyd dat ons in Doha land, het die lughawe soos 'n ramptoneel gelyk. Blykbaar is ál die lugredery se vlugte daardie dag vertraag, en honderde passasiers het met wasige oë rondgedwaal op soek na hulp, soos oorlewendes ná 'n bomontploffing. Ander het geskel en geskreeu en die ouens met wasige oë uit die pad gestamp om eerste by 'n toonbank uit te kom. Nie dat dit hulle gehelp het om uit Doha te ontsnap nie.

Die meeste van ons kon eers die volgende dag weer 'n vlug vang.

Ons is beveel om in 'n ry te gaan staan om 'n tydelike visum te kry sodat ons die lughawegebou kan verlaat. My protes dat ek nie die lughawe wíl verlaat nie, het op dowe ore geval. Met my splinternuwe visum vir gedwonge toerisme het ek in nóg 'n ry beland, dié keer om te wag vir 'n bus wat ons na 'n hotel sou vervoer.

Die busbestuurder het na 'n verlate parkeerterrein gery, stilgehou en uitgeklim om 'n sigaret te rook. 'n Kwartier later kom ons spul passasiers van verskeie lande agter ons bestuurder het spoorloos verdwyn – en ons is in die bus vasgekeer want die outomatiese deure kan nie van binne af oopgemaak word nie. Ons het benoud teen die ruite gestamp en al hoe harder om hulp geroep, maar daar was geen siel in sig om ons te hoor nie. Toe 'n breedgeskouerde Skandinawiër begin om die nooduitgang se ruit uit te stamp, kom 'n ander busbestuurder doodluiters aangeslenter, klim in en ry verder.

Ons het hom in minstens 'n dosyn tale probeer vra wáárom sy kollega ons soos misdadigers in 'n vangwa toegesluit het, maar hy het sy skouers opgetrek en voorgegee dat hy nie een van ons tale kon verstaan nie.

Daarna het hy ons aan die buitewyke van die stad afgelaai, voor 'n gebou wat soos 'n skoolkoshuis op die Suid-Afrikaanse platteland lyk. Ek belowe ek is nie 'n hotelsnob nie. Ek het al salig geslaap in vlooihole in groot Europese stede en in agterkamers in Mexiko en in Amerikaanse motelle wat aan Hitchcock se Psycho herinner. Maar hierdie hotel met oranje-bruin dekor uit die jare sewentig en hysbakke wat nie behoorlik werk nie, was in 'n klas van sy eie.

Die soort plek wat alleen draaglik is as mens 'n bietjie dronk is - om Uys Krige aan te haal - behalwe dat drank natuurlik buite die kwessie was in 'n Sharia-land.

Ek het na die eetsaal gevlug om 'n plaasvervanger vir 'n glas wyn te vind. In die middel van elke tafel het 'n boks snesies soos 'n blomrangskikking gestaan, en teen die muur was 'n houer met kookwater en pakkies sigorei-poeier en 'n enkele blikkie soet gekondenseerde melk. Toe ek besef dat regte koffie ook onverkrygbaar is, het ek 'n taxi gaan soek om die strate van Doha in te vaar. Nie omdat ek Doha wou verken nie, maar omdat ek dringend koffie wou drink.

Die taxi het my voor die tradisionele mark, Souq Waqif, afgelaai. Teen die tyd dat ek agtergekom het daar is geen geur van koffie (of enige teken van lewe) in die smal stegies nie, het die taxi so spoorloos verdwyn soos die busbestuurder vroeër. Daar was geen ander taxi's in die omgewing nie, want die mark sluit tussen twaalf en vier smiddae. Presies die tyd toe ek daar opdaag.

Maar volgens 'n stadskaart op my slimfoon was ek binne stapafstand van die museum van Islam-kuns. Die kunsversameling is glo asemrowend, maar wat my aan die stap gekry het, was die hoop dat die museum 'n ordentlike koffiekroeg sou hê. Ek het omtrent 'n uur gestap − sonder om 'n enkele ander voetganger teë te kom.

Dit het soos 'n spookstad gevoel, hoë nuwe kantoorgeboue langs breë nuwe strate vol blinknuwe motors, maar g'n mense buite te sien nie.

Toe ek eindelik by die indrukwekkende spierwit museumgebou uitkom – ontwerp deur dieselfde Pei wat Parys se befaamde glaspiramide opgedroom het – kon ek stééds nie koffie kry nie. Die museum is toe op Dinsdae. En my onvergeetlike dag in Doha was 'n Dinsdag.

Ek het 'n taxi terug na die hotel gehaal en Al Jazeera-nuus gekyk tot ek die volgende oggend Kaapstad toe kon vlieg.

Met die retoerreis moes ek weer 'n volle dag in Doha wag – maar hierdie keer het ek volstrek geweier om die lughawegebou te verlaat.

Ek glo nie ek sal dit ooit nader aan Sjeherazade se wêreld waag nie. Ek wéét nou ek sou nie 1001 nagte in haar Persië oorleef het nie. Eén nag in 'n dranklose, koffielose Midde-Oosterse hotel was genoeg vir my.

The post Jammer, Sjeherazade appeared first on LitNet.

Muti water

$
0
0

Basotho blanket (source: http://www.houseandleisure.co.za/shnu-tribal-and-basotho-blankets/)

"No! I don't have time for bloody lame excuses today!" My mother’s voice lashes across the frost-covered lawn.

Right away I stop chipping the ice out of the dogs' food bowls and peek around the corner of the doghouse. At the same time our two German Shepherds charge, barking at a small, blanket-wrapped figure standing at the kitchen door. It is Sophie, the youngest daughter of our washerwoman, Sanna.

"Heel, Bruno! Heel, Rex!" I shout, fling a bowl at them and run to grab them before they can get to her.

I get a grip on their collars, dig my boot heels into the slippery grass, and pull them back to the doghouse.

Sophie mutters something that I can’t hear.

"What is it now?” The intolerance of earlier this morning is still in my mother’s voice.

Morning had begun with my mother angrily stoking the coal stove, making coffee and cooking the dogs' porridge herself because Sanna didn't show up for work.

My mother looms like a dominee in her navy robe over Sophie at our backdoor alcove. Sophie is barefoot on this bitterly cold morning and she shifts from one foot on to the other.

"How is it that she is always sick on a Monday morning when she has to come and do the wash? She's babalas. That's what you people do, drink all weekend long, that beer you brew. Then when Monday comes all of you are babalas and can't work. Yes, well, tell your mother that I, unfortunately, am not that privileged. I cannot send someone to say I am sick. I have to work, sick or not, so I can pay your mother."

I feel sorry for Sophie; she doesn't know my mother or how my mother can get when she flies off the handle.

"Yes, tell your mother she is a lucky woman!" My mother babbles on, though she knows Sophie doesn’t understand much English. My mother begins to close the back door, but then throws it wider.

"And tell her there is no one here who will do her work. The washing will wait for her!" Then my mother bends down, snatches the doormat by her fur-trimmed bedroom slippers and shakes it vigorously next to Sophie. Sophie steps back and recoils deeper into her blanket.

"And you tell her it will do her good to stop smoking that garbage she rolls. No wonder she looks like a corpse!" In one swift movement my mother throws the doormat down and slams the door. Sophie about-faces, scrunches her toes up, and scurries on her heels across the frost. The dogs dart at her again. “Heel! Rex! Bruno heel!” She shrieks and freezes in her tracks. Her face, usually coffee brown, turns milk white. She holds an end of the blanket in front of her as if it will protect her from the dogs. My father says there's nothing that scares blacks more than a large dog. The dogs strain in their collars, but I hold them tightly. Sophie's brown eyes grow wider and wider.

"Dumela," I greet her in her language and smile big to show her I’m not angry with her. She does not move; tears run down her cheeks.

"It's okay, Sophie, I won't let them bite you. You can go ... eh, hamba ... eh, hamba kahle ... walk safely." At last her feet detach themselves from where she stood stuck to the frozen ground and she darts to the road.

I watch her disappear behind the hawthorn hedge.

Sanna started working for us when I could barely pull myself up on the side of our bathtub. Every Monday morning she came walking up the dirt road from the black township, wearing her brightly coloured Basotho blanket around her shoulders and her orange-and-black headscarf. The stomping of her laceless men's shoes sounded her arrival as she turned off the dirt road on to the cement courtyard at our gate.

She always greeted me with "Dumela, clever face, slim gesig" when I opened the back door for her.

Sanna entered our kitchen, bringing with her the scents of thatch grass and a coal fire. After trading her blanket for her apron she cooked mealie porridge for the dogs. Though cooking our breakfast was Cook's job, cooking the dog food on Mondays was Sanna's. Sanna sat on a paraffin crate at the back door drinking her coffee out of a tin mug while she waited for the mealie porridge to be done. When it was cooked she dished up for the dogs and saved the left-over mealie porridge for her own lunch.

It took her all Monday to do our laundry. Everything went under her hands on the washboard. The sheets, pyjamas, socks, shirts, table-cloths, serviettes - everything. She knelt over our bathtub and rubbed the washing between her brown hands. After the washing had dried on the outside line she prepared it for the next day’s ironing.

Cook fed us leftovers in the dining room on Tuesdays since Sanna occupied the whole kitchen with the ironing. She spread the ironing blanket over the kitchen table while her irons heated on the coal stove. On the table in the breakfast nook stood bowls with starch for the table linens and my father’s shirt collars. On the pantry door hung satin-covered hangers waiting for our dresses to be ironed.

One day Sanna said to me, "My girl Sophie, she's like you, just so, so high.” She turned her palm up, fingers bent to demonstrate with the back of her hand the height of her youngest. My mother said that's the gesture the natives make to show the age of their children, not in years but in height. She said they hold the palm up because turning the palm down, they believe, might stunt the growth of the child. My mother said Sophie must be about my age, nine or so.

Another time Sanna, with her eyes shining like two sunlit marbles, said to me, "My Sophie, she is so smart! She is going to school next year there by the nuns at the stone church in the township."

My mother sees me entering the kitchen door.

"Out, Nella, out with those dirty boots," she says and wipes a strand of sweaty hair from her forehead and pins it on the side of her face.

I take my boots off at the back door and hear my father come into the kitchen.

"Who was here?" he asks.

"Sanna is sick again. That was her daughter, Sophie," says my mother.

"Poor thing."

"Not ‘poor thing’! You know yourself that there is always an ailment on a Monday morning when there is work to be done. And now that Cook has gone to her niece's funeral, all the kitchen work is on my hands. You know Emily cleans inside, but is worthless around cooking. If it's not a funeral to keep them from working, then there's always a sickness. But I know what it is with Sanna. She's babalas, of course. It's from that brew they drink. Someone said the other day that those natives even mix lighter fluid and human blood into the mess they drink. On top of everything she coughs so around Nella, I don’t like it. When I tell her to stop smoking, she looks at me as if she doesn't understand me. She's a sly one, that Sanna. I've had just about enough of this. I'm going to pay her off the next time she comes. I’ll look for someone more dependable.

"Did you give Sophie something to eat?"

"Look, Dadda, if you think I have time to feed every skorrie-morrie that comes to my kitchen door, you're mistaken, my dear. If you want to feed them, do it yourself."

"You could have given her something warm ... What about some porridge, Deborah? That's what Sanna eats when she's here anyway. Sometimes I don’t understand you. My God, think for a minute! That child left her house when it was still pitch dark and she walked here in the freezing morning to tell you her mother cannot come to work, and you can't give ..."

"Please, please," my mother interrupts him, "not your charity speech again. Dadda, dish the oatmeal up for you and Nella. There’s eggs and wors in the oven also. I won't have time to eat."

She scurries from the sink to the stove and hands my father the plates. I sit across the table from my father in the breakfast nook and try to eat my oatmeal. We don't talk. The sun streaks through the window over my father's blond hair and across his shoulders. He's wearing his khaki work jacket over a blue sweater. My mother always tells my father what to wear. She says he's the boss horse breeder in our area, and he's got to look like one, even when he's doing heavy “vuil werk” with the horses. My mother slams pots and pans around. I put a tiny glob of butter in the middle of my oatmeal and watch it melt into a yellow eye looking at me. I can’t eat. I sprinkle sugar and cinnamon over my oatmeal. It smells like my grandma's cookies, but I still can't eat it.

"Nella, you sit there staring. Are you through eating?” asks my mother.

"Ja, Ma."

"But you haven't taken one bite, sweetheart," says my father. "Eat, my child, come on, just a few bites. How about a little piece of wors? You can't think on an empty stomach." He looks at me with his chocolate pudding eyes. I know he sees I'm sad.

"Don’t worry love,” he says and squeezes my hand.

I can't swallow. There are tears, lots of tears stopping up my throat.

"If you don’t want to eat, take your plate to the sink and go finish up in your room," says my mother. "I don't want to come in there and find that you have left your bed unmade. Did you feed the dogs?" She doesn't wait for me to answer and adds, "And hurry, you’re going to be late. Dadda, when you go to the farm today, ask Masilo if two of his daughters can come and help on Friday and Saturday. We've got those horse breeders here to wine and dine this weekend, and there's the silver that has to be polished, and the floors and furniture need waxing, Emily can’t do it all. Betty said she would help me with the flower arrangements. But that's a laugh. Where will I get flowers here at the end of winter? The shop will be busy too, with the horsey ladies looking for new outfits to wear at the horse show this weekend. Lord, Lord, and I have only two hands."

My mother's words boil and burble in the kitchen while I finish in my bedroom. I make my bed, brush my teeth and put on my school uniform. My cat is sleeping in a patch of winter sun on the window sill. I put my face in her fur and feel her purr. Next to my cat, I like Sanna and my dad the best in our house; and the dogs of course.

"I'm going to burn the grazing pasture below the township this evening, just leave my food in the warming oven,” my father says.

His work boots crunch across the kitchen floor; he slams the backdoor. Outside I hear him call the dogs to take them to the farm with him while my mother still talks.

"I don't know why I have to do all the work. I stand on my two feet all day in the shop and when I am home I have to cook and clean and wash. I don't care how high the dirty laundry bundle gets. For my part it can get as tall as Mount Ararat, but wash it Sanna will. And afterwards, I will give her her pay, and she can bugger off.”

I don't want to hear any more. I run past my mother and call, over my shoulder, "Bye." Like my father, I slam the backdoor. I slam it to stifle my mother’s anger that is like a pot of boiling porridge bubbling and sputtering and burning where it splats.

I walk to school with my book bag over my shoulder and my hands inside my school blazer pockets.

Sophie must be cold and hungry where she is now walking barefoot down the dirt road. My father said I should eat because I cannot think on an empty stomach … but what about Sophie? Something aches deep inside of me when I think of her.

Our town is sandwiched between large horse, dairy and mealie farms on the side of the train station where the sun comes up, and on the other side where the sun goes down is the black township. Our town, Botharus, has no traffic lights and no paved roads. The main dirt road stretches from one end of our small town to the other. My mother’s dress shop, Deborah’s Modes, sits on this road in the middle of town with the school and most of the shops, the post office and the magistrate’s court. The back windows of my classroom look out on the train station and the coal heap where the coal peddlers come to buy coal. When the Bloemfontein train goes past, our classroom stinks of the coal smoke.

Our house with the Dutch gables is behind a tall hawthorn hedge on the side of the courtyard that separates my mother's clothing store from our house.

I try to forget Sophie and shift my thinking to my father. By now he is on his way to our farm with the dogs in the back of the bakkie. I imagine him at the stables with the new foals. This afternoon he'll load wet burlap sacks and large drums filled with water on the bakkie. He and Masilo will sit inside the cab, and two or three of the other farm workers will ride with the dogs in the back. They'll drive to the pasture near the black township, where they'll light the dead winter grass and follow the fire with the damp burlap sacks to make sure it doesn't jump the road.

They will burn the old veld to make way for new grass in the spring. The green of the first new grass of the burnt veld is my favourite colour green.

I hear the children on the playground and before I know it I’m thinking of Sophie again. I wonder if there’s a playground at the nuns’ place where Sophie goes to school. I think of Sanna who is sick. Sanna, who always has time to play with me when she comes to do the wash. This afternoon when I get home from school she won't be in the bathroom rinsing our sheets. She always rinsed the whites in blue colour rinse. The blue water reminded me of the ocean. A while ago Sanna smiled at me over the blue rinse water and said, "Ah, ah, ah, Sophie is so smart, she can count now by English. One day, Sophie will be a teacher."

After she’d finished washing, she hung everything on the outside line in the sun. One time, while she was outside hanging the wash, I went into the bathroom, took my clothes off and jumped into the tub with the blue water. I pretended I was at the beach swimming in the ocean. Sanna had never seen the ocean. She didn't believe me when I told her about the water that moves up and down. I insisted, "It’s true, Sanna, I tell you, the water comes up like this." I made waves in the tub and said, "These are like the baby waves but at the ocean they are maningi big. Waves come up high like the hills over there."

She looked at me, shook her head and said, "How the water can come so high? Ha ha ha, you are making me the story."

"No,” I said, “it’s not a story, it's true. And you see only this water all around you. You can't see any land or houses or cows or goats or cornfields; it's all just water."

"Everywhere water?"

"Everywhere."

"How come that water does not come here to help us when the mealies are dry and the cows and the sheep do not have the food to eat and the dry is everywhere? How come that water does not come here to help us?"

"I don't know." I had never thought of that.

One time I brought Sanna sea water in a bottle. "This is the water that goes up and down like the hill and is everywhere … everywhere you cannot see the end of this water," I said, waving my arms, trying to show her how far and wide the ocean is. That was the first bottle of sea water with bits of shell and sand in it I gave her. From then on she expected me to return from the beach with sea water for her.

"In there? You put that water inside the bottle?" She looked suspiciously at the water. "Ha, but you said that water was blue like the rinse blue.”

"When all that water is together it is, but the blue doesn't come into the bottle with the water. The blue colour is like the magic. Only the shells and the sand come in," I explained to her, but more to myself. I, too, didn't understand why the water didn't stay as blue as it looked from the top of the mountain.

"I think this water is muti water,” Sanna declared, and from that day on she took the sea water like medicine and swore to Cook that sea water healed better than old Dr Morris's pills.

I walk through the school gate by the winter-dry apricot tree and hear the school bell ring. Sophie will be late for school. I wonder if the nuns will punish her. Sanna says Sophie is smart. But Sanna doesn't know that to be nine years old and still in the first grade isn't very smart. We've trained our animals. Our dogs are trained to herd the sheep and our horses are trained to jump and canter. My mother rides our horses and has won many silver cups for dressage. If the dogs and horses can learn, then I know Sophie can learn, too. What if Sophie could come to school with me? But the blacks and the whites cannot go to school together, it's the law, I know that. Even if she could come, she doesn’t have shoes or a school uniform.

Last summer vacation before we left for the beach Sanna called me to the back stoop. "Come, Clever Face, I brought Sophie. Come see my Sophie. You ask her to count for you. Now she can count, you hear, she can count very good by English ... you ask her," Sanna said proudly.

Sophie wore her summer wrap and a head scarf like Sanna’s. She hung her head and counted for me and my mother to 20. I smiled at her to show her she counted well and not to be scared to be at a white man's house.

“Come, come there’s no time for games. Let them go eat their lunch. There’s work to be done,” said my mother.

“I want to sit with them.”

“Inside, Nella,” said my mother.

In a straw basket on the dining room table were peaches and apricots from our garden. I picked two good peaches and crept to the back stoop. They sat hunched over on the paraffin crate, with their tin plates in their laps, eating their mealie meal porridge with our old throw-away spoons. We keep their plates and spoons separate under the sink. My mother doesn’t allow the blacks to eat or drink out of our dishes. Sanna had poured the leftover gravy from our lunch leg of lamb on their porridge. My mother said the black people don't care for vegetables and desserts; they prefer their own kind of food, which is mealie meal porridge.

After they had finished eating that day, I gave them each a peach. I couldn't remember what my mother said about fruit, whether the blacks liked fruit or not, but I could see that Sophie had never eaten a peach. She wiped and wiped at the fuzz on it and looked at it. She touched the skin with her tongue and the tips of her front teeth, but she didn't bite into it. She took both peaches and tied them in a cloth. I think she must have taken them home for Sanna's other children.

I feel lonely without Sanna when I get home after school. I search through all our closets to see if there isn’t perhaps a bottle of sea water left somewhere, but there's none. I go to the shop to ask my mother if she knows where there might be sea water, but she's busy helping two ladies pick out dresses and hats for the horse show on Saturday. She can't talk to me. My father is at the farm, so I can't ask him either.

