Quantcast
Channel: Fiksie - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 434

Op reis sonder ’n goodbye

$
0
0

Foto: Canva

Op reis, sonder ’n goodbye

Drie jaar later steeds dink ek aan daardie dag. Dit was ’n trietsige, reënerige dag, sewentien dae voor Kersfees.

Terwyl ek die warm aroma van ’n varse brousel koffie geniet, maak ek my sosiale media oop. Jou foto kom op op die skerm met ’n teks daarby wat sê: “Vlieg hoog, Pappa, ons gaan jou baie mis.”

Vir ’n oomblik in tyd is my longe asemloos. Ek kan en wil nie glo wat ek sien nie. Ja, jy het ’n moeilike pad gestap met die swart kanker, genaamd depressie. Die siekte wat jy nie kan sien nie, tog vreet hy jou stuk-stuk van binne af.

Die ongeloof is oorweldigend. Hoe het dit gebeur dat na vele jare se stryd teen hierdie booswig, jy finaal oorgegee het? Wat het gelei tot die keuse om finaal ’n einde aan alles te maak?

’n Erediens word gehou vyf dae voor Kersfees. Weens die omset en agtergrond van hierdie donker situasie, kon die diens nie vroeër wees nie. Tot en met ’n paar dae gelede het die mediese personeel steeds geworstel om vas te stel watter mediese middel die finale einde volbring het.

Dis drie jaar later. Jou plek is leeg. Eindelose vrae is steeds so vars. Wat was die laaste spyker in die doodskis? Gereeld kom die vraag na vore: “Hoe het ons jou noodkreet gemis?”

Die wond is rou. Jy het op reis gegaan sonder ’n goodbye. Jy vlieg nou hoog en is veilig.

The post Op reis sonder ’n goodbye first appeared on LitNet.

The post Op reis sonder ’n goodbye appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 434


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>