“Verlede jaar op Oujaarsdag was ek in Ballito en het myself gesê dat 2019 my jaar is,” sê Koos.
Hy sit effens regop in die hospitaalbed. “Toe begin die eerste ding: In Februarie het ek gehoor dat ek my werk kwyt is. April het die enjin van my dogter se kar ge-seize. R44 000 later toe loop hy weer.
“In Mei was ek in die ongeluk en het my bakkie afgeskryf. Nou die operasie,” sê hy.
“En die Here hoor my, ek soek werk. Oral. Maar ek kry nie eens terugvoer nie.
Ek is 50 en wit.” Hy bly ’n oomblik stil en staar by die venster uit. “Hierdie jaar moet nou begin spoed optel.”
Lees ook