I change from my school uniform into my old clothes. I button my thick brown sweater over my flannel shirt and put on my woollen cap. I fill a clean glass bottle with tap water. I pour salt in it and push small shells from my shell collection through the neck of the bottle. Though its pretend sea water, it tastes real. Sanna will believe it's muti water, and she will drink it and get better quickly. I don't want the bundles of dirty clothes to get as high as Mount Ararat like my mother said this morning. I've seen Sanna's raw hands after she's done a large load. I don't want to see her mouth twitch with pain.

I sneak down the cement path between the bare rose bushes. I get through the courtyard gate without anyone noticing me. I’m taking the muti water to Sanna.

The afternoon smells of donkey dung. I start down the dirt road with the train station at my back towards the creek. Here and there chunks of coal have fallen from the loaded coal peddlers’ donkey carts on their way to the township. I follow the large black crumbs like Hansel and Gretel, past the Asterlands’ yard with the bare peach and apricot trees. After Mr Asterland's yard is Mr Carvados's vegetable shop. There's a pile of limp cabbages in the window. Against the dusty wall on the verandah are sacks of oranges and potatoes. We don't buy our vegetables from Mr Carvados, because he's Greek. My mother says we must support our own people. That's why we don't buy from the Indians either.

I turn the corner and walk past the Indian shop. I see my long-legged reflection dimly in the grimy window, behind which are bolts of fabric. My mother says it’s mostly cheap stuff, but Mr Patat raises the price and sells it to the blacks. Mr Patat is sitting warming his slippered feet by a paraffin heater near the door. He sees me and smiles a golden-toothed smile. I nod. He looks at the bottle in my hand. I wish I could tell him about the medicine water that I had mixed to make Sanna better. But I'm not supposed to talk to him.

I walk past the Apostolic Church and switch the bottle to my other hand. It's silent in the churchyard, only the wind rustling through dead leaves piled against the gate pillars.

The road is full of potholes the closer I get to the bridge over the creek. I slip from a hardened dirt ridge and just before I fall into a hole I stop my fall with my free hand. Pinpricks of blood break out on the heel of my hand; I had forgotten my gloves. I lick the blood off and blow on my stinging hand. Not a soul is anywhere, not a dog barking.

Slowly I cross over the bridge. Shadows of the bare poplar trees stretch long over the animal tracks in the dry creek bed. The sun glistens on broken glass and throws shadows of a rusting car part against the opposite bank. I leave a row of silent houses behind me. I hug the bottle against my sweater.

The winter wind has picked up and rustles around in the dead grass and the glass bottle feels icy in my hand. My boots are covered in red dust.

I hurry on. Soon I'm so winded I can't breathe. There's a stitch in my side. I put the bottle down on a patch of dry grass and hold my arms above my head. The stitch slowly leaves me. I clap my hands to get them warm. I pick up the cold bottle again and put it under my sweater, hugging it against my chest. Now I’m walking slowly like my grandpa when he brings a newborn lamb in his arms for me to see. The setting sun is already touching the roofs of the Faurie family's houses. Their houses are strung together like beads on the township side of the creek. They all live there together, the grandmas and grandpas, the mothers, fathers, and children, but no one is outside. From their houses down to the creek is a ploughed patch of land waiting for the spring planting of corn and watermelons.

There are four more houses on the left side of the road. There are the Van Vuurens, the Blooms, the ... I can't remember who lives there … and then there is the last house. Rachel and Anna Peterson live here. I wish one of the Petersons would come out and see me. Then I'd say hello in my friendliest voice and they'd say, "Why don't you come inside, Nella?" Then I would go in and warm my hands by their cooking stove.

The smell of fried onions and tomatoes swirls in the wind. My stomach grumbles, and my legs are tired. Maybe I should go and knock at their door.

I almost let go of the bottle when their bulldog suddenly charges at me from behind their house.

"Voetsek!” I hiss. Its teeth flash in the late sunlight. My heart is drumming in my ears. I remember I should stand still. Then I see the dog is at the end of its chain and can't get to me.

I'm like Sophie earlier today, frozen with fear.

The dog growls at me at the end of its chain. My father says if that kind of dog with the scrunched up nose sinks its teeth into you, it never lets go. I know why they have such a dog. Their house is the nearest to the black township; that kind of dog will scare the blacks away.

I put one foot in front of the other and gradually move away from the dog. Rex and Bruno get wild if someone moves quickly. I don't want the Peterson dog to break his chain and sink his never-let-go teeth into me. Teeth going in like that must feel like nails hammered into flesh. Like the nails hammered through Jesus' hands and feet in the picture in my children's Bible. I clutch Sanna’s muti water more tightly and struggle on along the rutted road. Dust whirls around my feet. The wind bites at my fingers and my watering nose.

"Haahno haa!" a voice calls behind me.

I glance over my shoulder. A man on a donkey cart loaded with coal is coming down the road. He sits cloaked in a burlap sack on the cart seat while the donkey plods obediently forward.

"Dumela, ntombazana."

He reins the donkey in and moves the sack from where it was covering his toothless mouth to speak to me. His gums must be cold like the tip of my nose.

"Dumela, wena," I greet him back.

"The ntombazana must not walk here alone. Where is the ntombazana going?"

“There.” I point to the township, where the sun is sliding into the smoke of the township’s cooking fires far, far ahead of us.

"Hau batu, the ntombazana must go home, the ntombazana must not be here. The dark is coming now-now."

He pulls the sack back over his nose and mouth, shakes the reins, and the donkey slowly walks on. "Sama hantle, go carefully.”

I wave. "Ah hai," he mumbles from behind the sack, turning to look at me and pointing his whip back in the direction of our town, urging me to turn back.

Tonight he will sell his coal. I imagine Sanna will send Sophie to buy a bucket of coal for their bowla.

"We take the five-gallon paraffin drum, then we make holes all around the sides and put the coal inside and light the coal with the matches. The bowla burns all the time inside of the house in winter, and we sleep on our sleeping mats around it. The children, they get so nice and warm," Sanna had said.

"Very dangerous thing, Nella,” my mother had explained when I told her that Sanna did not have a heater. "It just shows you, these blacks have no sense. I've heard of black children who have knocked the bowla over and burned up with their house. Now tell me, who would put such a dangerous thing in the middle of a house, and when it burns in a closed up room, the coal gas suffocates the people inside."

Two black men on bicycles pass and greet me. A group of black women come walking by on the opposite side of the road, as far as they can get from the Petersons’ barking dog. They're wrapped in their blankets and headscarves and bend into the wind. Soon they are far ahead of me up the road. I force my sore legs and cold feet forward. The township doesn't seem to be getting any nearer. Against the last purple ribbons of the sunset I see a cross; that is the stone church and nuns’ convent where Sophie goes to school, I think.

On both sides of the road is open veld stretching all the way to the hills on the horizon. Somewhere here is our summer grazing pasture for our horses and cattle.

I don't know where Sanna lives. "Where lives Sanna, the musadi who works at the horse woman's house?" I'll ask when I get to the township. It wouldn't do to say “the woman with the dress shop”, because my mother does not allow blacks to come in and try on the dresses that are for the white women only – the doctor's wife, the magistrate's wife, and the teachers. Only they can leave their sweat on the dresses; the black women may not leave their sweat on my mother's brand new shop clothes. My mother said her clothes would stink, and they would hang there like rotten fruit on a tree, because no one would want them. Then my mother's customers would drive or go by train to Bloemfontein and buy there. And my mother would have to close Deborah’s Modes.

Sanna has never told me her last name. She has never talked about her husband, the way my mother never talks about my father.

I will find Sanna and give the muti water to her. We will sit around their bowla and get warm. I will tell them about the sound of the sea and the waves so high, so high like the hills. Sanna will laugh and say, "Ha, you make the story. Why, if that water can come so high, it does not come here to help us."

More workers from our white-by-night town are coming home. They pass me, some on foot and some on bicycles, silent and tired. They pay no attention to me. Black people are not allowed in our town after dark. If the police catch them they are beaten and put into jail.

The wind blows stronger and carries scents of rubbish heaps and smoke toward me. Far off I hear township dogs barking, voices, something clanging and the mooing of a cow. Night creatures are beginning to chirp and the stars are coming out.

I should have asked the coal peddler to give me a ride into the township. I’m so tired I want to cry. How could Sophie walk so far both ways? I wonder and look for somewhere to sit.        Next to the road I see a shape, a rock dark against the bleak winter grass. I turn off the road and walk carefully towards it. Near it I stop to be sure it's safe to go closer, but it’s not a rock. It's a hollowed-out anthill. Sanna has told me that children trap rabbits and cook them in hollowed-out anthills. Though its nearly dark now, I can make out the black stains on the inside where someone had made a fire just like Sanna said.

I step into the hollow place. It's big enough for me to sit down in. The earthen wall shelters me from the wind. I roll over and lie down. I’ll go to Sanna after I’ve rested for a bit. I close my eyes.

The curved wall holds me in its arms, it holds me the way Sanna has held me. My sweater will be black from the soot in here, but Sanna won't scold me. She will wash it clean.

I must have dozed off. Suddenly I hear shouts, smell smoke, orange light flickers over me. I hear crackling, feet running, dogs barking. I jump up. The veld is on fire. I must do something! Sanna will be happy if I stop the fire with her muti water. I'll help the people with the muti water. She will like that.

I struggle to unscrew the slick bottle top. The bottle slips out of my hands I fight to grab it, but it falls and breaks on the gravelly ground. The water hisses and steams and cooks in the flames. The fire burns on. It burns and burns. It burns the pasture. It burns outside and from within.

The post Muti water appeared first on LitNet.

Fiksie: "Die ander vrou"

$
0
0

Hulle was albei getroud, Assia met haar derde man en Ted met sy neurotiese vrou, toe hulle een oggend oor ontbyt op mekaar verlief geraak het. Sy het hom van ’n droom vertel wat sy daardie nag gehad het en hy het haar gesoen. In die kombuis was sy vrou besig om koffie te maak.

Met ’n uithangtong het Ted agter Assia begin aandraf, vir haar liefdesbriewe en gedigte in sy knoperige handskrif geskryf. Sy heuningpot, sy jakkalsie, sy soettand. Sy wierook en mirre vir altyd, het hy elke nag beloof.

Oor sjampanje het hy vir Assia vertel hoe sy vrou se geneul en gesanik hom wurg en nek omdraai, hoe elke gesprek tussen hulle ’n aanklag en ’n skuldigbevinding geword het. Om nie eens van haar woede-uitbarstings te praat nie. Die ander dag het sy elke boek in hul huis van die rakke afgeruk en flenters geskeur. Sy’t met haar spykerhakke ’n gat in sy studeerkamerdeur geskop. Sy’t ’n vuur gemaak en sy manuskripte en briewe verbrand terwyl sy gewieg en een of ander hokus-pokus gemompel en amper die hele plek afgebrand het. Hy het elke dag gevoel asof hy in ’n kamer vol skrikgemaakte voëls leef, en hoe de hel was hy veronderstel om in só ’n omgewing geniaal te wees? wou hy weet.

Natuurlik het Assia besef hy’s geen engel nie. Haar vriende het haar tog gewaarsku: hy’t ’n los oog vir mooi vrouens, hy’s arrogant, het hulle gesê, selfs gewetenloos, vir homself die son en die maan en die blinkste ster. En hoewel Assia geweet het sy kon enige man laat huil, was dit vir hóm wat sy wou hê, vir Teddy. Daarvan was sy vanaf die eerste dag seker.

***

Twee dae ná Teddy se vrou, Sylvia, selfmoord gepleeg het, het Assia by Teddy en sy twee kinders in Sylvia se woonstel ingetrek. Dit het haar nie gepla nie. Die kombuis waar Sylvia haarself vergas het, was koel en netjies, die waterpype stom gevries. In ’n laai het Assia op resepte en spyskaarte afgekom, in die yskas ’n piesangbrood en vars melk.

Teddy was bleek terwyl hy vir die kinders probeer verduidelik het, die vel los onder sy oë. Die dogtertjie, Frieda, wat elke dag meer na haar ma sou lyk, was drie jaar oud en het nie die woorde gehad om te begryp of onthou nie, en die jongste, Nicholas, was skaars ’n skaduwee. Sy sou dit geniet om na hulle om te sien, het Assia gedink terwyl sy deur die woonstel dwaal.

In die badkamer het sy die medisynekassie oopgemaak. Teddy het dikwels genoem hoe Sylvia gedurig ’n skeet gehad het en vir dae in die bed sou bly. Migraine, sinus, verkoue, ’n veluitslag, winterhande wat sy aanhoudend sou koester en krap, ’n pyn hier en ’n kramp daar, koors om geen rede nie. Die Nembutals en Valiums het Assia in die toilet afgespoel. ’n Leë bottel Halo-sjampoe in die stort het beloof om ’n goue glans aan blonde hare te gee.

Die slaapkamerdeur was toe. Op die spieëltafel het lipstiffies skuins gepunt in ’n ry gestaan – Revlon se Cherries in the Snow, Riding Hood Red van Max Factor en Bravo van Helena Rubinstein. Assia het onthou hoe oordadig en geforseerd Sylvia altyd met haar grilrooi lippe kon glimlag. Sy het Sylvia se klere en notaboeke opsy geskuif, op die bed gaan lê en haar oë toegemaak. Buite was die eikebome swaar van die koue.

Natuurlik het Assia geweet mense sou haar vir Sylvia se selfmoord blameer. Sy was verdoem as verleidster, beskuldig en gevonnis as ploert, heks en hoer. Vorige vriende het omgedraai as hulle haar sien, die vertrek verlaat, gemaak asof sy nie bestaan nie. Selfs Teddy se ouers, wat nooit van hul skoondogter gehou het nie, het aan Teddy duidelik gemaak Assia was nie in hul huis welkom nie.

Assia was beslis: sy sou nié ’n kruis opneem en boetvaardig teen ’n olyfberg uitsteier nie, sy sou nie bloei of smeek of kniel nie. Almal het geweet van Sylvia, haar roekelose gedrag – veral na ’n paar martini’s – die kerfies teen haar bobene en die sogenaamde val van die trappe af, haar uitputtende entoesiasme wat soomloos na wanhoop kon verander. As ’n mens mooi kyk, kon jy die litteken van ’n vorige selfmoordpoging onder haar linkeroog sien.

Maar nee, mense wou veel eerder onthou hoe Sylvia op haar fiets deur Cambridge se studentestrate gery het, summa cum laude met haar hare in ’n poniestert, hoe uitbundig sy kon lag, hoe jonk sy na Nicholas se geboorte gelyk het, hoe sy bruingebrand in ’n tweestuk op die strand al agter die son aangetrek het. Een oorbeligte foto van geluk na ’n ander.

***

Mettertyd het Assia vir Sylvia uit die woonstel gestroop. Sy het die sitkamermeubels en kussings met Birmese materiale oorgetrek, swaar gordyne gehang en kerse en lampe met gedempte lampskerms op die tafels gesit. Sy het breekgoed sonder blompatroontjies gekoop, pakkies Embassy-sigarette weggegooi, laaie en kaste leeggemaak en Sylvia se klere na haar ma gestuur – linnepakkies en fyn truitjies versier met kantwerk, groot hofskoene. Sommer die strikke en haarkammetjies ook.

Net Sylvia se halfvoltooide manuskripte en aantekeninge het in die woonstel oorgebly, rondgestrooi asof sy enige oomblik met ’n koppie koffie kon verskyn, kind en ’n woordeboek op haar skoot. Soms het Assia, sonder dat sy seker was waarom, ’n paar bladsye van Sylvia se notas weggesteek en vir haarself gehou.  

***

Hulle lewe saam het rustig geword. Saans het Teddy sy corduroy-baadjie oor ’n stoel gegooi en, terwyl hy na Beethoven luister, Sylvia se skryfwerk georden. Aanvanklik het Assia hom gehelp. Hulle het nuwe gedigte bymekaar groepeer, selfs die eerste paragrawe van ’n roman geplaas. Maar as hy Sylvia se joernale lees, het hy die deur toegemaak, geskuil asof hy bang was om onverwags ’n geheim te verklap. En om sy eie gedigte het hy sy skouers krom getrek as sy inkom, of geglimlag sonder dat sy seker was waaroor. Ek wil nie daaroor praat nie, het hy dan gesê.

Sy het hom begin mis. Eers vir ’n paar dae, later aanhoudend. Soms het sy hom laatnag vir die eerste keer gesien wanneer hy soos ’n beneukte beer uit sy heilige grot kom op soek na kos en seks. In die bed was hy kru, het hy na ’n slagter geruik. Daar was dikwels bloed soos hy haar geskeur het. En as hy na een van sy drome wakker word, was dit asof hy uit ’n vuur stap. Seer en sensitief het hy sy lyf gedraai sodat Assia nie aan hom kon raak nie. Sy het weggerol na die ander kant van die bed, na hom lê en staar. Selfs in sy slaap het hy sy kakebeen verontwaardig uitgestoot.

Sylvia se postume digbundel met die bybelse naam Ariel as titel het verskyn toe die affodille daardie jaar vroeg in Londen geblom het. Assia het die gedigte oor en oor gelees, verstom dat ’n mislike mens so briljant kon skryf. Sy was nie verbaas toe sy een nag wakker word en tussen hulle, met haar skerp elmboë en groot voete, het Sylvia uitgestrek op haar rug lê en snork nie. Sylvia en haar grafsteen was nou sterker as klip, het Assia geweet.

***

Dit was nadat Teddy sy twee bladsye getikte “huisreëls” ingestel het dat Assia vir Sylvia meer gereeld begin sien het. Op Waterloostasie het hulle saam vir die trein na Hampstead gewag.

Eenkeer, so vieruur die middag, amper donker, het Assia nadergestap. “Jy lag vir my, nè Sylvia?”

Die trein het weggetrek sonder ’n antwoord.

“Is jy nog in jou slaapklere? Hoe laat is dit al? Kan jy nie vroeër opstaan nie?” het Teddy soggens oor stof en ’n koue ontbyt gekla, sy koffie in die wasbak uitgesmyt. “Die minste wat jy kan doen is om grimering aan te sit. Ek is al so gatvol vir dieselfde kos. Kan jy nie ’n nuwe resep probeer nie?” ’n Diep stem waarmee hy so lekker kon lieg.

Assia het reeds besef hy gaan nie met haar trou nie; hulle gaan nie saam in ’n groot huis in die Engelse platteland woon waar hul vriende elke naweek kom kuier en tot laatnag gesels nie. Agter sy kuif het hy weggekruip wanneer sy met hom wou praat. ’n Vreemdeling met wie sy eens drome oor ontbyt gedeel het.

En hy kon aanhou. “Moenie nou praat nie. Speel met die kinders. Hou hulle stil. Is daar skoon klere? Is hul tande geborsel? Moes hulle nie al in die bed gewees het nie?”

Daar was ook die dag in ’n koffiekroeg in Charing Cross. Dit was definitief Sylvia – die voet wat op en af wip, hande ineengestrengel, haar mond ’n giftige rooi tulpie wat ’n enkele woord teen die koppie se rand agterlaat. Teef.

“Ek gaan vir jou dood bliksem, Sylvia,” het Assia agter haar aangeskree.

***

Toe Assia swanger word, het Teddy dit duidelik gestel hy wou nie nog ’n kind gehad het nie. Hy was nie eens seker dis sy kind nie, het hy beskuldig. Hulle kon skaars na mekaar kyk sonder om te sis en te gluur. Assia het hul dogter na haar Russiese voorsate vernoem. Shura het Assia se Slawiese oë en haar pa se lang gesiggie gehad.

Dalk moes hulle mekaar vir ’n ruk nie sien nie, het Teddy voorgestel. Hy wou stilte en ruimte hê. Gerugte van ander vrouens het gou by Assia uitgekom. Sy het advertensie- en vertaalwerk gedoen om haarself en Shura te onderhou. Teddy het geweier om onderhoud vir Shura te betaal. Hy was vrygewig genoeg om vir Assia geld te leen. Elke lening is noukeurig aangeteken.

Terwyl sy ’n gedig van die Israeliese skrywer Yehuda Amichai uit Hebreeus vertaal, het Assia gewonder of sy ooit ’n keuse gehad het:

Datums is reeds in sig
waarop jy nie langer bestaan nie,
Reeds waai ’n wind wolke
wat nie op beide van ons sal reën nie.1

Dit was van die begin af duidelik, onvermydelik, het sy geredeneer. Hoe slim, hoe nougeset en perfek het Sylvia dit nie bewerkstellig nie. ’n Glansryke selfmoord, en die feeksgodin van blosende sonskyn regeer vir ewig vanaf ’n plek waar mense jou dadelik vergewe en met liefde onthou.

***

Buite was dit bewolk en koud. In die hawe het skepe tussen ysblokke probeer deurbreek. Later die dag het sy Sylvia vir oulaas gesien, waar sy by ’n straatkafee ’n bos pers lelies koop.

Assia het die woonsteldeur gesluit, die laai oopgetrek waarin sy Sylvia se notas gebêre het, en vir die eerste keer opgemerk hoe Sylvia se handskrif vanaf kinderlik rond verander het na letters wat oneweredig en los uitmekaar gerek is. Asof sy vinniger en vinniger moes skryf. Assia het dit in ’n koevert gesit. Die volgende oggend sou sy soveel meer na Sylvia lyk, het sy gedink – met helderrooi lippe en ’n gesonde blos op haar wange, met stywe vingers en bene. ’n Somervakansie met koue nagte.

***

In haar testament het Assia bepaal dat haar suster Sylvia Plath se notas wat sy aan haar gepos het, moes verkoop sodat daar geld vir Shura sou wees. Die ironie dat Sylvia vir Shura indirek sou onderhou, het Assia nie verbygegaan nie. Maar dit was onnodig. Assia se suster het Sylvia se gesteelde manuskripte aan Ted teruggegee, want iewers deur die nag het Assia van besluit verander. Sy sou haar kind nié met toebroodjies en melk voor ’n toe deur los nie; sy sou haar kind saamneem.

Shura was waarskynlik gou slaperig van die medikasie. Voor die gasstoof het sy die kind neergelê. Toe het Assia ’n mengsel van whiskey en slaappille gedrink, haar kind in haar arms gevou en die gas oopgedraai. Ted, kon sy maar net hoop, sou vir die res van sy lewe soos ’n kat met ’n krom rug en stomp naels sy gemors probeer toekrap in een gedig na die ander.

Naskrif

Nicholas Hughes, seun van Sylvia Plath en Ted Hughes, pleeg op 16 Maart 2009  selfmoord deur homself te hang.

1 Afrikaanse vertaling deur die skrywer. Assia se Engelse vertaling van Yehuda Amichai se gedig lui: “Dates are already in view/ In which you no longer exist,/ Already a wind blows clouds/ Which will not rain on us both.”

The post Fiksie: "Die ander vrou" appeared first on LitNet.

Deur die vaal sluier

$
0
0
Spekulatiewe fiksie is 'n breë letterkundige genre waarin die skrywer bespiegel oor alternatiewe tot die werklikheid soos wat dit bestaan. Wetenskapfiksie ressorteer ook hieronder. Hier deel 'n skrywer wat weens haar huidige ouderdom nie in aanmerking kan kom vir die wetenskapfiksiekompetisie vir hoërskoolleerders nie, 'n verhaal waar twee fiktiewe karakters met mekaar in gesprek tree oor hul onderskeie wêrelde.

Agtergrond

My naam is Jeanne Mariette Hugo. Ek is in 1984 gebore. Vandat ek kan onthou, praat my ma oor die feit dat sy nooit haar ouma geken het nie en voeg natuurlik by dat ek my oumas moet waardeer. By navraag en mondelinge vertellings het ek die volgende te hore gekom:

Anna van Schalkwyk, my oumagrootjie, was 16 jaar oud toe sy in 1901 in die Irene-konsentrasiekamp beland het as gevolg van die “verskroeide aarde”-beleid van die Britte. Ek is nou, in die jaar 2001, min of meer dieselfde ouderdom as wat sy toe was.

Wat my veral tref, is dat daar net twee geslagte en 100 jaar tussen ons twee lê, en alhoewel ek van haar bloed in my are het en ons volgens ons biologie-onderwyser dieselfde mitochondriese DNS het, verskil ons hemelsbreed. Tog weet ek van haar en is ek wat ek is indirek as gevolg van haar vreeslike, onmenslike belewenisse in die kamp.

Dis vir my ook ironies dat sy in 1901 vorentoe gekyk het op ’n eeu waarop ek nou kan terugkyk. Terselfdertyd sien ek uit na “myne”. Haar eeu is ’n volgeskrewe bladsy met bloedspatsels en baie veranderings, maar myne is nog ongeskrewe.

Sy is in 1925 oorlede toe sy skaars 40 jaar oud was, terwyl sy haar dertiende kind verwag het. Al die kinders het hulle swaarkryjare oorleef en vandag is daar nog vier oor.

 Kortliks lyk die geslagte, waarvan ek die jongste is, so:

  • Anna Gertruida Cristienna van Schalkwyk – gebore 8 Oktober 1885 – oorlede 6/10/1925.

Sy het getrou met ‘n man veel ouer as sy – Willem Petrus Hammann

Hulle agtste kind was:

  • Maria Gertruida Hammann (my ouma) – gebore 1 November 1919 – sy is nou 81 jaar oud.

Sy trou in 1942 met Alvan Erich Martens.

Hulle eerste kind is my ma:

  • Anna Mariette Martens – gebore 7 April 1948.

Sy trou in 1967 met my pa, Pieter Johannes Hugo.

Ek, Jeanne Mariette Hugo, is hulle vierde kind en enigste dogter – gebore 3 April 1984.

Na aanleiding van my herkoms en die feit dat ek nooit wil vergeet wat gebeur het nie, skryf ek hierdie opstel.

Bronne

  1. Tant Miem Fischer se kampdagboek – Mei 1901 – Augustus 1902 (Tafelberg)
  2. War without Glamour. Historiese rekords versamel en vertaal deur Emily Hobhouse.
  3. Mondelinge vertellings onder andere deur my ma, my ouma en tant Martha Eloff (ma van prof Fritz Eloff) wat as dogtertjie saam in die konsentrasiekamp was.

Durbanville
Naby Kaapstad
7 Augustus 2001

Liewe Anna

Ek dink jy weet waar jy nou ook al is, dat ek vreeslik baie aan jou dink, al het ek    jou nog nooit ontmoet nie. Tog voel ek asof ek met jou kan gesels oor dinge wat    met jou gebeur omdat ek my hele lewe van jou weet – al het jy nooit vir my of    my ma geken nie. Dit voel in elk geval asof jy in my onderbewussyn eggo.

Laat ek myself dus aan jou voorstel: my naam is Jeanne en ek is jou agterkleinkind. My ma is jou agtste kind se dogter. In 1901 sou jy ook nie geweet het dat jy ooit kinders sou hê nie … wat nog te sê twaalf van hulle!

Ek is hierdie jaar in my laaste jaar op skool en dit gaan dol. Ek neem kuns as vak en dit behels baie werk. Ek het drie ouer broers – twee is al getroud en ek is al ‘n tannie van twee klein dogtertjies! My lewe bestaan uit die volgende aktiwiteite: ek ry elke dag op my poegie skool toe en woon klas by van agtuur in die oggend tot byna drie-uur in die middag. Daarna ry ek huis toe of speel sport. Meestal woon ek smiddae ekstra kunsklasse by. Saans kom kuier my kêrel vir ’n rukkie voordat ek met my huiswerk begin. Naweke gaan ons na klubs of strand toe of ons kyk video’s of ons gaan stap in ’n winkelsentrum rond. Een van die dae is dit matriekafskeid en ons almal sien vreeslik uit daarna. Ek moet ook binne die volgende paar maande besluit wat ek volgende jaar wil gaan swot.  

Ek hoor dat dit bietjie anders met jou gaan? O ja! As ek goed sê wat jy dalk nie verstaan nie, moet jy vra, hoor! Ek sal probeer verduidelik.

Jou agterkleindogter
Jeanne

Irene-konsentrasiekamp
Distrik Pretoria
14 Augustus 1901

Liewe Jeanne

Die helfte van jou brief is vir my onverstaanbaar. Ek weet glad nie iets van poegies en flieks en video’s nie. Tog moet ek sê dat jou brief vir my hoop gegee het, want soos ek nou voel, gaan ek ook doodgaan en niemand gaan ooit van my en my mense iets weet nie. As jy dus sê dat jy iewers ver in die toekoms my agterkleindogter is, beteken dit dat ek wel gaan oorleef. Intussen is dit byna ‘n onmenslike stryd is om aan die leef te bly.

Ek dink nie jy wil regtig weet wat ek hier in die kamp moet beleef en ook nie van die verskriklike ding wat met my gebeur het nie. My ma en my ouma is vreeslik ontsteld daaroor en sê hulle sal my nie na die oorlog getroud kry nie. Ek sien elke dag aaklige goed: aan die einde van Julie het die kampowerhede bevel gegee dat alle siekes in die kamp na die hospitaaltent gaan. Niemand kom ooit van die tent af terug nie. Ek het gesien hoe my boetie, Albie, uit my ma se arms geruk word. Dis vreeslik. Hy wou so graag ‘n bietjie water gehad het, maar toe’s hy weggevat. Elke tent kry net een bottel water ‘n dag en dit moet ons met almal in die tent deel. Dit het op die 26ste Julie gebeur en vanoggend het ons gesien hoe sy uitgeteerde ou liggaampie op die lykswa gegooi word saam met twintig of meer ander kinders. Hy was net ‘n geraamte. My ma is onkeerbaar en rou gehuil. Daar is vyf gesinne in ons tent. Ons kry so min kos dat ons ons hande moet skoon lek om elke druppel in te kry.

Ons het gehoor dat een van die vrouens van Magaliesberg wat hier is, drie hoenders onder haar romp laat hang – koponderstebo. Snags maak sy hulle los en dan pik hulle die broodkrummels op. Sy hou haar kinders met die eiers aan die lewe. As die joiners dit uitvind gaan sy gestraf word – sy sal dalk ‘n week sonder kos moet bly. Haar seuntjie het gistermiddag so staan en spring ons het gedink ‘n slang het hom gepik, maar dit was luise wat hom gebyt het. In die beestrokke waarmee ons hierheen gekom het, het die luise al op ons begin rondkruip. Behalwe dat ons baie bid en psalms sing is dit ons tydverdryf – ons knip luise dood. Ons moet ook ver stap om hout te soek.

Ek dink nie jy wil nog hoor nie. My hart en my lyf is so seer. Die helfte van die nag slaap ek op my ma se skoot en dan ruil ons weer om. Ons mag net een matras saamgebring het. Die badjie waarin ons was, kan ons nie juis gebruik nie, want ons het nie water nie. Maar die Engelse sê ons stink. As dit reën kan ons darem water opvang. Miskien is die ergste van alles die reuke wat ons moet verduur – die dooies, die vrot vleis vol maaiers en mekaar se lywe. Eers wou ons nie die vrot vleis vat nie, maar dan kry ons ook nie brandhout nie.

Ek voel simpel as ek dink ek is jou oumagrootjie, maar as jy so sê, moet ek jou dalk glo.

Anna van Schalkwyk

Hoërskool Stellenberg
Durbanville
30 Augustus 2001

Liewe Anna

Ek kan nie glo wat jy van die kamp vertel nie! Toe ek met my geskiedenisonderwyser daaroor praat, het hy vertel dit was en is dit tot vandag toe ‘n skandvlek op die Britse koloniale geskiedenis. Maar na die Vrede van Vereeniging het die Boere onderneem om nie oor die behandeling van die vrouens en kinders in die kampe te praat nie! Ek wonder waarom ons nooit hiervan leer nie? Ons hoor van die Groot Trek en noudat die swartes die land oorgeneem het, hoor ons baie van hulle “struggle” teen apartheid. Maar wat jy deurmaak, is mos ook ‘n vreeslike stryd! Ek kan nie glo dat die Engelse hierdie kampe opgerig het nie. Is daar niemand wat julle help nie? Is daar nie ‘n plek waar julle kan gaan kla nie? Deesdae het ons allerhande wette wat elke landsburger beskerm – ons mag niks aakligs aan mekaar doen nie. Ons het nou almal “konstitusionele regte”.

Jy moet moed hou, Anna! Ek dink elke dag aan jou.

Jeanne

Irene-kamp
8 Oktober 1901

Liewe Jeanne

Ek dink dis wat die seerste maak: dat julle nie weet of omgee wat ons oorgekom het nie.

Weet jy hoe dit voel om die kampdokter te laat roep om na jou siek kind of broertjie te kom kyk en hy weier om die tent binne te kom? Kan jy dink hoe verskriklik is dit as jy besef dat die medisyne wat hulle ons gee na karbol ruik en as jy dit aan jou lippe sit, brand jou lippe gate? Dink net hoe voel dit om in die nag na ‘n donderstorm in ‘n papnat tent te lê, maar jy kan niks daaraan doen nie. Weet jy hoe dit lyk as klein kindertjies se ogies dof word? Vir my is die ergste dat ons klomp jong meisies gejaag word deur die joiners en die hanskakies en die swartes wat vir hulle werk en as ons val … Ek kan net nie vir jou vertel wat dan gebeur nie! My ma en ouma sê ek mag nooit weer daarvan praat nie. Maar as alles verby is? Ek sal mos altyd weet wat met my gebeur het!

O! Ek haat hulle!! Ek haat die surrenderers en ek haat die meelopers. Hier was darem ‘n Engelse vrou wat kom sê het sy veg oorsee vir ons. Sy vra dat ons moet vergeef en vergeet. Maar ek sal dit nooit vergeet nie en ek sal dit nie kan vergewe nie.

Ek kan nie dink dat hulle ons “filthy Boers” noem en altyd koggel “spit out that language” as hulle met ons praat nie. My speelmaat van my kleintyd, Rosina, is ook na ’n kamp toe gejaag omdat haar familie ons gehelp het.

Jeanne, ek vra jou dus: lees van ons. Onthou ons. Wéét van ons. Miskien is daar iets vir jou te leer uit die verskrikking wat ons mense getref het.

Anna

* Jeanne Mariette Hugo se ouma is in April 2002 oorlede. Jeanne Mariette is in 2009 getroud met Deon van der Merwe en hulle is kunsafslaers op groot passasierskepe. Die skilderkuns is hulle groot passie. 

The post Deur die vaal sluier appeared first on LitNet.

Fiksie: Die sonde van die vader

$
0
0
Hierdie blad bevat volwasse inhoud. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following content could disturbe sensitive readers. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

“Het julle ma nog nie opgedaag nie, Marlene?”

“Nee, oom Hein, sy sal seker netnou hier wees. Sy sal darem nie vergeet van my en Joanie nie.”

Marlene is nie so seker daarvan nie. Sy en Joanie het al voorheen ná die aanddiens hier buitekant die kerk gestaan en wag en hulle ma het nie opgedaag nie. Uiteindelik het iemand anders vir hulle huis toe gevat ... en by die huis het hulle gesien hoekom hulle ma hulle vergeet het. Sy het vas aan die slaap voor die TV gesit-lê ... die leë glas en die leë bottel op die sytafeltjie langs haar.

Marlene onthou hoe haar wrewel teenoor haar ma – en haar afwesige pa – en sy skelmpie – wou oorborrel.

Sy sien dat Adele, haar beste vriendin, voor langs haar pa sit. Agter is vier ander meisies ingeprop. Hulle bly almal in dieselfde rigting.

“Nouja, ek laai net gou hierdie klomp af, dan kom ek weer hier verby. As julle twee nog hier staan, laai ek julle op en vat julle huis toe.”

“Dankie, oom Hein!” Sy en Joanie praat sommer saam by die voorruit in. Hy is so ’n gawe man. Wens hulle pa ...  

Dis presies wat Hein die volgende oggend vroeg vir die polisie vertel: hy het weer by die kerk verby gery en die twee susters was weg. Nee, die laaste wat hy gesien het, het hulle hier by die hek gestaan en hy het reeds sy motor vol meisies gehad; daar was nie plek vir nog twee nie. Hy het aangeneem hulle ma het opgedaag en hulle kom haal.

Marlene en Joanie se ma trek senuweeagtig aan ’n sigaret. Sy maak nie oogkontak met die sersant nie en ontwyk Hein se spottende oë.

“Ek het aan die slaap geraak, Sersant. Toe ek wakker word, was dit laat. Ek het hulle albei probeer bel. Hulle het nie geantwoord nie.” Sy sê niks van die oproepe wat sý gemis het nie. Sy gaan voort: “Ek het dadelik in die motor geklim en hulle kom soek. Maar ek kry hulle nie. Toe bel ek Adele, die skool. Gedink hulle is dalk by die Willemses. Toe antwoord Hein ... mnr Willemse.”

***

Marlene en Joanie bibber van die koue toe die motor langs hulle intrek.

“Ek het sommer vir julle ’n fles koffie gebring – julle staan al lank en wag!”

“Dankie, Oom!”

Hulle skink vinnig en sluk behaaglik aan die warm koffie. Daar’s genoeg vir twee bekers elk.

“Luister, julle twee – ek moet net gou hier by my kantoor inhardloop – sal so vinnig moontlik wees – ek het goed vir die plaas bestel en dit vergeet. Nou terug.”

Die meisies gee nie om nie – hulle is darem nou in ’n motor met warm koffie in die hand ...

Dis die laaste wat Marlene onthou.

Sy kom vaagweg agter dat sy styf langs haar sussie lê en sy voel haar hare in haar gesig. Sy wil dit wegvee, maar dan weet sy: haar arms is agter haar ... kaal rug vasgebind. Sy sper haar oë oop om deur die donkerte te probeer sien. Sy voel iets klam tussen haar bene ...  en besef dan met ’n skok dat dit nie net haar rug is wat kaal is nie. Sy is heeltemal kaal! Met haar ken probeer sy voel wat hier naby haar gesig is en dan hoor sy ’n man se stem.

“So ja ... bly om te sien jy is besig om wakker te word. Dis darem nie lekker om met so ’n halfdooie lyf iets te doen nie!”

Marlene draai haar kop in die rigting van die stem.

Oom Hein? Kan nie wees nie! Nie oom Hein nie! Maar dis tog sy stem. Die stem en die drankasem kom nader. Sy voel skielik hoe hy hier in haar nek vroetel. Hy probeer haar soen!! Haar hele lyf ruk weg.

“Ag nee, toe-toe-toe! Moenie nou so maak nie. Ek weet hoe kyk jy altyd vir my as julle hokkie speel.”

Marlene wil skree. Hoe kyk ek vir jou? Jy’s Adele se pa! Jy’s die soort pa wat ek wil hê! Haar oë rol onsiende saam met haar lyf. Sy krimp inmekaar. Sy trek haar bene op, op teen haar maag. Sy voel haar knieë by haar borste. Maar dan voel sy nog iets by haar borste: ’n man se hand wat haar klein borsie in ’n ferm greep vasvat. Die geluide wat van agter die pleister oor haar mond uitkom, klink soos die krete van ’n slagdier. Sy probeer hom skop. Sy trek haar knieë op en ruk haar kop heen en weer. Maar niks help nie. Hy is te swaar. Hy oorweldig haar en druk haar plat op die matras.

Toe hy klaar is, besef sy hy skuif oor na haar sussie ...  

Sy weet nie hoe lank hulle daarna langs mekaar lê nie. Sy voel hoe Joanie huil. Sy ruk en bewe.

Sy besef dat dit laatmiddag moet wees, want al is die venster toegeplak, syfer daar iewers lig deur die houtplanke. Sy kom agter die man is nie in die vertrek nie. Sy moet die pleister van haar mond afkry en sy moet haar arms losmaak. Sy pyn orals.

Uiteindelik kry sy dit reg om haar arms om haar boude te wikkel. Met haar hande voor haar begin sy aan Joanie se hande sukkel-sukkel om die toue los te knoop; die toue af te trek.

“Joanie ... Joanie ... is jy OK?”

Joanie kan nie praat nie. Haar neus, keel en oë oorvloei van trane.

“Marlene ... wat gaan aan? Oom Hein  ... oom Hein is dan altyd so gaaf vir ons. Ek kan nie glo wat hy aan my gedoen het nie ... Dis soos ’n nagmerrie. Dis erger as Ma se drinkery ... as Pa se wegloop met ... met oom Hein se vrou ...”

Haar mond sper oop.

Marlene staan op – sy loop in die hut rond. Sy soek iets. ’n Lap. Klere. Iéts. Haar foon! Waar’s haar foon? Sy kry niks nie. Niks. Daar is nie eers ’n gordyn voor die vuil venster of ’n laken oor die matras nie.

By die enigste deur staan sy stil. Die eenvoudige Yaleslot kan sy maklik oopmaak. En dan? Hulle is ver van die dorp af – dit weet sy. En hulle is poedelnakend. Dis winter, maar sy bewe nie van koue nie.

“Ons moet wegkom, Joanie! Ons moet hardloop. Iewers kry ons dalk ’n sak of ’n ding om onsself toe te maak!”

“Ek kan nie ... Marlene ...  Sê nou iemand sien ons? Ek skaam my dood!”

Marlene sien sy is heeltemal wit geskok. Daar is bloedstrepe teen haar bene af en krapmerke oor haar bors. Sy self het ook deurgeloop, maar nou moet sy haar sussie help.

“Onthou jy vir Alison Botha? Ons het al van haar gepraat? Daai een wat met ’n afgesnyde keel gekruip het tot by die pad ... Sy was ook kaal, Joanie. Hy gaan terugkom ...”

Hulle sukkel saam van die stoepie af en sien die rommel wat op die werf rondlê. Ou fietse, trekkerbande, geroeste masjiene ... Marlene soek angstig na ’n ding waarmee sy haarself sal kan verdedig.

Teen sonsaktyd het hulle al gevorder, maar hulle is nie seker of hulle in die regte rigting strompel nie. Daar’s nie water nie; daar’s geen plastieksakke nie, net die koue wat nou weer in die skaduwees skuil. En klippe.

Toe hoor hulle dit: die gebrom van ’n motorfiets. Iemand op ’n veldfiets. Hulle val plat – die geel harde wintergras skraap hulle bene, borste, mae. Die hooflig is ‘n soekende oog.

Hulle hoor hom skree.

“Mooi, meisies! Presies wat ek wou hê! Dis ’n jagplaas hierdie ... en julle bokkies is myne – nes my vrou julle pa s’n is!” Hulle hoor hoe hy lag. Dis ’n kreet bokant die enjin wat weer brul. Hulle lê plat tussen ’n klomp klippe wat langs boomwortels teen ’n skuinste die enigste skuiling bied. Die fiets kan nie hier deur nie.

Hulle sien hoe hy begin soek ... soos enige goeie spoorsnyer agter ’n gekweste, bang dier.

Marlene fluister vir Joanie.

“Jy moet hom roep, Joanie!”

“Wat? Nee ... nooit nie! Hy’s aaklig!”

“Jy moet sy aandag vir ’n ruk aflei, dan sal ek ...”

“Wat kan jy teen hom doen? Jy is helfte so groot soos hy – en hy’t ’n geweer ... en hy’s sterk ...”

Sy praat ernstig.

Oom Hein sien die beseerde meisie tussen die klippe lê. Sy’s die jongetjie. Hy stap tot by haar. Sy prewel iets. Hy buk af. Sit sy geweer neer. Hy begin sy broek losknoop; dit sak oor sy knieë af. Hy druk haar met sy bene teen die grond vas.

“Neeeeee!!!”

Marlene storm op hom af en stamp die geroeste fietsspeek tussen sy ribbes in – net daar waar juffrou Duminy nou die dag nog gewys het hoe naby jou hart aan jou borskas sit.

Met ’n groot gesukkel kry hulle die motorfiets aan die gang. Hulle is nog kaal, want nie een van hulle wil aan die lyk vat nie. Oom Hein lyk grotesk waar hy met sy jeans om sy enkels in ’n plas bloed lê.

“Dis waar wat die Bybel sê, Marlene ... daardie stukkie dat ons moet betaal vir ons pa’s en ma’s se sondes. Wat dink jy?”

The post Fiksie: Die sonde van die vader appeared first on LitNet.

Almal van ons is op soek na iets

$
0
0

Almal van ons is mos maar op soek na iets. As dit nie vir 'n brief in die posbus is nie, is dit vir 'n straatnaam. Sommige mense soek parkeerplek by winkelsentrums, sommige soek na iets wat hulle nooit sal kry nie. Dan is daar dié wat mooi huise soek met baie meubels, mooi dakke, baie kaste met honderde laai en duisende goed (net goed) wat in die laai rondlê. Baie eenvoudige mense is gewoonlik op soek na sleutels wat hulle iewers verloor het, tieners soek airtime, sommige simpel mense soek bokse om goed in te pak. Dan is daar dié wat niks soek nie. Hulle is net tevrede.

 

'n Vriendin van my ma se vriendin wat in Kloofstraat bly, wou so graag 'n kind soos ek hê.

 

"Nou hoe is ek dan?" het ek eendag vir Antie Petty gevra.

 

Antie Petty: "Ai, kind. Jy is tog so anders as al die ander kinders. Jy is anders as my eie kinders. Jy lees dik boeke, eksperimenteer met pruike en make-up en maak gewoonlik die mooiste skinkbord met teekoppies op as hier mense kom kuier."

 

"Ai, Tannie Petty. Dis maar my geaardheid. Dalk a fase, mens weet nie, maar dis soos ek is."

 

Tannie Petty het lank na my gestaar en toe het sy 'n boek gaan haal.

 

"Lees," het sy gesê.

 

Ek het die FAK oopgemaak en begin lees.

 

Antie Petty was ongelooflik dierbaar, maar die mense van die dorp wou nie met haar meng nie.

 

Hulle het gesê dat sy fortuin vertel en met die maan gepla is.

 

"Kan Antie my fortuin vertel?" vra ek nadat ek op bladsy 43 in die FAK van die boerseun en plaasnooientjie gelees het.

 

"Fortuin is 'n lelike ding, kind. Maar ek kan sien dat jy eendag 'n toga gaan dra en dat jy gaan ballet doen."

 

"Ek ken nie die Bybel so goed nie," het ek vir haar gesê.

 

"Nee, jy gaan nie preek nie. Jy gaan in die hof staan. Almal wil altyd iets hê. Jy gaan vir dié wat soek, gee wat hulle nodig het."

 

Jare het verby gegaan en ek het al skoon vergeet van die toga, tot op 'n dag wat ek die mooiste rok in 'n winkel gesien het. Pikswart. Ek wou dit so graag gehad het.

 

Ek het ingegaan en die rok gekoop.

 

"Is dit vir jou ma?" vra die verkoopsdame.

 

"Nee, dis vir my."

 

"Dis 'n vrouewinkel," het die vrou gesê.

 

"Kan ek betaal?"

 

Ek is daar weg met die rok en by die Wimpy se toilette het ek die rok gaan aantrek. Ek kon nie wag tot by die huis om hierdie beeldskone rok aan te trek nie.

 

Toe ek daai rok oor my kop trek en by die toilet se deur uitstap, val die dik vrou se pienk milkshake op haar skoot uit. Die kind verstik aan die Smartie op die banana split. 'n Man wat aan 'n burger knaag laat 'n paar druppels tamatiesous op sy baard vassit.

 

Ek het by die toilet uitgestap, in die gangetjies af waar mense my aangaap. Ek het voor die flat screen TV gaan staan en gesien hoe Morné Steyn (die mooiste man op aarde) die bal oor die pale skop.

 

Die mense in die Wimpy het geskreeu en hande geklap. Ek het gebuig (soos 'n vrou in 'n outydse musiekblyspel) en gesmile.

 

Op daardie dag het ek geweet hulle klap vir Morné hande, maar ek het gekry waarna ek gesoek het. Net vir 'n oomblik was dit lekker. Ek het toe vir die antie met die pienk milkshake gekyk en vir haar 'n nuwe een gekoop.

 

Ons almal wil so graag hê dat iemand vir ons moet hande klap ... al is dit in die Wimpy.

The post Almal van ons is op soek na iets appeared first on LitNet.

Miere

$
0
0

S.P. Benjamin150Die dae het nie kleur nie. Dis net Ma en haar beheptheid met die Oscar Pistorius-moordverhoor. Dit ken g’n brieke nie.

Die dae is kleurloos, maar die nagte ...

Vanoggend, soos elke ander oggend, piksoen hulle mekaar langs die tafel. Ma en Pa. Dis ’n haastige-koebaai-affêre en Pa loop by die voordeur uit. Ma. Pa. Niks is meer vir hulle soos dit was nie. Die skuld hiervoor kan sekerlik nie voor, of dan agter, die deur van die Oscar Pistorius-moordverhoor gesoek word nie. Daardie is ’n deur wat lankal reeds toe staan. Voos en sif geskiet van verwyt en slymerige beskuldiging. Voos en sif, maar ’n deur wat bottoe bly.

Ma waggel in die gang af. Soos ook elke ander oggend. “Watter soort kos wil jy hê moet ek vanaand?” Pa het reeds agter die wiel ingeskuif en die strammerige deur op ons toegeklap. Ma gooi haar swaar hande in die lug, druk die voordeur toe en haar logge lyf swaai weer om in die rigting van die kombuis en vrieskas om die aand se vleis uit te haal. Lusteloos laat val sy dan oggend ná oggend ná oggend die hoop gevriesde vleis met ’n groot lawaai op die opwasbak. Soms voel dit vir my dis die koue lug wat by die bek van die vrieskas uitspring wat in die oggende verantwoordelik is vir Ma se gemoedstoestand.

Een maal, tydens een van hul bekgevegte, het Ma vir Pa geskree hoe sy dit haat om te kook. Pa het uitgebars van die lag. Hy het met sy oop hand oor sy mond gevee en gesê dat sy daaraan moes gedink het vóór sy besluit het om sy ring aan haar vinger te druk. Ma was bitter kwaad. Pa het net daar gestaan en lag. Ek kon Ma se woede daardie dag nie verstaan nie, want oor die jare het sy ’n uithalerkok geword.

’n Uithalerkok en ook ’n voorslageter.

Soggens, met Sus reeds weg werk toe, bring Ma my ontbyt kamer toe. Twee snye roosterbrood, ’n homp fyngerasperde kaas en ook drinkgoed. Dan sak sy met groot gesteun op my bed neer. Sy sê nooit veel nie. Dis net die frons op haar voorkop wat op en af beweeg soos sy snuif om genoeg lug in haar longe te kry. Elke oggend sit sy so. Stil. Dis moeilik om te sê wat dit rêrig is wat haar soggens na my kamer laat kom. Ek het nie ’n probleem om my broodjie in die kombuis teen die tafel af te sluk nie. Dalk wíl sy net hierdie tyd van die oggend in my kamer wees. Op my bed sit. Asemhaal. Droom. Sit. Asemhaal. Vergeet. Onthou. Asemhaal ... Na die skoon en wit mure staar.

My kamer is op die oog af ’n verbeeldinglose vierkant. Die mure is skoon. Al my boeke en CD’s altyd weggepak. Gebêre. Op hul plek. In die rak. My skoolklere word smiddae weggevou in die kas. En anders as in my sus se kamer hoop hier nie skottelgoed op nie. Niks is uit plek nie. Dis net die silwer kettinkie met die kruis wat ek saans naby my kop hang wat dalk ... wat dalk uit plek mag wees.

Vanoggend sit Ma weer. Die kettinkie in haar swaar hand. Haar neusvleuels bewe. Sy snork soos sy die lug in haar groot liggaam insuig en die vel op haar voorkop lewe. Sy hou my dop. Ek kyk vinnig weg. Té vinnig. Daardie kyk in Ma se oë ... Dit voel of sy weet, of sy bewus is van wat snags ... Wanneer sy soggens só met die klein silwer kruisie ... Wanneer haar oë myne weer vasvat en sy met haar spekhande die trane van haar wange wegvee.

“Oor die jare verander baie dinge tussen twee mense, Boeta. En soms het mense nie eens jare nodig nie. Weke of selfs maande is soms genoeg om elkeen ’n ander rigting in te stuur. Dis net hoe dit is. Dis hoe die lewe rol, Boeta. Dis hoe die lewe met ons rol.” Sy vee met haar linkerhand oor haar wang en sommer oor haar mond en teen haar nek af. “Vandag kan mens darem weer die hofsaak volg. Ai, watter gedoente was dit nie daai oggend in daardie huis nie! Ek wonder wat in die seun se kop aangegaan het. Die goed wat ook nie snags agter toe deure gebeur nie ... Donker dinge!” Dis of Ma net praat. Met my. Verby my. Met haarself, en tog asof daar altyd ook ander mense in die kamer is. Kan dit wees dat Ma weet wat saans ...?

Ma hang die kettinkie terug en staan van die bed af op om gang af na haar kamer te waggel. “Maar daai Gerrie Nel, sê ek jou ... Daai Gerrie Nel is ’n man uit een stuk! As daar eendag iets met my sou gebeur, sou ek daai man aan my kant wil hê.”

Ma en die Oscar Pistorius-moordverhoor.

Sesuur skep Ma op. Vandat Pa en my sus by die huis aangekom het, kloek sy een stryk deur oor die moordverhoor. Gerrie Nel en Barry Roux agter. Roux voor en Nel agter. Dié twee ook sekerlik vroeër as eksotiese speserye in ons kos geroer. Ons sit, eet, kou en sluk ook die kleiner stukkies van die moordverhoor af wat Ma vanuit haar sitplek vir ons afbyt en sommer so in ons borde skiet. Dit alles wyl ons vir die horlosie teen die muur wag om sewe-uur te slaan.

“Ek wonder waarmee hou daai Riaan Cruywagen hom deesdae besig? Mens sien hierdie dae glad té min van die man.” Ma glimlag. “Ou, Riaan. Met sy ewige tweesent-smile. Mens verlang nogal na die siel. Was ook mos al soos familie in elke huis.”

Ma dra vir ons koffie aan. Ons oë wat ons nie een maal van die flitsende skerm wegdraai nie. In die verbyloop swaai Ma sommer so na die skakelaar en die kombuis is donker. As sy eers haar sit voor die TV gekry het, is dit om nie gou weer op te sukkel nie.

Oor die jare het sy net Ma geword. Sy het nie vriende nie. Sy lees ook nooit ’n koerant of tydskrif of selfs die Bybel nie. Sy kan jou wel iets omtrent elke sepie vertel. Sy ken al die spelers by naam, skeet en moesie. Dis háár mense. Háár familie. En nou is daar ook ’n Oscar, ’n Reeva, ’n Nel en ’n Roux. Stamfamilie waarvan ons nie voorheen geweet het nie. Ma het hulle uitgesnuffel, of hulle het vir Ma gevind. Mens kan nie seker wees nie. Maar Ma praat van hulle asof hulle jare hoort.

SABC2. Nuustyd. Vanaand, soos elke ander aand, is ons in ons halfdonker voorkamer vasgekeer. Die TV is ’n eenoogdraak. Kwaad en erg kwaai. Bebloed hang Afrika in sy kake. Die draak blaas en wanneer hy sy nek swaai om nog stukke vleis afgeskeur te kry, bevlek hy ons gesigte en mure en ook ons meubels. Dis donker bloed en die erg verdwaalde, verminkte Afrika spartel in die draak se kake. Ons kyk. Ons hou dop. Ook die riviere vloei rooi.

Aan die einde van die nuus is die bloed ’n stukkende reënboog teen ons mure, op ons gesigte. Op ons vloer. Dis net Pa wat lankal reeds opgehou koes het. Hy knip sy oë ritmies. Oop. Toe. Oop. En dan weer toe. Ma hou hom dop. Soos elke aand. Net God kan sy kop nog verstaan, het Ma vroeër in die week met hom geraas. Gerrie Nel sou ’n fees hê met die binnekant van Pa se kop, het ek haar agterna hoor lag. En Roux ...? Roux sou ons bure in busvragte aanry hof toe om te dans. Dans op die musiek wat klankloos in Pa se kop speel.

Ek druk my oë met my hande toe. Die draak se kop is ’n miernes. Wanneer hy sy mond oopmaak, is sy woorde klein swart spikkels wat oor ons vloer aangekruip kom. Die draak met die tweesent-smile. Hoe is dit dat Ma dit nie raaksien nie? Of is dit dat Ma doelbewus hieroor swyg? Oop en toe knip Pa se oë. Oop en dan weer toe.

Dis Ma wat met die advertensiebreuk regop sukkel om haar rok oor haar breë bobene reg te trek. Dan plons sy weer soos ’n ontsteekte gewete langs Pa neer.

“Dêm, Hes, daar móét tog ‘n manier wees hoe jy gewig kan verloor. So sal jy nie kan aangaan nie!” Die dansende lig van die TV laat Pa baie, baie ouer lyk as wat hy rêrig is.

“Ek klim ga’ op ‘n oefenfiets nie. As dít is wat jy voorstel. Jy kan ga’ bars. Dis al hierdie skeletgoed-vroue op die TV wat julle met sulke oë na jul vroue laat kyk. En maak dat julle heeldag met gelaaide rewolwers rondhol.”

“Pille. Ek praat nie van fietse en goed nie. Pille. Hoekom kry jy nie vir jou van die goed wat hulle hier op TV adverteer nie? G’n fiets sal in elk geval onder jou hou nie.”

“Hoekom kry jy nie vir jou ’n ander vrou nie? Ag, sorrie, wa’ ga’ jy die guts vandaan kry? Ek wonder of Herbex pille dáárvoor het? Ietsie wa’ jy somme’ ka’ sluk. ’n Ou quickfix. Ietsie vir slapgattigheid.”

Pa skraap sy keel en sluk aan sy koffie.

Ma skuif haar swaar liggaam in haar sitplek reg voor sy oorbuig om haar beker koffie en brood op die tafeltjie by te dam. “Is hierdie Gerrie Nel nie ’n man gekap uit een blok nie, my kind?” My sus antwoord nie. Ook sy het lankal nie meer lus vir Ma-hulle sê bekgevegte nie.

 “Elke aand dieselfde ou nuus. Dis soms net die name van die skelms wat verander,” sug Pa en lê sy bekbyl by sy voete neer. Niks in sy arsenaal, weet hy, sal vir Ma oortuig om gewig te verloor nie. Dis ook hoekom Ma die oorgewigstorie so maklik kan weglag.

“Propaganda,” sê my suster, en haar beker vind haar mond. Sy sluk. “Op e-tv kry mens nog regte nuus. Maar nou ja, dis nie my TV nie.”

Ek sluk vinniger aan my koffie. Die miere nou reeds by my skoenpunte. "Dankie, Ma," sê ek en staan van my sitplek op. Ma se groot hand vou om my gewrig. "Sit, Boeta, die laaste tyd is dit asof iets jou byt, aan jou vreet ... Jy kyk nooit meer die bulletins klaar nie.” Dan klap Ma sommer ook weer na Pa. “Jy moet in Godsnaam nie ook soos jou pa uitdraai nie. Kyk na hom ... Jy moet praat as daar iets is wat jou jaag, Boeta. Jou pa se oë knip net, maar hy sien niks nie. Ma weet van baie dinge. Baie dinge, Boeta.”

“Stil nou, julle,” laat my suster weer van haar uit haar hoekie hoor. “Hier is die enigste insetsel wat ek regtig wil kyk.”

Ons kyk weer in stilte voort.

“Nou ja,” sê my suster toe die insetsel klaar gewys is, “Hierdie is dan ook die einde van my aand. Môre is ’n werksdag. Lekker nag vir julle.” Sy staan op en neem haar koffiebeker kombuis toe.

“Ga’ jy nie vir Generations kyk nie?”

“Nie vanaand nie. Ek is moeg. Laasnag het ek nie goed geslaap nie. Dis die gewoel daar in Boeta se kamer ... Ek weet nie waarmee hy hom snags besig hou nie, maar dit klink nie asof hy veel geslaap kry nie.”

“Spoel tog net eers die bekers uit voor julle loop slaap. Mens het omtrént las met die miere in die oggend,” blaf Pa sommer soos ’n rondloperhond tussen ons in.

“Vuil bekers,” spot Ma. “Is dit die ergste van jou probleme?” Haar hand vat weer my arm vas. “Jy kan nou maar gaan, Boeta. Maar hierdie is die soort werk wat jy eendag moet doen. Jy moet ’n nuusman word. Dís Ma se droom.” Ma se hand vou om myne. “ ‘n Regte verslaggewer. Dit sal jou pas, Boeta.”

Dis meer as net miere wat in die nag hier rondsluip, Pa, brand ek om te sê. Meer as net die miere in vuil bekers. Ek swyg. Ma is reg as sy sê dat Pa kyk maar nie sien nie. Pa se oë knip net. Hy sien niks meer nie.

Waar ek op my bed lê, wil ek nie my oë toemaak nie, want ek weet ... Ek weet dat Riaan weer vreesbevange teen die plafon vasgesuig sit. In die donker, weg van die groot en skerp TV-ligte, is hy sonder sy cheap smile en sy suit. Die hoeke van sy mond is swart knoeste miere. Hy maak sy mond oop. Die miere is ’n toubrug wat stadig tot op my gesig neersak. Stadig. En dan plons die hele tweesent-smile op my bors neer. Daar is miere oral. Waar is jy, Pa? Hoekom kom help jy my nie? Pa ...

Laatnag loop ek kombuis toe. Of is dit die miere wat my dra, sleep? In die donker kombuis sit hulle rondom die tafel. Ma, Gerrie Nel en Barry Roux. In die middel van die tafel die enkele koffiebeker. Binne-in die vuil koffiebeker is dit ’n baie klein Oscar wat benoud rondspring. Ek staan nader om beter te sien. Oscar is ‘n baie, baie klein mannetjie en op sy rug swaai die tweesent-man al skoppend rond. Gerrie vat my aan die hand en vra dat ek nog nader moet staan, dat ek moet let op die blik Doom in Oscar se hand. Daar is trane in Oscar se oë. “Hou tog net die miere van my af weg,” pleit hy by Barry. “Hou tog net die miere van my weg. Hou net die miere van my weg!”

Ma neem die vuil koffiebeker en spoel dit onder die lopende kraan skoon. “Sal ek vir ons iets maak om te eet? Dan moet ek moet skoonmaak hier. Die bleddie man kry elke keer stuipe as hy soggens die lig aanskakel en die kombuis vol miere vind.”

 

The post Miere appeared first on LitNet.


Vrydagaand se kroeg

$
0
0

Joe se oë gaan oor die besige kroeg. Hy is Joe gedoop en het bitter arm grootgeword. Hy verlaat skool vroeg en doen klein werkies by klein plekkies. Dit gee hom geen werksbevrediging nie. Wanneer Lena in sy lewe kom, word ʼn groot leemte gevul. Baie gou is daar nog ʼn mondjie wat gevoed moet word. Joe is baie gelukkig om hierdie werk as kroegman te kon kry. In die aande wanneer hy die laaste dronkie by die deur uitkry en deur die kroeg loop om alles af te skakel, dan wens hy hy kan sy eie klein hotel besit. Die kroegman sal vir hóm werk en hy sal die plek goed bestuur, dit netjies en skoon hou.

Hierdie tyd van ʼn Vrydagaand is die kroeg gewoonlik bedrywig. ʼn Suur bierreuk hang swaar in die lug terwyl ʼn enkele dakwaaier die rookwalms stadig in die rondte draai. Joe sien aan die oorkant ʼn dronkie wat op die tafel aan die slaap geraak het. Hy het sy glas soetwyn omgestamp en dit het ʼn poeletjie op die tafel gevorm. Elke keer as die dronkie sy asem steunend uitblaas, maak dit golfies in die plas wyn.

In die oorkantste hoek sit ʼn man agter ʼn mikrofoon en tokkel op ʼn kitaar. Hy sing hartseerliedjies van vervloë dae. Die verouderde luidsprekers blêr die klanke uit, maar niemand luister daarna nie. Aan die verste punt van die kroeg is ʼn enkele televisiestel. Dit is permanent ingestel op die sportkanaal. ʼn Paar mans kyk na ʼn middag-aandkrieketwedstryd.

Joe slaan die hele prentjie gade terwyl hy ritmies die kroegtoonbank met ʼn klam lap afvee. Hy het ʼn oor om te luister. Hy het in die agt jaar hier as kroegman na meer lewensverhale geluister as wat daar boeke in die dorp se biblioteek is. Hartseer verhale van verlore liefde, vol pyn en tragedie. Desondanks het hy nog steeds ʼn simpatieke glimlag vir elkeen. ʼn Glimlag waaragter sy eie lewensverhaal verskans is. Deel van ʼn kroegman se werk is om te luister.

Joe se oë flits na die groot horlosie teen die muur. Die oomblik dat die wysers oorskuif na negeuur kyk hy na die deur. Op daardie sekonde kom die man ingestap. Dit is vanaand die vyfde aand wat die man by die kroeg inkom. Joe het vanaand seker gemaak van die tyd. Hy het die eerste aand al kennis geneem van die man. Hy pas nie in by ʼn kroeg van hierdie kaliber nie. Trouens, hy pas nie in by hierdie omgewing nie. Hierdie hotel is aan die verkeerde kant van die dorp. Joe hou hom onderlangs dop terwyl hy stadig na die toonbank aangestap kom. Die man lyk in sy middel-vyftigs. Sy slape begin net-net silwer vertoon en sy hare is in ʼn presiese kantpaadjie gekam. Die opvallendste is sy kleredrag. ʼn Grys langbroek met fyn donker strepies. Pynlik netjies en duursaam. Dan het hy ʼn spierwit langmouhemp aan met ʼn onderbaadjie wat by die broek pas. Daar is ʼn groot sakhorlosie aan ʼn silwer kettinkie wat aan sy heup hang. ʼn Donkergrys das met ʼn netjiese knoop wat effens by die onderbaadjie uitbult, rond die prentjie af. Vir Joe lyk die kleredrag outyds. Die man kry ʼn leë stoeltjie en gaan sit. Joe wag nie vir hom om iets te sê nie, hy buk en haal ʼn bottel mineraalwater uit die yskas en sit dit met ʼn glas vol ys voor die man neer.

“O, ek sien jy weet al wat ek drink,” sê die man en sy staalgrys oë kyk deurdringend na Joe.

“Ek ken my klante,” sê Joe, en is verbaas dat die man enigsins met hom praat. Elke aand het hy net kortaf mineraalwater bestel en dan het hy Joe peinsend dopgehou met daardie staalgrys oë totdat hy die water klaar gedrink het. Daarna het hy weer net so stil gegaan as wat hy gekom het. Joe voel dat daar is iets sinisters omtrent die man.

“Iemand wat so toegewyd is behoort meer met sy lewe te doen,” sê die man en ʼn effense glimlag speel om sy mond.

Skielik voel Joe ongemaklik. Al die jare was dit hy wat na almal se lewensverhale geluister het. Nou wil hierdie vreemde man hom pols om oor sy eie lewe te praat.

“Ek is gelukkig in my werk.” Joe glimlag, maar voel die glimlag weerspieël nie in sy oë nie. Die oomblik voel vir hom ongemaklik en hy draai om en begin wegstap.

“Johnny!”

Joe gaan staan botstil. Dit voel of sy bloed in sy are vries. Die hare op sy arms staan penorent. Die geraas in die kroeg klink skielik veraf. Die naam weergalm in sy ore. Net één mens het hom nog ooit Johnny genoem. Sy pa, wanneer hy ernstig met Joe was. Skielik is hy weer ʼn seuntjie van agt jaar oud in sy siek pa se slaapkamer. Sy pa het al vir weke nie meer uit die bed opgestaan nie. Hy is hartseer om sy held so te sien. Hy soen sy pa nag op die wang en draai om.

“Johnny.” Sy pa se stem is swak.

Hy draai om en kyk na sy pa.

“Ek gaan op ʼn lang reis, Johnny.” Joe verstaan nie hoe kan sy pa op reis gaan as hy so siek is nie. “Gebruik jou kanse in die lewe, Johnny. Moenie dat die lewe by jou verbygaan nie. Soms kry mens net een kans.” Sy pa se stem draal weg. Die seuntjie verstaan nie alles wat sy pa sê nie.

Later die aand droom Joe dat daar maanmannetjies kom land. Hy vlieg orent in sy bed. Deur die kamervenster sien hy rooi flitsende ligte en hoor baie voetstappe in die huis. Die volgende oggend staan Joe in sy pa se kamerdeur en staar na die leë bed. Hy sal sy pa nooit weer sien nie.

Joe se hande bewe wanneer hy omdraai en na die man met die netjiese klere kyk. Die man wat hom so pas Johnny genoem het.

“Wie is jy?” vra hy en voel hoe sy onderlip bewe. Die man ignoreer die vraag en skuif ʼn papiertjie oor die toonbank na Joe toe. Joe neem die papiertjie en sien dat daar verskeie nommers op geskryf is. Hy kyk vraend na die man.

“Dit is die ses wen-nommers van môre se lotto-trekking,” sê die man en staan stadig van sy stoel af op.” “Gebruik dit, Johnny.” Joe is uit die veld geslaan en wil nog iets vra, maar die man het reeds begin uitstap. By die deur draai hy om en wys met sy vinger na Joe.

“Môre is jou dag, Johnny. Môre, is jóú dag,” sê hy en stap uit. Joe frons en kyk weer na die nommers op die papiertjie. Dan gooi hy die papiertjie geïrriteerd op die rak onder die toonbank en klik met sy tong. “Die lotto-trekking ís dan eers môreaand, hoe kan dit die wen-nommers wees?” sê-vra hy by homself en begin ʼn ongeduldige klant bedien.

Saterdagaand moet Joe weer rondspring om die bedrywige kroeg te bedien. Hy sien die wysers van die groot horlosie teen die muur wys kwart voor nege. Die man in die hoek kerm sy hartseerliedjies in die mikrofoon. Die dakwaaier maak woer-woergeluide en sny deur die rookbelaaide lug. Die sportkanaal saai rolbal uit en niemand stel belang nie. Dan word die sport onderbreek en hulle skakel oor na die ateljee vanwaar die weeklikse lotto-trekking uitgesaai word. Joe worstel nog met gedagtes oor die netjiese man se vreemde gedrag gisteraand. Hy sien op die TV hoe die lottoballetjies een vir een deurval, en dan onthou hy skielik die papiertjie wat hy gisteraand op die rak gegooi het. Onwillig om toe te gee aan die impuls kyk hy tog of dit nog daar is. Hy vind dit en kyk op na die TV. Die sesde balletjie het deurgeval. Joe se kop gaan stadig af en hy kyk na die papiertjie, dan weer op na die TV. Hy voel hoe sy bene lam word. Die papiertjie glip willoos uit sy hand. Die aanbieder se woorde weergalm in Joe se kop, “Die spesiale boerpot was vanaand twintig miljoen rand en daar is geen wenkaartjie nie.”

Joe sien dat die tyd wys twee minute oor nege. Hy kyk vinnig na die deur, dan langs die toonbank af, maar daar is geen teken van die vreemde man nie. Hy het nie vanaand ingekom nie. Sy hele wese is verstar.

ʼn Dronkie by die toonbank wink na Joe. “Hey Joe, vir wie is die mineraalwater wat jy elke aand in ʼn glas ys gooi?”

The post Vrydagaand se kroeg appeared first on LitNet.

Second-hand bookstore, Cape Town

$
0
0

secondhand240“You’ll find the poetry three rows up and at the end of the Classics section, can’t miss it, past History, before Cookery.”

He follows an aisle of shelves. Most are moulting chipboard flakes. The quality of their carpentry annoys him. Filaments of paint run over flecked linoleum tiles. They dribble down the aisle of the bestseller section – the quick reads snatched at duty-free or borrowed from a summer guesthouse, holiday sand still snug between a racy plot. Here, bookmarks are gravestones. He fingers out a laminated verse – a water-colour reminder of God’s eternal love – complete with a dove winging its way towards a cumulus cathedral. Other books offer Happy Birthdays in cursive, ballpoint flowers, hearts and “I love you” messages behind covers bandaged in Sellotape. “Darling Thomas, Our best wishes on your 10th birthday, love from Mommy & Daddy, 1971.” Handling the books leaves a roughness on his fingertips; not quite dust, more like a fine colourless sleet – the tidal residue of half-memories and forgetting.

There are whole shelves letting go of childhood – spineless bedtime stories, illustrated books of knowledge and soccer annuals. A shamble of comics – sun-brittled, buckled and sticky thumbed – lie in a shopping basket. Sunday afternoons of slow clocks and tea in lighted rooms surface and then dip back into memory. There are the books of the sick, the dying too, trawled from the reading trolleys of convalescent homes, and lamp tables of curtained sea view flats. Black and blue hardbacks that have shed their gold leafed identities. Emerald encyclopaedias infused with mothballs and salted air dream of mahogany shelves in sun-trapped hallways.

like_litnet_op_facebookHe wonders – how whole worlds can be buckled into suitcases or taped into wine cartons. There is no Poetry section, except a coverless Paradise Lost. It smells of burnt toast and carries the signature of a cup. The finger marks of its last reader have gathered on the bruised edges of its cover. He holds the book for some time and looks outside towards the wet street and its glistening current. He shivers and wonders why he feels as frail as a bird’s leg – and then sneezes.

 

 

The post Second-hand bookstore, Cape Town appeared first on LitNet.

Begrafnis op Stilbaai

$
0
0

Buite sy hotel in Colombo is daar die geel "M"-boë van ’n McDonalds. Tuk-tuks met skril toeters maak vir mekaar plek in die vinnige verkeer. Mense op die straat verkoop aartappels, garagedeure, stoele. Die oseaan is turkoois in die agtergrond tussen die palmbome en die vervalle koloniale geboue en moderne toringblokke. Die koel lug uit die hotel wat saam met hom by die voordeur uitkom word onmiddellik verseng deur die tropiese hitte. Ryp mango’s se geur hang in die lug.

"This way please, down paradise road," sê ʼn jong vrou vanaf een van die advertensieborde. Haar wit glimlag is net so natuurlik en spontaan as die van die mense in die strate. "Sri Lanka – where dreams come true", lees ʼn ander bord met President Rajapaksa se alomteenwoordige gesig daarop. Daar hang ʼn string blomme om sy nek.

Die jong vroue agter die McDonalds toonbank praat ’n mengsel van Sinhalees en Engels. Die een wat hom bedien, is sprankelend, met ’n rooi kol op haar voorkop. ʼn Glimlag verlig haar gesig as hulle oogkontak maak. Sy deel haar skoonheid met hom – en almal wat in die omgewing is – met die grootste gemak. Hy het nog sy rugsak op, en skuif dit elke nou en dan om die sweet te laat verdamp. Hy neem die papiersak met ’n hamburger en chips by haar. Die tee is in ʼn polistireen beker. Hy neem ʼn ekstra sakkie suiker. Dit is sy eerste warm kos in dae. "A souvenir  from Sri Lanka," sê sy as sy hom ’n komplimentêre pakkie gedroogte mango’s  en nog een van haar stralende glimlagte gee vir die pad wanneer hy uitstap.

"'C' is vir Ceylon, waar ons tee vandaan kom", kom sy ma se alfabetrympie die soveelste keer die afgelope paar dae in sy gedagtes op. Dit, en die vae wete dat sy oupa se oupa hierdie strate as krygsgevangene tydens die Anglo-Boereoorlog gesien het.

Hy het twee weke gelede in Colombo aangekom, en so onopsigtelik moontlik ʼn geleentheid na die noord-ooste gesoek. Na ’n transaksie in sy hotelkamer het ʼn vragmotorbestuurder hom drie dae gelede, agter op die oop bak, onder ’n klomp seile, tot naby die Nanthikadal-strandmeer geneem. Volgens onbevestigde gerugte het die 25-jarige burgeroorlog ’n paar dae tevore in daardie deel van die land tot ’n einde gekom.

Die ander korrespondente in Colombo het die regeringsverbod op buitestanders in die oorlogsgebied gehoorsaam, maar hy het die kans gewaag. In sy gesin het sy ma se raad na sy eerste paar skooldae ’n staande uitdrukking geword: "Jy moet jou handjie opsteek dat hulle jou kan raaksien." Sy ma, haar siekte ten spyt, was die een wat hom oorreed het om te kom.

In Londen, by World News Television, het hy die besonderhede van sy kontakte vir sy missie in Sri Lanka gekry. Dit is die eerste keer dat hy as solo-korrespondent vir die stasie gaan optree. Sy skakelpersoon by WNT is Conrad Abrahams, ʼn uitgeweke Suid-Afrikaner wat onder die apartheidsbewind verslag gelewer het en verskeie kere aangehou is. Hy het die land verlaat toe die nuwe regering ook die pers aan bande begin lê het. "The old story – the revolution consumes its children," het Conrad eenkeer na ʼn paar biere gesê, sy skouers gelate opgetrek. "Dis soos die lewe: dis kak, maar dis ok."

Conrad was lugtig oor sy planne om na Sri Lanka te gaan. "War reporting is different from the royal weddings you have covered so far, my broer. If you have to do it, move in, get what you need to tell the story, and get out. Your job is to make what you see the world’s problem. Trust me, if you make it your own problem, it will fuck you up like you won’t believe. Big time, bru, big time. Sometimes the messenger ends up shooting himself. I would have started with a place like Pakistan if I were a laaitie you. I know the government of Sri Lanka says there were zero civilian casualties, but anytime anyone says zero anything it is bullshit. Do me a favour, at least do the safety training the station offers before you go."

Nadat hulle deur ’n tweede padblokkade op die A9 snelweg na die Noorde is, waar die militêre polisie met flitse onder die vragmotor geskyn het, het die bestuurder langs die pad gestop. "Too dangerous." Nog 500 dollar, en hulle het verder gery. Naby middernag het hulle buite Kilinochchi gestop. Hulle het by ’n paar bome water afgeslaan. Die vragmotorbestuurder het sigarette uitgehaal, hom een aangebied, en sy vuurhoutjie gedeel. Hulle hande skuur teen mekaar en hy voel vir ʼn oomblik asof daar ʼn band tussen hulle is. Hulle het ʼn tyd afgespreek vir die terugtog, en hy is met sy GPS alleen verder deur die bosse, na die sogenaamde "No fire zone" by Vuvuniya. Oral was daar militêre bewegings aan die gang. Krygswet geld, en oortreders word na bewering op die plek geskiet. Hy het sy gesig met "black is beautiful" gesmeer om by die nag in te smelt.

Toe die son die volgende oggend oor die strand opkom, het hy laag in ʼn gekamoefleerde tentjie onder ’n bos mangobome gelê en uitkyk oor die see en die strand waar die regeringstroepe duisende voortvlugtende Tamil-burgerlikes – en ʼn groot deel van die opposisie Tamil Tigers vegters – ’n week tevore vasgekeer het. Daar was wilde gerugte van ʼn menseslagting van burgerlikes gedurende die afgelope week op hierdie sewe-kilometer strook sand. Bewerings doen die rondte in Colombo dat die Tiger-leierskap geskiet is nadat hulle hulself onder ʼn wit vlag oorgegee het. Daar word gesê hulle is geskiet op bevel van die President of sy broer, die Minister van Verdediging, maar niemand weet wat die waarheid is nie.

Deur die lens van sy video-kamera begin dit wat werklik hier gebeur het - en steeds besig is om te gebeur - stadig vir hom duidelik word. Sy asem raak rukkerig, soos wanneer hy by ʼn hoë gebou afkyk. Links voor hom op die sand  lê honderde kaal vroue-lyke in rye, sommige met hulle broekies op hulle enkels, in die vroeë oggendlig. Dit moes in die nag gebeur het. Die meeste het gapende kopwonde, ander slym met wit poeier om die mond, en blink kolle wat net semen kan wees op hulle bene en mae. Die poeier moet van die sianiedpille wees wat die Tamil Tigers en hulle meelopers aan hulle dra vir ingeval hulle gevang word.

Aan die regterkant van die strand lê hoofsaaklik mans, seker naby ’n duisend, sommige met blinddoeke oor hulle oë, party met stukke wit lap in hulle hande. Van hulle leef nog en kreun. Daar is ʼn lae dreuning, soos die van brommers. In die middel van die strand tussen die twee groepe is daar diep kraters in die sand, en onderdele van mense lê rondgestrooi. ’n Deel van ʼn arm hier, ’n been of ’n kop daar.

Luidrugtige soldate stap op en af met die strand, skiet nou en dan na ’n beweging onder die lyke. High fives in die rondte.

Tussen die lyke deur word vyf geblinddoekte, kaal mans deur ʼn groep soldate na ʼn oop kol op die strand skuins voor sy tent gebring. Hulle hande is agter hulle rûe vasgemaak. Die gevangenes word vorentoe gestoot. Hulle rem en leuen agteroor terwyl hulle voete hoog en onseker voor hulle uit trap. Sy zoemlens fokus op een wie se tone soos voelers voor hom uitgesprei word telkens wanneer hy sy voete lig, asof hy bang is om op ʼn landmyn te trap. Hulle word afgedruk om in ʼn ry op hulle knieë te staan. ’n Gevangene met ’n digte bos swart hare kry ’n skop teen die rug en word iets toegesnou. Hy sit meer regop.

Die soldate skree oor en weer. Sommige kry hulle selfone reg om af te neem. ʼn Soldaat staan agter die ry gevangenes, lig sy AK 47, maar laat dit dan weer sak. Hy staan kop onderstebo. Die ander lag en jou hom uit. Een wat skynbaar in bevel is, kom nader, slaan die soldaat met sy oop hand agter die kop en stamp hom eenkant toe. Hy roep ’n ander soldaat nader, een met ’n baard en ‘n helmet. Dié trek gesigte vir een van die selfoonkameras, draai dan om en stap na die gevangenes. Hy skiet die eerste een in die ry, van agter deur die kop. Dit is ondramaties, sy liggaam vlieg nie vorentoe soos in die films nie; hy verslap net ’n oomblik, en verstyf dan om agtertoe te val, ongemaklik gebalanseer op die vasgebinde arms. In die tent voel hy hoe sy eie liggaam onwillekeurig in konvulsies gaan. Sy tong lê swaar in sy mond, asof hy seesiek gaan word.

Die gevangene wat vroeër die skop gekry het val stadig na agter wanneer sy beurt kom, sy blinddoek afgeskiet, sy kop nou ’n halwe, leë dop. Wat ʼn oomblik tevore nog sy hare en brein en skedel was, is ’n bloedige V-spoor voor hom oor die wit sand. Die man langs hom se maag werk met ’n bruin boog na agter net voor hy ook geskiet word. Die soldaat met die baard sit sy stewel op die laaste man se bors nadat dié geval het. Hy hou sy wapen regop langs hom terwyl hy vir die kamera poseer en vir die fotograaf beduie om al vyf sy trofeë ook in die skoot te kry. Die soldate lag en skree vir mekaar, en neem beurte om soos grootwildjagters afgeneem te word. Sporadiese skote klink op aan alle kante op die strand.

Die middag dring dit stadig tot hom deur dat hy die videomateriaal via sy satelliet-telefoon in gekodeerde epos na World News Television moet stuur. Gewone SMS-boodskappe is geblok deur die regering. Die ooreenkoms is dat die kanaal die materiaal wat hy stuur sal terughou totdat hy veilig uit die land is, of totdat hulle bevestiging kry dat hy dit nie terug gemaak het nie. Hy kan sy kodes nie onthou nie, maar kry dit uiteindelik op ʼn stuk papier. Hy sluit ʼn boodskap in: "Tell the world what is happening here if I don’t get out." Met alles in hom wil hy nie nou hier, op hierdie strand, in hierdie land wees nie. Hy voel of hy versmoor in die tent.

Trekkers met sleepwaens en vragmotors kom om lyke op te tel en weg te ry. Die gety kom in en trek van die liggame die see in. Skuins voor sy skuilplek steek ’n kind se voorarm loodreg bo die sand uit. Die hand is oopgesper, met die vingers na agter, asof om iets af te weer. Die branders spoel teen die arm aan, en uiteindelik verdwyn die vingers onder die stygende water. Die son bak van tussen die yl wolke neer. Die hitte in die tent tussen die bosse is versengend. Die seelug en die vrot, soet reuk van mango’s en van lyke wissel mekaar af.

Direk regs van sy skuilplek loop ’n riviertjie na die see. Waar die strand begin, het takke en blare ’n wal gemaak wat die water opdam. Hy skarrel vinnig uit, terwyl hy heen en weer kyk, en skep van die water in sy bottel in drink dit in die tent, saam met van die energiestafies wat hy saamgebring het. Die water maak hom naar.

Twee liggame, die van ʼn man en ʼn vrou, kom stadig met hulle gesigte na onder afgedryf in die rivier. Haar sari is helder blou en groen. Die liggame steek vas teen die wal van takke, en word op hulle sye gedraai en teen mekaar aangedruk, die arms stokkerig by mekaar verbygesteek asof in ’n lomp omhelsing. Maaiers op hulle oë en tandvleis. Dit lyk of die wal van takke enige oomblik onder die nuwe gewig gaan breek, maar die takke hou. Die wind stoot in sy rigting.

Nadat die gety gedraai het, verrys die kind se hand weer bo die water, die vingers nou verstar in ʼn klou. Honderde lyke lê in ’n krom streep agtergelaat op die hoogwaterlyn. Daar is stootskrapers op die strand wat die getuienis van wat hier gebeur het op ’n hoop begin stoot en op die vragmotors gooi, waar die liggame met seile toegemaak word.

Een van vragmotors lyk soos die een wat hom opgelaai het. Hy wonder vir ’n oomblik vaagweg wat sal gebeur as die soldate hom betrap en ondervra oor hoe hy hier uitgekom het – hoe lank sal dit neem voor hy die man wat hom hierheen gebring het uitwys. Deur die zoemlens sien hy dit is inderdaad dieselfde vragmotorbestuurder wat sigaret in die mond met ʼn vol vrag van die strand af ry.

In die namiddag is daar ’n reënbui, en as die son weer oor die see skyn, besef hy waarom die strand so bekend lyk. Soos by Stilbaai se hoofstrand is die strand voor hom wit en lank en oop met ʼn rivier aan die regterkant, en rotse aan die linkerkant. Daar is selfs ʼn rots wat soos die gebreekte Preekstoel-rots lyk. Dieper die see in, agter die laaste ry lang branders, is daar ook ʼn rif onder die water waar dieper branders breek. Net, waar die swemmers by Stilbaai gewoonlik op hulle handdoeke uitgestrek is, is waar die lyke nou hier voor hom lê. Die son begin sak. Die skuim in die see voor hom is pienk van die bloed.

Hy verlaat homself op die GPS om sy pad terug te kry. Toe hy laatnag by die bome aankom waar hy 24 uur vroeër afgelaai is, is die vragmotorbestuurder reeds daar. Die man sê vir hom om weer onder die seile, wat nou nat is, te lê. Die bak is skoon maar die reuk van die vrag van vroeër die middag is steeds alomteenwoordig. Net wanneer hulle gereed is om te ry, doem ʼn man uit die bosse op in die ligte van die voertuig. Hy dra ʼn kind in sy arms wat in ʼn bloedige wit doek toegedraai is. Die bestuurder klim uit. Die man sê iets van ‘hospital’. Die bestuurder skud sy kop driftig, klim weer in en sit die vragmotor in rat. Die man bly staan. Uiteindelik klim die bestuurder weer uit, skree op die man, en beduie dan moedeloos dat hy agter moet opklim. "If they catch me they will kill me," sê hy voor hy die deur toeslaan en met ʼn ruk wegtrek. Die man hou sy dogtertjie vas, praat met haar in ʼn sagte stem, maak kloekgeluide en soen haar in haar nek. Die vragmotor dreun deur die nag.

Hy word wakker. Die kind het ʼn stewige, taai greep op sy duim gekry. Haar sagte bruin oë kyk reguit vir hom, maar sy maak geen geluid nie. Dit is asof hy haar enigste skakel is met die buitewêreld. Met die lewe. Hy sit sy ander hand oor haar klein vuisie. Hy voel haar warm asem teen sy gesig, en raak weer weg.

Die enjin se dreuning verander en hy word wakker. Die vragmotor is besig om af te trek. Die kind se oë staar nou voor haar uit, langs hom verby. Daar hang ʼn string spoeg tussen haar mond en sy nat duim. Die spoeg blink in die lig uit die kajuit en hy sien daar is ʼn dun strepie bloed in die middel. Dan breek die string. As die man orent kom glip die kind se vingers moeiteloos van sy duim af. Haar arm bly reguit uitsteek. Die man verdwyn met die kind in sy arms in die nag. Hy vee sy duim aan sy hemp af, ruik daaraan. Sy vinger ruik soos ʼn baba se spoeg.

Die bestuurder praat op sy selfoon. "Yes dear. The people had a lot of furniture to move. I think around six o’clock. No, they did not pay in Rupees – dollars, hard cash. We can now get out."

Die vliegtuig se enjins sny terug. "Cabin crew, 10 minutes to landing, crosscheck ..." kom dit oor die luidsprekers. Daar is ʼn laaste gewerskaf, trollies wat vasgegrendel word, en dan word dit stil. Die ligte in die kajuit word gedoof. Hulle sweef geluidloos en gewigloos in na Heathrow. Die vlerke strek weerskante asof eindeloos uit in die oggendskemer. Die vliegtuig kantel skerp na regs, en hang skuins oor die groot stad. Die huise onder hulle is netjies in rye, die motors se ligte weerkaats op die nat paaie in die vroeë oggend. Mense op pad werk toe. Dit is asof die aarde nie nader kom nie, en hy wens dat hy altyd in die maag van die groot tuig kan bly. Hier kan niemand hom kry nie; hoef hy vir geeneen te vertel waar hy was en wat hy gesien het nie. ‘n Staat van staatloosheid. Die geborgenheid van geen verwagtinge.

Die romp ontsluit en die vliegtuig sidder as die wiele uitgelaat word. Ligte vlieg verby die venters. Die vliegtuig tref die grond, hop en voel of dit gaan skeeftrek. Die kajuit kreun en een van die oorhoofse pakruimtes vlieg oop. Die wiele is weer op die grond, en die enjins blaas na agter. Sy momentum druk hom teen die sitplekgordel, wat rem teen sy maag. Hy dink aan die geblinddoekte man op die strand wat voete voor hom uit van sy lot teruggedeins het. Uiteindelik kom die vliegtuig onder beheer. Die ligte gaan aan. "Welcome to London, where the local time is 6.20 am."

Hy sit sy selfoon aan terwyl die vliegtuig na die terminaal ry. Daar verskeie SMS boodskappe van sy predikant-broer uit Suid-Afrika. Die laaste een, ʼn paar uur tevore gestuur, lees "M vanoggend 5.21 weg". Een van die eerstes sê: "M op haar laaste".

Hy druk die instapkaart vir sy vlug na Suid-Afrika terug in sy kamerasak, draai om, en gaan staan in die tou vir paspoortbeheer. Hy het geen idee wat hy gaan doen nie, maar hy het absolute sekerheid dat hy nie kans sien om nou huis toe te gaan nie. Hy vat die blou Piccadilly-lyn na die middestad. As hy by die roltrappe van die stasie uitkom sien hy die Pavilion Hotel, en neem ʼn kamer.

Dit voel of hy nie skoon kom onder die stort nie. Hy borsel sy tande. Hy sit op die toilet om soveel moontlik van die afgelope paar dae uit sy lyf te kry, maar niks gebeur nie. Hy borsel weer sy tande, en smeer sy hande en dan sy hele lyf met die hotel se lyfroom. Hy klim ʼn tweede keer in die stort. Die water brand hom, en as hy die warm water kraan toedraai slaan die koue water sy asem weg. Hy ruik aan sy duim; die reuk van baba spoeg is steeds daar.

Die hotel het sagte, wit duvets. Hy gaan lê nat op die bed. Die nuus kom aan op die televisie. Hulle wys die beeldmateriaal wat hy verfilm het. "Our undercover reporter has captured the dramatic story of what really happened in Sri Lanka during the last days of the civil war. It is slowly transpiring that this could be the largest carnage of civilians in the world during the last 30 years." Soos wat hy verwag het, is die laaste beeld wat hulle wys, dié van die kinderhand wat onder die water op die strand verdwyn.

Dan is President Rajapaksa op die skerm. "We fought a brave battle and we won in dignity. In a time where terrorists hold the world to ransom, Sri Lanka has proven that terrorism can be beaten. The friends of the terrorists are now trying to fabricate propaganda to claim victory from the grave. These videos are fakes, the work of supporters of the terrorists."

Hy kry nie die afstandbeheer om die lugreëling te laat werk nie. Die sweet tap hom af. Hy gaan staan op die balkon maar besef hy is kaal en loop weer terug in sy kamer. Hy val in ’n droomlose slaap, en word eers wakker as dit reeds skemer is. Hy haal die botteltjies whiskey en gin en wyn uit en sit dit in ʼn ry bo-op die yskas. Sit hulle dan weer, een vir een, onoopgemaak terug. "Hierdie gaan nie so maklik weggaan nie," sê hy vir homself. Die nuus oor Sri Lanka is nou ook die hoofnuus op CNN, BBC en Al Jazeera.

Die nag is ’n eindelose flikkering van onsamehangende beelde. Daar is ’n kaal vrou op die skerm, wat sê dat hy haar moet bel en hom ’n nommer gee om teen vyf pond per minuut met haar te praat. Dit is die vrou van McDonalds, met ’n rooi kol op haar voorkop, en wit slym om haar mond. Hy moet haar waarsku, maar kry net ʼn besettoon. Die kol op haar voorkop is ’n gat waardeur hy die son uit blou lug en dun wolke bo die uitgestrekte see agter haar sien skyn.

Hy swem stroomop in ’n groen rivier. Hy weet hy moet wegkom van die strand waar soldate na oorlewendes soek, maar hy bly op dieselfde plek, terwyl hy die liggame wegdruk wat teen hom aandryf sodat hulle verby kan spoel. Hy voel iets wat teen hom aanskuur, en teen sy bors tot ruste kom. Hy gryp dit en lig dit uit die water. Dit is die kind se hand, die vingers in ʼn klou. Hy skreeu en gooi dit van hom weg, maar dit kom weer in die stroom afgedryf. Dan voel hy warm asem teen sy gesig.

Hy is ʼn paar jaar oud. Hy lê op sy rug in sy ma se arms en kyk op na haar gesig. Sy blaas in sy nek en trek gesigte om hom te laat lag. Die groen en bruin van haar irisse laat dit lyk asof daar blaartjies in haar oë is. Sy tel hom op en hou hom teen haar bors en klop hom saggies op die rug. Sy soen hom op die voorkop. Terwyl sy vir hom glimlag, begin haar kop soos ʼn ballon opstyg. Hy gryp na waar die toutjie moet wees, maar sy styg al hoër; haar kop word ʼn planeet, voordat sy vervaag en dan stadig in die uitspansel verdwyn, die heelal word. Hy roep na haar. Hy word wakker met die eggo van sy stem in sy ore wat deur die leë ruimte weergalm.

Hy gaan staan in die donker op die balkon en kyk af na die sypaadjie. Hoe ver moet ʼn mens val om nie net in die hospitaal te eindig nie? Is vier verdiepings hoog genoeg?

Die oggend kom uiteindelik. Hy stuur ’n SMS-boodskap aan sy broer: "Sal nie betyds kan maak – gaan aan asb." Sy broer skryf dadelik terug: "Dit sal werklik jammer wees. Die mense kom van ver."  Hy trek sy klere van die vorige dag weer aan.

Die stasie vra hom om te kom vir ʼn "debriefing" en ’n "welcome back".  Conrad is nie daar nie, hy is op ʼn missie na Pakistan. Die hoof van World News Television oorhandig sy betaling aan hom, kontant in ʼn bruin koevert, saam met ʼn bonus, en ʼn versoek om in kontak te bly. "So much is happening, we need people like you who can get the story and come back, no fuss." Hy vra of hulle die geld eers kan hou, en of hulle hom van die funksie sal verskoon. Hy dwaal deur Londen se strate. Hy sien die "M’s" van McDonalds naby Piccadilly Circus en gaan staan. "M is vir Ma, wat kos aandra."

Hy koop ’n hamburger en chips, maar wanneer hy begin eet word hy geweldadiglik naar. Hy hang aan die tralies van ʼn heining terwyl hy dit uitbrul. Die konvulsies duur voort lank nadat daar niks meer oor is om uit te kom nie. Stukke droë mango wat nou uitgeswel is van sy maagsappe lê op sy skoene. Wanneer die stuiptrekkings uiteindelik bedaar, slaan die soet, vrot reuk van die mango’s op en begin hy van voor. Iemand wat verbydraf gee hom ʼn half-vol bottel water; gaan dan vinnig aan. Hy gaan sit, uitgeput, in ʼn park.

Wanneer hy uiteindelik sterk genoeg voel om te loop voel sy kop dronk en hy kry nie sy rigting nie. Hy stap by ʼn reisagent verby, waar dieselfde vrou uit Colombo van ʼn plakkaat af vir hom glimlag en uitnooi na die paradys.

In Sussex Gardens staan die prostitute op die hoeke van die strate. Elke nou en dan verdwyn een saam met ʼn verbyganger. Hy staan nader, maar loop dan verby. Al is dit menslike kontak wat hy nodig het, weet hy dat die ontlading wat hulle bied hom nog meer verlore sal laat as wat hy reeds is. Hy koop ʼn pakkie sigarette, en vra ʼn konstruksiewerker vir vuur. Die man se hande is skurf en vol sement as hy dit bak om syne hou teen die wind.

Aan die bopunt van die straat is daar ʼn kerk van die een of ander denominasie wat hy nie ken nie. Hy is vaagweg dankbaar dit is ʼn kerk en nie ʼn winkel, of ʼn kantoorblok wat die ruimte in beslag neem nie. ʼn Plekhouer vir die onbekende god, vir ingeval hy hom eendag weer aan hierdie deel van sy skepping gaan steur. Die Ewig Ontwykende. Hy gaan sit in die skadu van een van die pilare, onder ʼn oop venster. Binne is daar die gedreun van mense wat sing. Hy kan die woorde nie hoor nie, maar erken die wysie: "Moet ek gaan met leë hande?" Nie een siel gered nie. Hy ruik die meisie steeds aan sy duim. Die deure gaan oop en die mense stroom uit, voor hulle in verskillende rigtings in die groot stad verdwyn.

Later die middag stap hy buite Paddington-stasie agter ʼn man en ʼn vrou. Dit klink of hulle Afrikaans praat. Hy raak die man aan die skouer. "Kom julle van Suid-Afrika?" vra hy. Die man draai om, slaan sy arm weg, en begin in wat nou soos Russies klink op hom te skel. Die vrou wys met haar hande na haar kop en dan na syne om te vra of hy mal is, en beduie soos iemand wat ʼn lastige hond wegjaag. Verwilderd draai hy om. Die bewegende stroom mense in die strate sleep hom saam, totdat hy iewers in ’n park uitmond waaruit hy nie weer die pad kan kry nie. Hy gaan sit, en lê later op ʼn bankie. Die skoonmakers wys hom die rigting van die hotel as dit begin skemer raak.

Hy draai om as hy die leë hotelkamer oopmaak en die groot wit bed, nuut opgemaak, en die TV sien. Hy neem sy kamerasak wat by die deur staan.

Daar is ʼn YMCA verder af in die straat. Hy teken in en stap dan weer uit, na die Teems. Op die brug gaan hy staan en kyk na die skepe wat onder hom deurvaar. Hy skakel sy kamera aan. Hy merk al die leërs in die kamera se geheue, en druk die "delete"-knoppie. Hy hang die kamerasak oor die kant, en werk uit wanneer hy moet los dat dit nie op ʼn boot se dek sal val nie. Uiteindelik besluit hy om die kamera op die brug te los, in die hoop dat iemand anders dit sal kry en iets nuttigs daarmee sal doen.

In die YMCA is daar ʼn slaapsaal met bunkbeddens teen die muur. Die meeste mense slaap in hulle klere, sommiges met skoene aan, op die dun matrassies. Dit snork uit elke hoek. Hy vind ʼn slaapplek op ʼn onderste bed. Bo hom slaap ʼn ou man by wie se mond spoeg uitloop, en wat prewel in sy slaap. Die man lê op sy sy, met sy arms voor hom uitgestrek. In die nag word hy wakker. Iets drup op sy bors deur die matras van die ou man se bed bo hom, maar hy bly lê. Die volgende aand kom hy vroeër en kry hy een van die boonste slaapplekke. Die gesnork word ʼn stroom wat hom saamsleep as ʼn onrustige slaap tydelike verligting bring. Wanneer hy wakker word, voel dit asof hy vir ʼn tyd lank dood was. Sy baard voel lank en jeuk. Hy ruik homself.

Hy kry ʼn koppie koffie in die kombuis en gaan sit buite in die son. ʼn Verbyganger staan onseker nader, met ʼn noot in die hand. Hy buk by die koppie, sien die koffie daarin, en stap dan verward verder.

Twee weke later kom hy in Suid-Afrika aan. Hy huur ʼn motor in Kaapstad, en die Sir Lowrey’s pas neem hom oor die Hottentots-Hollandberge na die Overberg, oor die Breederivier by Swellendam.

By Riversdal besluit hy om die grondpad langs die Goukourivier na Stilbaai te neem. Hy neem die afdraai na Blombos. Aan sy regterkant is daar ʼn laning sipres bome, met ‘n verwaardelose begrafplaas daaragter. Op een van die grafte is daar vars, wit daisies, maar die ander is vervalle en windverwaaid. Die teer kom tot ʼn einde. Sy motor laat ʼn stofwolk agter.

Dit is ʼn grou dag. Dit lyk asof dit wil reën, maar niks gebeur nie.

Die pad gaan op en af. Hy stop bo op die bult waarvandaan mens die groot kuil onder jou sien waar die bevaarbare deel van die rivier begin. Verskillende strome kom deur die biesies van hoër op hier bymekaar.

Sy selfoon lui. +44. Dit is Conrad. "Howzit, and congratulations, the station is nominating you for the 'Investigative journalism of the year' prize. 'Advancing the cause of human rights', is what they say – 'Exposing the killers'. Lank bucks. Not bad for a SA boytjie."

Hy bly lank stil as Conrad klaar gepraat het. "Are you there?" hoor hy oor die foon. Dan vind hy sy stem: "Tell them I don’t want their prize, Conrad. I was an idiot to stuble into that hell-hole. I should be punished! I saved no one. What happened there should not be remembered by anyone. Anyone!" Hy bly stil, stotter dan as die onredelike woede verder van hom besit neem. Hy praat bo-oor Conrad as dié anderkant begin. "Conrad, listen to me. Tell the station to wipe out all the footage I sent them – all that fucking porn. Everything! Its my footage, I can tell them to do it!" Hy skree nou. "Tell them to wipe it out! Everything!"

Hy gooi die telefoon neer en hyg na sy asem. Hy klim uit, slaan die deur toe, en loop tot by die reëling langs die afgrond. Hy vee vies die trane uit sy oë. Hy trek sy maag- en rugspiere saam, hurk met sy een hand op die reëling, en druk dit wat in hom opwel terug. Hy kan nie nou oorgee nie, dink hy, dit sal hom binneste buite dop. Uiteindelik staan hy op stap terug na die motor. Hy kry die telefoon onder die passasiersitplek.

"You still there?"

"Sure bra, I’m still here."

Stilte. Dan praat Conrad weer.

"Listen, its OK. I was worried that you may feel that way. I will tell them you don’t want to be nominated. They will understand. We’ll take care of everything. It’s OK pal, I’m with you in this."

Hy knik sy kop en sit die foon af. Hy draai die sleutel en volg die rivier. Langs die pad is daar die dam waar hy en sy pa altyd geswem het as hulle hier fiets gery het. Hy was sy gesig. Trek dan sy klere uit, en dryf gewigloos in die water. Hy sit op ʼn klip en wag dat die son hom droogbak.

Oral langs die rivier is daar boorde olyfbome. Hy herken die skerp draaie, die reuk van die stof, die gevoel van die vier wiele wat elkeen op sy eie hop oor die klippe en deur die gate. By die kampplek oorkant die rivier is daar niemand nie. Dit moet laaggety wees, die sandbanke steek bo die water uit. Gewoonlik speel die kinders van die karavaanpark op die sandbanke gedurende die vakansie. Hy dink aan hoeveel miljoene liters water in en uit die rivier moes gegaan het sedert hy weg is, twee keer per dag, en hoe hierdie oer-ritueel van die aarde aangaan, wat ook al die mense met die wêreld doen.

Dan is hy op die nuwe baksteenpad, en in die dorp.

Hy ry op in Waterkantstraat, met die hawe voor hom, die mond van die rivier aan sy linkerhand. Die kort vuurtoring op die punt van die breekwater is geroes. Dan draai hy in by die motorpad van hulle vakansiehuis waar sy ouers die laaste jare permanent gebly het. ‘n Onopsigtelike plek, nie veel anders as die huise langsaan nie, maar vir hom die magnetiese Suid.

Sy pa is alleen in die huis. Hy is op pad hawe toe. "Pak jy solank af, Bok het gebel om te se hulle het mosselkraker gekry, ek gaan haal dit dan braai ons vanaand." Hy is skielik alleen tussen die vier mure van sy ouerhuis, maar dit voel asof hy ʼn indringer is. Hy soek na bewyse dat hy hier hoort, dat daar ʼn tyd was toe hy deel van ʼn wêreld van onskuld was.

Teen die mure is sy ma se skilderye en in die kombuis is daar foto’s van die vakansies wat hulle as gesin hier deurgebring het. Daar is ’n foto van hom as jong seun wat langs sy ma staan, elkeen met ’n kwas in die hand. Sy skildery is ’n kleiner weergawe van hare. Daar is ʼn swart en wit foto van haar as student op Stellenbosch, waarop sy soos ʼn sigeuner lyk. Mens kan op die verskillende foto’s sien hoe sy ma van ’n mooi jong vrou na ’n statige ouer dame ontwikkel het. Sy pa en hy en sy broer op Skulpiesbaai staan elkeen met ’n kolstert wat by hulle portuur pas, hulle oë onder die slaprandhoede toegeknyp teen die son.

Nog ʼn foto van hom en sy broer, die keer by die Palinggat, halfpad tussen die brug en die riviermond. Die palings is in ʼn oop gat in die grond, wat met ondergrondse kanale aan die rivier verbind is. Die palings het helder blou oë. Hy onthou hoe hy gedink het dit lyk of dit met batterye werk.

Die tannie wat mense daar rondwys het vertel die palings swem aan die einde van hulle lewens met die Goukourivier uit en dan langs die kus op tot by ʼn bepaalde plek aan die kus van Mosambiek, waar hulle eiers lê en doodgaan. Slegs enkele kleintjies kry op hulle eie weer die pad terug Stilbaai toe, vind die rivier en swem op tot by die vars water van Palinggat, waar die nuwe geslag hulle lewens deurbring totdat dit hulle beurt kom om weer die tog Mosambiek toe aan te pak. Sy pa het droog gevra waarom hulle nie soos almal tevrede is om op Stilbaai af te tree nie. "Offisieel die veiligste dorp in Suid Afrika – die enigste plek waar hulle die aantal polisiebeamptes moes verminder."

Langs die stoof staan haar botteltjies speserye, gerangskik in die volgorde Parsley, Sage, Rosemary and Thyme. "Wie is ek nou om met Simon and Garfunkel te stry?", het sy laggend gesê.

Bo die vuurherd is ʼn aanhaling uit Psalm 23, wat waters waar rus is belowe, en ʼn stok en ʼn staf wat jou beskerm teen onheile wat jy nie hoef te vrees nie. Sy oupagrootjie het dit uit hout gekerf, toe hy ʼn krygsgevangene op Ceylon was. Langsaan is daar ʼn swartbordjie waarop hulle elke jaar een of ander vakansiewysheid geskryf het. Sy ma sʼn van die vorige Kersfees is nog daar in haar presiese handskrif: "Al is daar geen Vader Kersfees nie, is daar steeds presente." Dit som omtrent alles op wat hy oor godsdiens van haar geleer het, dink hy. En dit is al waaraan hy dalk nog kan glo.

Hy onthou hoe hy vir sy ma gesê het dit wat in die Bybel staan, klink vir hom na net ʼn klomp stories. "Natuurlik is dit stories," het sy gesê, "maar dit is nie net stories nie. Stories is jou beste vriende."

Daar staan ’n nuwe skildery op die esel in die woonkamer. Dit is van Stilbaai se hoofstrand, Lappiesbaai. Daar is twee dowwe figure op die strand. Die Preekstoel lyk soos die dag toe die storm die boonste deel van die klip afgebreek het – die stukke lê nog daar. Hy en sy het dikwels op die duine gesit en gesels, en hy het gesê hy wil ’n skildery van haar hê van daardie toneel, uit daardie hoek gedoen. Haar handtekening en die datum – die dag toe hy na Colombo gevlieg het – is in haar sterk, regop skrif onderaan.

Sy pa kom terug. Die mosselkraker is skoongemaak, en toegedraai in ou koerante. Hy was die laaste bloed en slym af in die wasbak in die opwaskamer. Sy pa lyk ouer as toe hy hom ʼn maand gelede gesien het, maar sy oë is helder. "Ja, dit was ’n groot gedoente gewees. Jou broer het omtrent konsert gehou." Hy lag vir sy eie beskrywing. "As dit van hom afgehang het, gaan almal wat daar was, reguit hemel toe, en hoe gouer hoe beter. Ek dink hy het sommer genoeg vir my begrafnis ook gesê, twee vir die prys van een, julle moet maar die prekery skip as my beurt kom." Voorheen sou hy gedink het sy pa gebruik die lighartigheid om ʼn stekie in te kry teen sy broer se oordrewe vroomheid. Nou klink hy nie meer so veroordelend nie, eerder asof hy net dinge vir hulle al twee bietjie makliker wil maak. Hulle altwee lag, dit voel makliker as om te huil.

Sy pa wys na die nuwe skildery. "Ek hoop daai huurkarretjie van jou het genoeg plek dat ons die skildery kan insit, die goed is deesdae so klein," sê sy pa.

Hulle moet die grootvaderklok op ʼn sleepwa sit vir iemand wat dit na sy broer op Stellenbosch gaan neem. Die klok het gestaan in al die huise waar hulle gebly het, en elke nuwe kwartier van hulle lewens aangekondig asof dit ʼn spesiale geleentheid was. Dit het nou gaan staan – sy pa het dit nie weer opgewen na sy ma se dood nie. Hulle beloof ʼn paar manne van die straat elkeen R 20 om te help om dit uit te dra. Hulle stap in gelid, drie aan elke kant van die klok, nou op sy rug gedraai met die glaskant bo, by die deur uit. Die uurwerk is uitgehaal en lê eenkant in koerantpapier toegedraai soos die vars vis wat jy by die hawe koop, met die gewigte se kettings wat uithang soos derms. "Hoe voel dit dan nou asof ons reguit begraafplaas toe moet loop met hierdie kis?" vra die een draer.

Hy sien die weerkaatsing van sy gesig in die glaspaneel van die klok. Dit lyk asof sy onder die glas lê en vir hom kyk.

Sy pa pak effens onhandig ’n skinkbord. "Kom ons sit op die stoep." Hy gooi vir elkeen twee lepels suiker in, gee die koppie tee aan. Hy onthou die suikerwater wat hy gekry het, die vakansie toe hy leer fietsry het op die Wesstrand se strate, wat toe nog ongeteer was. Hy het aan die onderkant van ʼn bult koers verloor en oor ʼn klip geval. Sy pa het net gelag toe hy hom gevra het om al die klippe uit die strate te haal. "Jong, dis hoekom jy moet leer fietsry. Jy moet by die klippe verbykom."

Die lug is koel en hy hou die warm koppie tussen sy handpalms vas. Die see strek voor hulle uit; diepblou teen die horison, waar die groot see is, turkoois in die middel, in die baai, en bruin nader aan die land, by die mond. "Daar was groot reëns op Riversdal," sê sy pa, "Jy kan in die see sien hoe die rivier afgekom het. En laasnag hoor ek dit het reeds op Elfuurkop by Swellendam gesneeu."

Hulle loop af na die rivier toe. Die deinings van die see kom by die mond in. Hulle hoor hoe die reuse branders op die rotse breek by Morris-punt, anderkant die hawe. Die geswolle rivier het tot by die brug opgedam voor die mond by die see, sy walle nou tot by die pad langs die rivier opgestoot.

Soos altyd trek hulle hul hemde uit en hou dit bo hulle koppe terwyl hulle rugslag deur die monding swem. Die water is koud en die stroom vloei sterk. Sy pa lyk klein langs hom. Dit is asof net sy kop en sy hand bo die water daar is, en niks hulle bymekaar hou nie. Die water het sy hare platgekam en sy bles het groter geword. Is dit al wat oorgebly het van die eens magtige man wat die deur tussen my en die buitewêreld so streng bewaak het? wonder hy. Die wind waai nou koud deur die verweerde, leë kosyne.

Daar lê boomstompe wat met die rivier afgespoel het op die sand en takke dryf by hulle verby. Hulle kom by die ander kant uit, en vryf met hulle hande die water van hulle lywe. Hulle stap oor die strand, wat leeg is behalwe vir ʼn jong paartjie wat mekaar omhels, in ʼn wêreld van hulle eie. Die twee het sopas geswem, en het helderkleurige handdoeke om hulle onderlywe gedraai. Daar lê knikkers op die sand. Klein, harde sade van ʼn tropiese boomsoort uit Mosambiek wat dié tyd van die jaar deur die warm suidwaartse seestroom langs die kus van Afrika afdryf en presies hier op Stilbaai se strand uitspoel – en nêrens anders nie. Die wolke is dun getrek deur die blou lug. Die herfsson weerkaats op die water waar die branders terugtrek. ʼn Blouvlagstrand, wat aan die hoogste standaarde van die suiwerheid van die water en hoe skoon die strand is, voldoen.

Dan sien hy dit. Die klein handjie wat tussen die seeskuim en knikkers op die hoogwaterlyn lê, die vingers nou in ʼn vuis gebal. Die see is rooi, met die branders wat pienk skuim voor hulle uitjaag. Sy pa vra wat verkeerd is. Hy beduie woordeloos na die verskrompelde hand. Sy pa neem ʼn stok en lig dit op. Dit is ʼn stuk dryfhout. Hy wil sy pa vertel, maar weet nie waar om te begin nie. Sy tong lê weer swaar in sy mond.

Hulle loop verder. Twee vaal strandlopertjies hardloop voor hulle uit. Die branders vee die voëltjies se miniatuurspore uit, maar laat ʼn ry vormlose gate half vol seewater in die sand waar hy en sy pa getrap het.

Sy pa vertel hom van sy ma se laaste weke, na hy haar kom groet het op pad Sri Lanka toe. Sy het kort na hy weg is die pille gelos en in die laaste dae gewerk aan die skilderye wat sy nog wou klaarmaak. Hulle het nog ʼn keer op die strand kom stap, maar sy was te swak. Sy pa het langs haar gesit en haar hand vasgehou die laaste oggend. Haar asemhaling het al vlakker geword, tot sy ʼn diep teug geneem het, dit ingehou het en toe stadig uitgeblaas het. Sy het die asem nie meer nodig gehad nie.

Hy vind dit moeilik om te konsentreer, en as sy pa klaar is, vra hy hom om dit weer te vertel. Sy pa, wat altyd van nature so ongeduldig was, vertel alles weer, rustig, terwyl hulle oor die dowwer-wordende strand stap. Hierdie keer neem hy dit in. Sy pa se stem is sagter as wat dit altyd was, gerusstellend.

Hulle kom by dit wat oor is van die Preekstoel, ’n natuurlike omdraaipunt. As hulle terugstap vertel sy pa hom van hulle lewe voor die kinders gebore is. Sommige van die stories het hy al gehoor, maar hy luister ewe aandagtig na alles. Hoe sy ouers mekaar in Amsterdam ontmoet het en verlief geraak het, en besluit het om daar te bly as gevolg van die destydse politiek in Suid-Afrika. Hy vertel hoe dit gekom het dat hulle ʼn paar jaar later besluit het om na Suid-Afrika terug te kom. Een Sondag het hulle Uys Krige se gedig Tram-ode gelees. Sy pa dra dit voor: "Daar's ’n hawe in die vaal mis, Amsterdam. Die herfsson gooi ’n goudvlek teen die tram. God, dit moet nou lente wees in Swellendam." Die Maandag het hulle hul kaartjies terug na Suid-Afrika bespreek.

Sy pa vertel hom ook van die begrafnis. "Dit was ʼn wind-stil dag toe ons haar as gaan strooi het by die brug. Die as het oor ’n groot oppervlakte van die rivier geval. Die wit-grys kol as het eers bo-op die roerlose wateroppervlakte gelê. Die volgende oomblik het dit alles, tegelykertyd, net verdwyn. Soos ’n skool tropiese vissies wat, asof op ʼn teken, saam na ʼn voorafbepaalde bestemming vertrek het."

Hy dink aan haar as wat skaars twee weke gelede afgedryf het in die soutwater van die riviermond waardeur hulle nou net geswem het. Wat word van sulke as in die see? Toe hulle kinders was, was daar poeierkoeldrank met die instruksies op die pakkie: "Just add water for the coolest cooldrink." Het sy op ʼn manier weer herleef toe haar as met die water meng, haar liggaam weer reg gerangskik deur die strome? Sou mens haar liggaam se buitelyne uit die buitenste ruimte in die oseaan kon sien – met die getye wat haar deeltjies soms nader aan, soms verder van mekaar bring? Tref vloede en oorloë die aarde wanneer die stukkies as ver uitmekaar is? Kom die blaartjies in haar oë ooit partykeer weer bymekaar, al is dit net vir ʼn vlietende oomblik in die see se gemaal, en skryf iemand dan iewers in die wêreld ʼn gedig sonder dat hy weet hoekom?

Toe hulle weer by die rivier kom, vra hy: "Dink jy ma was tevrede met my?" Dit is asof sy pa geweet het die vraag kom, maar hy antwoord eers nadat hy sy hemp uitgetrek het en terwyl hy oor die see kyk. "Ek weet julle was baie na aan mekaar, dalk die naaste van ons almal, maar dat jy soms gevoel het sy verwag te veel van jou. Een van ons laaste gesprekke het juis oor jou gegaan. Sy het gesê jy wou nou weliswaar nooit luister nie en jy doen dinge op jou eie manier, maar jy gaan dit juis om daardie rede nog ver bring, as jy jouself nie verongeluk met waar jy infoeter nie. Sy het jou, as mens dit van ‘n ma teenoor ‘n seun kan sê, op haar manier bewonder. Sy het net gewens dat jy weer sal skilder, want sy het gesê jy sien dinge raak wat ander mense nie sien nie."

Sy pa bly weer stil. Hulle is beide bewus daarvan dat die versweë helfte van die vraag nog nie beantwoord is nie. Dan sit sy pa sy hande op sy skouers en kyk hom vol in die oë: "Ja, en ek, ek voel ook so. Jy vat kanse wat jy nie moet nie, maar ek is ook trots op die man wat jy geword het."

Sy liggaam ruk. Die wal wat hy so lank in stand gehou het, breek. Die volle verskrikking wat in hom opgedam het vloei nou uit. "Dis alles reg, toemaar my seun," sê sy pa. Hy voel die hitte van die ouer man se arm om sy skouers, dan ’n effense klop op die rug. "Ek weet, die lewe is nie maklik nie. Maar jy sal reg wees daarvoor, so reg as wat mens maar kan wees."

Die koue water spoel sy gesig af as hulle terugswem Wesstrand toe. "Kom ons gaan braai die vis, jy ry al weer môre," sê sy pa. Hy kan sien sy pa wil nie na hom kyk nie. Die lug bo die Indiese Oseaan het ’n piek gloed.

Hulle stap langs mekaar op teen die bult, terug na die huis.

****

 

 

 

 

 

The post Begrafnis op Stilbaai appeared first on LitNet.

Fiksie: 'n Moerse klug?

$
0
0

Advertensieborde met erekte kondome, wat in verskillende groottes en teksture en die allerkleurigste reënbooggeure uit hul geskeurde verpakkings beur, toorn oral - met dié trefreël: “Let’s come together – in a condom.”

Dis iewers in die toekoms. Verkiesingskoors is weer verby. Kruisies is getrek, bederf en weerhou.

En ai, verlang ons nie na die goeie ou dae nie! Daardie tyd toe onse president Jacob Zuma die genesende stimulasie van ‘n stortkop propageer het. Toe Julius Malema en sy ekonomiese vryheidsvegters die Nag van die Lang Messe afge(s)weer het, as Die Parlementêre Narre van die Dekade bekroon is en met hul revolusionêre Rooijurksirkus wêreldwyd gewilder as die Russiese Kosakke geword het.

Lees ook:
Begrafnis op Stilbaai
Vrydagaand se kroeg

Daardie dae toe Madiba se verjaardag nog elke jaar op sy verjaardag ‘n wyle as portretleier vir politieke gewin misbruik is, terwyl hy steeds onverpoosd welwillendheid tussen hemel en hel probeer kweek het.

Nkosi Sikelel' iAfrika.

Hier was ook vrede. Almal het aan boerewors en koesisters, krummelpap en chakalaka, bunny-chows en samoesas gesmul. Ons het die seties, vastrap en die wals gedans. Ons het gatgeswaai, gehip-hop en getoi-toi. En kón ons braai terwyl die vure knetter en die vryheidsvlamme ons drome ver(r)as het.

Ons lippe het die woorde “Jy vir ons, Suid-Afrika!” ver verby Nkandla se tralies en Marikana se koppies laat zoem. Maar ai, daardie eens welige tuin het ‘n onkruid-oerwoud geword weens ‘n gebrek aan wanbestede fondse wat vir instandhouding bewillig is. Dis nou Post-Rhino Park, wat wêreldtoeriste lok om te kom kyk hoe ‘n renoster sónder ‘n horing lyk.

(Maar iewers in ‘n broeikas grynslag ‘n dreigende ogie …)

Die Lem het wel nooit weer soos ‘n koeël uit ‘n pistool genael nie, maar ons ander atlete, skutters, swemmers, roeier, rolbalspelers en Blitzbokke het Olimpiese medaljes huis toe gebring. Selfs die Bafana Bafana en Banyana Banyana was fiks en het doele aangeteken, die Proteas het uit sy smoorklep ontsnap en alles wat reggestel kon word, is reggepluk.

Die oorblyfsels van apartheid, omgekeerde rassisme, griep, ebola en vigs is in die kiem gesmoor, maar vir geweldsmisdaad teen vroue en kinders, grusame gesinsmoorde én die korrupsiekakkerlak, is daar nog g’n kuur gevind.

Danksy gratis tersiêre onderrig in al die amptelike landstale is die tronke leeg en die universiteite vol; ‘n opwindende misdaadakademie. Akroniemmaatskappye kon nog nie - ondanks talle ondersoeke - reggeruk word nie, maar hul name is verander. Belastingbetalers praat nou sommer net van onder meer die kragplek, die geldplek, die spoorplek, die vliegplek, die olieplek, die geldplek en die eisplek; alles gerieflik onder een sambreel saamgegroepeer as betaalplekke.

Die ou dinge het verby gegaan en alles het nuut geword.

Ons is van (on)kunde verlos.

En toe gebeur daardie ding …

Terwyl politici nóg leë beloftes maak en beeld poets, gons dit op Ouland, die nuwe sport-safaripark. Onwaarskynlik, maar onvermydelik: die allerlaaste rugbywedstryd word gespeel. Skeidsregters se onvermoë om die reëls te interpreteer, spelers se betreurenswaardige gebrek aan dissipline en die toepassing daarvan, kykweer-beslissings wat punte omkeer en die telbord belemmer, kleurbehepdheid, borgskap-onttrekking en gewelddadige toeskouergedrag het sport vernietig.

Dok Danie Craven het uit sy graf omgedraai, vlerkies gekry en het reeds plek hoog bo op die pawiljoendak ingeneem. ‘n Titaniese afskeidstryd lê tussen die Springbokke en ‘n gekombineerde Protea-Bafana Bafanaspan voor.

Weens verskerpte sigaret-, drank- en kitskoswette is daar nie meer geskikte borge nie. Die wetmakers meen hoe meer kinders aan sulke advertensies blootgestel word, hoe meer wil hulle rook, drink en vreet. Eksperimentering.

Daarom het die department van gesondheid, in samewerking met die department van opvoeding, dié kragmeting en uitsaairegte met ‘n ruim bedrag (met die komplimente van die belastingbetaler) ingespuit. Advertensieborde met erekte kondome, wat in verskillende groottes en teksture en die allerkleurigste reënbooggeureuit hul geskeurde verpakkings beur, toorn oral - met dié trefreël: “Let’s come together – in a condom.”

Mense het van oral gekom. Selfs ‘n vooraanstaande koerant- en TV-kanaalfamilie is daar. Hulle het verkies om nie die paaie – ná die talmende ineenstorting van die e-tolstelsel – of die spore in te hoë lokomotiewe aan te durf nie. Hulle wou ook nie weer by die Waterkloof miltêre basis opstyg nie en hulle wou ook nie die kans vat om op die lughawe in ontlasting te trap nie. Hulle het toe maar ‘n weeldeskip gehuur en uit die Durbanhawe gevaar en by die Militêre Vlootbasis Simonstad vasgemeer. Travel Gate Revisited word reeds deur ‘n kommissie ondersoek.

Op Pretparkstadion, waar die wedstryd eintlik gespeel moes word, drom die skare saam vir nóg ‘n wêreldtoerkonsert deur ‘n internasionale musiekspook. Die promotor van Pension Promotions bespreek altyd dié datum jare vooruit. Kort voor die spertyd loer hy op sy lysie van vergete gistersterre, bespreek dan een (wat darem nog effens beweegbaar is en sónder asemhalingbystand kan reis) om ‘n bietjie aftreegeld in Suid-Afrika te kom skep.

Die plakkaatfoto’s is jonk gekuur en ‘n versamelaar-CD is beskikbaar, met ‘n albumbonus van sogenaamde snitte wat kwansuis toevallig deur ‘n skoonmaker in die argiewe opgediep en afgestof is. Keer op keer val mense vir daardie foefie. Die kunstenaars doen dan selfs moeite om hul bewonderaars in Afrikaans te groet: “Hello Zuid-Africa!” en “Ghoebaai Zuid-Africa!”

Gelukkig is die verhoog ver en swak belig en kan ‘n mens nie juis sien hoe die eertydse glorie vervaag het nie. ‘n Stoere bewonderaar, wat aan sy Klippies & Coke slurp, vertel sy vriend: "F@k, maar die klank is k@k. Ek het ‘n ou Game-hi-fi’tjie, maar my plate klink baie beter daarop!"

Viniel is immers deesdae mos weer in!

In die Stadskouburg, met perfekte klank en akoestiek, stem die lede van die simfonieorkes hul instrumente in, terwyl briljante operasterre en balletdansers agter die skerms stem en lyf soepel hou vir die premiere van nóg ‘n gehalteproduksie. Maar toe die gordyn lig, die dirigent sy buiging maak en die kollig op die asemrowend-ingeklede verhoog skyn, is die opkoms skraal. Selfs die getrouste kuns- en kultuurliefhebber bly vanaand tuis om die laaste rugbystryd nóg te volg. Die resensente is wel daar en The Show Must Go On.

Terug op Ouland steier die spanne ook nie en toe die Franse skeidsregter, Sluwe Slang, sy fluitjie blaas, mik die Springbokkaptein, Flink Ferreira, met ‘n skepskop pale toe.

Ja, die sweet tap en die afrigter, Wagter Wagenaar, maai in sy glashok met sy tweerigtingradio al agter die wenspan aan. Strek in die lynstaan, sak in die skrum, haak daai bal, dan spoed oopdraai. Duik oor die doellyn en druk in die hoek, want die dwarslat wink. Die agterspelers vat flink raak en die voordenkers dryf die bal. Ons nerwe is gaar as die stilte bedaar …

Die skare sing:

Die Springbok is ‘n wonderlike ding
Hy draf op die veld, dis ‘n spel vir geld
Shosholoza
Hy duik in die hek, maar hy rek sy bek
Ja, die Springbok is ‘n kleurryke ding
Shosholoza

Op die pawiljoen maak vernuf die skare mal en die teenstanders is poegaai! Vier dit vanaand, vreugde vanaand. Kom kuier, daar’s samesyn … en ons skink nóg wyn!

Nie vir lank nie! Toe daar weer geskrum word, sien jy net liesrieme waai en die manne speel nou nie net die bal nie, maar ook die mán, terwyl hulle die afbeeldings van die reusekondome, wat op die veld kafoefel, met hul spykerskoene verrinneweer.

Die bloed spat soos hulle mekaar soos mensvreters vertrap en aan die ore byt. Dis ‘n orgie van testosteroon. Sluwe Slang, fyntjies in pienk gelap, blaas sy fluitjie onbeheersd en hy en die kykweerbeslisser, Verneuk Vermaak, is in ‘n warbekgeveg betrokke. Jy sien net geel en rooi kaarte na alle kante toe, tot die boefblik oorloop en die deksel nie meer kan pas nie. Die skare gaan woes te kere, bestorm die veld en uiteindelik blaas Sluwe Slang homself van die veld af en ruk ‘n wit vlaggie uit!

Tuis en op die reuse-stadionskerms kry die nasie nóg ‘n skok, want daar is hy meteens weer. Kykers het aanvanklik gemeen hy is dalk kunsmatig en/of kosmeties aan ‘t uitsaai gehou, maar besef toe dis ‘n robotkloon van ons geliefde Riaan Cruywagen!

Die Kloon se stem verkoop steeds verantwoordelike versekering en gehoorverlies-apparate en sy gunstelingmusiekreeks CD’s waaarop sy gesig pryk, het al meer volumes as toendertyd se Springbok Hits- en Pop Shop-plate verbygesteek.

Ai, die nostalgie tog!

Agter Die Kloon rafel die Springbok-embleem uit. Groen en goue gare val uit die skerm vloer toe …

En toe, verlos van sy lot, spring daardie bok - óp Die Kloon. Die Bok belek hom van oor tot oor en begin lustig aan sy rooibruin haardeksel kou.

Maar niks werp dié TV-nuusverteraan – al hy is nou ‘n robotkloon - omver nie; amper nog net ‘n slapende kat wat van ‘n TV afgemoer het! Hy glimlag genoegdoenend en sê in sy terugaankondiging, verwysend na Sluwe Slang se fluitjieblasery op die veld; nie in keurige Afrikaans nie, maar in verdomde Engels: "That’s a blowjob that sucks!"

Toe’s die skerm pikgietswart: die borgskap vir die uitsaairegte is nie betaal nie ...

Op die veld is daar egter chaos. Meteens verswelg allerlei balle – van rugby en krieket tot sokker, gholf en snoeker - die spelers, terwyl arende en voëltjies, kolskote en vloekskote, verbysterende sesse, verbroude vangkanse en vertoonstrafdoele egos krenk …

En, doer bó op die pawiljoendak, vermy Dok Danie die scoreboard. Hy mymer: "Ver in die verlede, daar sou die breiers vra: gee ons weer baniere wat maniere dra. Wyd pronk die eindlose helde, oorwinnings van rugbyland. Roemryke, trotse gebeure van ons ou Springbokland. Gee ons weer baniere wat maniere dra, hier in die sportsafari tot daar waar gewetens nie meer pla’ie …"

‘n Internasionale sindikaat, met ‘n Sjinese vervaardiger, ontwikkel ‘n blyspel en kom maak ‘n rolprent oor wat régtig daardie dag op Ouland gebeur het … Dit word in verskeie tale oorgeklank en wêreldwyd uitgereik - met ‘n stylplofbare klankbaan. Almal is daarop: van Jurie Els se "Hoe sê ‘n mens dankie?", PJ "Thandeka" Powers en Ladysmith Black Mambazo met "The World in Union", Leon Schuster met "Hie’ kommie’ Bokke" en Steve Hofmeyr met "Pampoen" tot Mimi Coertse & Pumeza Matshikiza in duet met "O Boereplaas", Dr Victor & Die Rasta Rebels met "Wie se kind is jy?", Chris Chamelion met "Die onverkrygbare" en Van Coke Kartel met die temalied "Bloed, Sweet & Trane".

Die wêreldkritici basuin luidkeels:

“Un Tour de force” (die Franse Exposé)

“What a Fart!”(die Britse poniepers)

en “What a Farce!” (die American Review).

Die sit- én staanplekke van die Stadskouburg is nou al jare lank uitverkoop met die blyspelweergawe – wat in vier bedrywe multi-visueel op ‘n reuse-verhoog met drie hysbakvlakke en inter-aktiewe gehoordeelname voltrek word.

Die Naweekspieël berig “’Wat ‘n Poespas!” en die splinternuwe Afrikaanse skandekoerant, Onse Wêreld, besin: “’n Moerse klug!”

In die stadion wag die spook van ‘n voormalige Nommer Een nie sy beurt vir krag en water af nie. Hy talm nog tussen hemel, die ANC en hel en hy steel nóg ‘n skaterbeurt, terwyl ander geeste stemloos op die maat Vuvuzelas in Mandaryns prewel: "Halleluja!"

The post Fiksie: 'n Moerse klug? appeared first on LitNet.

Terwyl die skemer daal

$
0
0

Die susters het noukeurig beplan aan die keer wat hulle Herklaas se spook oorgenooi het.

"Moet ons nie maar afsien nie, Sara?"

"Nee, Sarie. Die saak is dringend. Kan nie wag nie."

Daar was niemand anders om te vra nie, want dié twee het hulle kliphuis in afsondering bewoon. Jare al. Eenkantmense.

Als moes reg vir die gas. Die huis moes skoon. Kierie in een hand en stoffer in die ander. Sit plat op die aarde om onkruid langs die tuinpad uit te trek. Groot storie om weer op te kom.

"Sal ons op die stoep dek? Of by die eetkamertafel?"

"Eetkamertafel."

Klein plek wat meteens groot voel. Veral as jy styfrug onder elk van die enkelkatels probeer vee. Onder die hangkaste. Die matte afborsel.

"Die bedgoed moet buitentoe om lug te kry. Net mooi kyk vir as die wind opkom laat dit nie die hekeldekens vol stof waai nie." Sara hyg onder die praat en vee met ‘n nat lap oor die rooiklip van die vensterbank; poleer dan die koffietafel in die sitkamer, die riempiesbank en die laaikas.

***

Die vorige dag nog sit hulle op die agterstoep oor die rooi erf en uitkyk.

"Vir wat so stil, Sara?" ‘n Stilte wat stiller is as gewoonlik se stil.

"Nee, Sarie, dink sommer."

Sara vroetel met die kieriehaak. Sarie het reg. Daar ís iets wat krap. Aanvanklik het sy die saak by haarself bedink, maar nou het dit tyd geraak vir praat.

"Wat, reken jy, kom na die dood?" vra Sara uiteindelik. In haar agt-en-tagtigste jaar raak sy opeens onrustig oor haar eie tydelikheid.

"Rus en vrede. Hoe lyk dit by die stoof? Die beskuit moet seker al uit."

"Waar gaan ‘n mens? Hoe maak jy? Van alles kan jy iéts weet, maar sekerheid omtrent die allersekerste ontwyk die mens en bly maar ‘n donkere mirakel." Die kwessie sal opgeklaar moet word, want Sara is bekommerd, en dis te verstane, oor hierdie naderende reis wat sy aanstons liggaamloos sal moet aandurf.

"Ek kan sweer ek ruik iets brand."

Dit vat heeldag om ‘n plan te bedink, maar wat gou duidelik raak, is dat hulle die saak met ‘n kenner sal moet bespreek.

Maar wie?

Een naam staan bo alle ander uit: Herklaas.

"Dié se doppie het ses jaar gelede reeds geklap," praat Sara, "en tydens sy aardse tyd kon ons vrymoedig altyd op sy knoppie druk in tye van onsekerheid en nood. Dalk sal hy raad weet en lig kan werp op hierdie duisterheid."

Ja. Herklaas Joubert, gestorwe 1913, was ‘n man van reguit praat.

En vies krap Sarie die ergste van die brandsel van die baksel af.

***

Hulle moet voorbereid kom.

Maar waar begin ‘n mens? Hoe kook jy vir iemand wat nog moet laat weet of hy kom?

"Hoe gaan ons vir Herklaas maak opdaag?" vra Sara.

"As jy ‘n spook wil sien, van wat ek weet, moet jy jou hare teen middernag voor die spieël kam. Dan sal jy hom kort later agter jou in die weerkaatsing gewaar."

"Nee wat. So ‘n laat-opbly sal nie deug nie. Vlees moet rus!"

Die tantes is vroegslapers. Staan met sonsak se tyd reeds bed se kant toe. ‘n Ruk lank is dit stil en dan stel Sarie voor dat hulle ‘n sambreel in die huis oopmaak.

"’n Oop sambreel bring dood, nie spooksels nie."

Sara onthou uit haar kleintyd dat jy onderstebo tussen jou bene deur moet kyk om die hiernamaals te sien, maar met haar gewig en jare moet jy versigtig.

‘n Swart kat, weet sy, help ook, maar dié is skaars.

Beste is seker maar net wag en hoop. Sy gunstelingdis kook. ‘n Uitnodiging met die wind af roep.

In die lewe was Herklaas die ordentlikheid self en ‘n mens kan maar net hoop dat sulke deugde nie met die aardse vergaan nie.

***

Die tafel staan gedek met drie borde en drie glase. Twee olielampe.

Toe hulle aansit, is dit met ‘n tikkie versigtigheid. ‘n Mens wil nou nie aan kerriehaas verstik as daar ‘n wasemrige gedoente oorkant jou kom plaasneem nie. Was die nooiery werklik ‘n goeie idee?

"Hierdie laat, op ‘n manier, my dink aan oom Dirk van die winkel se begrafnis toe ons kinders was." Sara kyk baie jare terug.

Sarie skep rys en boontjies in en gee die bak vir Sara aan. "Op watter manier?"

"Op die stoep was daar die kis met die liggaam. En ons kinders het heeltyd gewonder wat daarbinne is; hoe die dood lyk."

"En party van jul het nader gesluip om te loop loer. Ek onthou."

Sara stryk die garinkies op die tafeldoekrant plat. "Ek moes nie gekyk het nie, want daai foto hang steeds nog in my kop, tagtig jare later. Sonder stof en geraam in swart."

Sarie skep haas oor haar rys. "Gaan jy nie eet nie?"

"Party deksels is bedoel om toe te bly."

"Hierdie haas lyk lekker. Ook heeldag se ding om gekook te kry."

"Want binne die kis is daar net één ding en dis die dood. Sóveel daarvan dat ses mense daaraan moet help dra."

Sara skink wyn in ‘n platglas en slaan ‘n groot sluk weg. Sarie trek Sara se bord nader en begin vir haar inskep. "Jy moet eet, voor dit koud raak. Dis nie aldag dat ons vir so ‘n spesiaalte aansit nie."

"En vanaand, weer, is daar ‘n kis wat wag. ‘n Deksel wat wag vir die oplig."

"Of vir die toelaat. Hoe lekker is hierdie uie dan nie!"

Die stoel aan die tafelhoof het hulle vir Herklaas oopgelos. En Sara merk vies dat die tafeldoek aan daardie punt slordig op ‘n plooi lê. "Die doek is nie mooi platgeveeg nie, Sarie!"

"Dit was reg toe ek gedek het –"

Buite is dit donker. As jy met ‘n spook wil kuier, wag jy vir donker, want hulle loop mos nie bedags nie – vrees die lig, soos wat ons lewendes bang is vir die donker.

"’n Doodskis is bedoel vir wegbêre, nie vir oopmaak en binnekant rondkyk nie," hou Sara aan. "Dis ‘n doodskar vir die lyk om mee weg te ry."

En dan draai een van die lampe af sonder dat iemand daaraan vat, en die susters kyk verstyf daarna, ongekoude kos wat lank in hulle monde bly lê.

"Daai ding het nooit probleem gegee nie," merk Sara op.

"Wat, Herklaas of die lamp?"

***

‘n Gedempte week later.

Sara waag ‘n laaste skoot: "Grafmodder."

Sarie dog die ding was besig om oor te waai. "Modder?"

"Smeer dit om jou oë dat jy vér kan kyk. Reg tot in die middelste middel van die anderwêreld."

"En met die geesgoeters praat ook?"

Sara raak kort van draad en uitskellerig. "Ai, Sarie, maak dit nou saak?"

"Maar as jy nie vir Herklaas gesien kry nie?"

"Dan leef hy nog êrens of sit hy in die hel oor die een of ander geheimsonde."

Sarie wens sy kon dinge terugvat na hoe dit was voor die vrae begin het: ‘n oogklaplewe van eenvoud. Daarom laat sy haar suster begaan. Teenkanting blaas als dalk net opnuut aan.

En asof die voorsienigheid met haar saamstem, kom daar ‘n ontydige reënbui te midde van die Tranvaalse winter en koers hulle na ‘n veldgraf wat ‘n ent daarvandaan lê. Die aarde hier is deurdrenk sodat hulle diep wegsakspore laat.

Sarie buk. Sy het ‘n glasfles om die nat aarde in op te skep. Nie baie nie. Met respek. Net ‘n handvol of wat.

***

En ná die stap: ‘n middagslaap.

Maar nie alle slaap is een waaruit jy wakker word nie, want Sara slaap vandag besonders diep en besonders stil. Seker van die ver stap, dink Sarie toe haar suster meer as ‘n uur later nog roerloos op haar rug lê.

Sarie is in die kombuis besig om die tee reg te kry toe die besef haar skielik binneval. In haar haas kantel sy die ketel op die stoof om en strooi sy teesakkies sover as wat sy hardloop.

Die kyk op die dooie se gesig is vreedsaam, soos een wat ingenome is met waar sy is. En Sarie sit ‘n foto daarvan in haar kop, in ‘n goudraam, vir later se weer en weer kyk.

***

Altyd snaaks hoeveel mense van oral af uitpeul as die dood kom klop, want skielik is die anders sluimerende werf ‘n miernes van roubeklaers.

Gevolg deur ‘n aand van stilte. Sarie se eerste alleen-aand ooit. Daar is niks trane nie; net die eensaam.

Die lamp in die eetkamer staan hoog oopgedraai. Sy sit by die tafel, vroetel met haar vingers in die grafgrondfles rond, smeer die modder om haar oë. Haar gedagtes wil ver gaan draai vanaand. Lange jare se onthou. Sy dwaal deur die huis en maak tee, uit verveling eerder as dors. Karring hier, karring daar.

Totdat daar onverwags ‘n potret van die muur af loskom en op die vloer neer kletter. Soos die knal van ‘n geweerskoot deur die stilte.

"Helsim jy!"

Sy pyl wasbak toe om die grond om haar oë te loop afwas en ‘n besem te kry om die prent se flenters mee op te vee.

"Gáán jy!" ruk sy haarself op. "Loop klets by Herklaas as jy nie kan stil nie! Jou deksel is toe en toe gaan hy bly!"

Daar lê ‘n lang nag voor, want sy moet voorbereid kom. Môre trek sy dorp toe.

Uit en klaar.

The post Terwyl die skemer daal appeared first on LitNet.

Viewing all 429 articles
Browse latest View live